Hi Almal
Ons is so 12 pelle wat einde 2015 wil gaan tiervis vang erens. Van die manne se budgets is maar tight so ons sal die goedkoop opsies wil doen.
Weet iemand dalk waar is die beste/naaste/gerieflikste plek aan pretoria om te gaan probeer.
Ek weet Jozini/Pongola is seker die beste. Waar is die ander anders opsies?
Wat van driekoppies dam? Ken iemand hom. Is daar lekker plek om vis te vang?
Groete
Martin
Tiervis plekke
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5026
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Tiervis plekke
Martin ek het 'n vriend wat nou begin 2015 2-7 Januarie in Komatie gaan vir tiertjies. Hy is huis opsoek na paar ekstra manne. PM my as jy belangstel hulle gaan in Marloth park bly 25km bang die viswaters. Wou ook saamgaan maar ons begin weer die 5de werk.
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Tiervis plekke
Hallo Martin
Ons was nou vir die tweede jaar Jozini toe gewees en het dit baie geniet. Die ou wat ons "skipper/ outfitter" was is Phillip van Wyk.
Hy het langs Jozini grootgeword en ken die dam bitter goed. Hy het verskillende pakkette en is rerig nie duur nie. Ons het nou betaal R2200p/p dit was drie aande se slaap, vrydag en saterdag vol dag op dam en ook sondag oggen vir 3 ure. Al wat jy vat is jou eie eet en drinkgoed!
Jy gebruik sy stokke en hy voorsien al die aas!
Sy kontak besonderhede is 072 976 6002 sê Rasmus het jou verwys. http://www.tigerfishingsoutafrica.co.za
Loer hier http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=115&t=34462

- Evert
- Sr. Member

- Posts: 301
- Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm
Re: Tiervis plekke
Hi Martin
Ons het in 2010 so Tiervis Tripie gedoen Caprivi in Namibia toe, Katima Mulilo.
Het by Island View Lodge en Kalizo gebly.
As jy Kamp en die Raft bote gebruik is dit heel bekostigbaar kyk jy na so R350-R450 per person per dag.
Let wel is beter om so 5 dae vis te vang, nie net n naweek tripie nie
Groete
Evert

- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Tiervis plekke
Sjoe, daai Island view lodge is darem maar n spesiale plekkie. Was self so 3 jaar terug daar.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br