260 Rem

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 260 Rem

Post by Francois Marais »

Penkop

Die 260 Rem is 6.5X51mm, en wat hom so gewild maak is presies dit wat die 308 so gewild maak, nl, beskikbaarheid van komponente, die 6,5X55 is n baie gewilde skyfskiet kaliber in Europa, maar gaan soek maar 55mm doppe in Afrika, en jy's gebol. Die twee is basies identies in performance, maar as jy n 243 of 308 dop het is jy gewax vir n 260 Rem.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 260 Rem

Post by Stefan764 »

penkop, ek like jou 'onkundige' vrae, ek leer lekker saam!!

Cois, hierie roer begin my nou tickle..... Wat kos so ombouing? Rofweg geskat, as n man n bestaande 308 het?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 260 Rem

Post by Francois Marais »

Stef
Wat kos so ombouing? Rofweg geskat, as n man n bestaande 308 het?
Net n nuwe loop, en dit wat daarmee gepaard gaan, headspace, blue, en bedding. Afhangend wat jy vir die loop betaal, reken ek so 5000-7000.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
dries
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Tue Feb 02, 2010 8:02 pm

Re: 260 Rem

Post by dries »

Francois dit is 28 duim vector loop wat ek opgesit het en die loop is 1-8 twist.Laai op die oomblik ma min lading my kamer is tight gesny so  kan nog nie kom wa ek wil wees nie kry kwaai druk.Het hom nog nie deur krono geskiet nie so kan nie spoed vir jou se nie.Punte het ek in vanderbyl by ovk gekry vir R250 pakkie dink bagin was.Sierra maak a 107 gr hpbt match jy ook na kan kyk.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 260 Rem

Post by Francois Marais »

Dries
Sierra maak a 107 gr hpbt match jy ook na kan kyk.
Ek weet van die punte, ma kon nog net nerens van hulle in die hande kry nie.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
dries
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Tue Feb 02, 2010 8:02 pm

Re: 260 Rem

Post by dries »

Kloppers en Senwes in Bfn hou van hulle aan as jy wil uitvind.Groete
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 260 Rem

Post by Francois Marais »

Dries
Kloppers en Senwes in Bfn hou van hulle aan as jy wil uitvind.
Thanks, sal van my maters daar aansit om vir my uit te kyk....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 260 Rem

Post by Gerhard »

Nou ja,

Dit lyk of die 500 Jeff nuwe baas gaan kry. ;D

So ek kan begin werk aan my 260 Rem.

Behalwe vir Truvelo lope wie anders bou lope in SA?

Watter ingevoerde lope stel julle voor en kan mens profiel van die lope kies?

Wat se lengte stel julle voor 24 of 26 duim loop vir die 260Rem?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem

Post by Arnold »

Gerhard, as jy die Howa pad gaan stap sou ek beslis eerder 'n 6.5X55 kry en by hom bly.

Dit gaan goedkoper wees en die 6.5X55 kan beslis meer doen as die 260 Rem.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 260 Rem

Post by Gerhard »

Arnold wrote: Gerhard, as jy die Howa pad gaan stap sou ek beslis eerder 'n 6.5X55 kry en by hom bly.

Dit gaan goedkoper wees en die 6.5X55 kan beslis meer doen as die 260 Rem.
Arnold,

Het jy dalk die ballistic verskille tussen die 2 kalibers?

Hoekom sou jy die 6.5 x 55 bo die 260Rem aan beveel?

Groete
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 260 Rem

Post by Gerhard »

Ek het die raak gelees...

http://www.snipercentral.com/65swed.htm
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem

Post by Arnold »

Hierdie het ek so tydjie terug geplaas op 'n ander forum.

Since I am planning on building a 260 Rem AI, this was a very interesting bit of research for me. {I am planning on shooting the 130 gr Berger}

I calculated the speeds at which the cartridge, bullet and barrel length combination would be accurate. {and yes, since a few days ago it seems that this is can be done}

With a 130 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................. 2831 fps .... 2820 fps .... 3010 fps
260 AI ................... 2868 fps .... 2859 fps .... 3050 fps
6.5 X 55 Swede ....... 2763 fps .... 2870 fps .... 2861 fps
6.5 X 55 AI ............. 2922 fps .... 2914 fps .... 2905 fps
6.5-284 Norma ........ 2845 fps .... 2950 fps .... 2942 fps
6.5-06 ................... 2883 fps .... 2990 fps .... 2981 fps

With a 140 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................ 2784 fps .... 2770 fps .... 2763 fps
260 AI .................. 2823 fps .... 2815 fps .... 2800 fps
6.5 X 55 Swede ...... 2732 fps .... 2820 fps .... 2815 fps
6.5 X 55 AI ............ 2873 fps .... 2864 fps .... 2856 fps
6.5-284 Norma ........ 2800 fps .... 2900 fps .... 2895 fps
6.5-06 ................... 2836 fps .... 2940 fps .... 2930 fps

You can drive them faster, but accuracy will suffer.

This makes deciding on barrel length a bit easier. For example the 260 Rem with the 130gr bullets, it is either 24" or 28". If you are going to shoot the 140gr bullets with this combination, you might as well go for a 24" barrel.

For the 6.5X55, 6.5-284 and 6.5-06 I would choose a 26" barrel.

The most interesting is the 6.5X55 AI with the 130 gr bullets. It gives better performance from a 24" barrel than it does from a 28" barrel!!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem

Post by Arnold »

"n 6.5X55 se loop hoef jy nie te verander nie ... daar spaar jy geld.

Dies en doppe gaan meer beskikbaar wees.

Afhangende van watter koeel jy hoe vinnig wil skiet sal dit ook naturrlik die kaliber en loop lengte beinvloed.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 260 Rem

Post by DSBW »

Arnold/Gerhard

Ek het toevallig twee naby familie lede wat die 6.5x55 en die .260 Remington roete geneem het. Die een met die .260 het welliswaar 'n effens verbeterde weergawe van die standaard dop, 30 grade skouer met 'n paar "thou" "taper" uit die skouer gehaal, nie heeltamal 'n Ackley nie, volgens my 'n beter weergawe as die Ackley.

Van wat ek gesien het by beide van hulle is daar min, eintlik niks om te kies tussen die twee nie. Beide is uiters akkuraat, die 6.5x55 is 'n standaard Tikka "rak" geweer, die .260 is 'n fynproewers geboude geweer met Walther Match loop, Remington aksie ens. Die .260 is eenvoudig ongelooflik akkuraat, maar dit is waarskynlik een van daai gevalle waar al die komponente en die werk wat gedoen is net eenvoudig perfek bymekaar gekom het, en die man wie s'n dit is kan skiet.

Aan die ander hand het die standaard 6.5x55 my regtig be?ndruk. As alle standaard Tikka's so skiet, sal ek 'n Tikka, in die kaliber, met vertroue vir enige iemand aanbeveel. Ek sou egter die .260 kies, suiwer omdat jy enige .308/.243 dop kan gebruik, en ook eersdaags .260 Lapua doppe gaan kry. Daarbenewens is die .260 ook besig om uiters gewild te raak in die VSA, dus sal data, komponente (Lapua se besluit om doppe te maak) ens. al hoe meer beskikbaar raak.

Ek dink egter hierdie is weer een van die gevalle waar persoonlike keuse die grootste onderskeier tussen die twee gaan wees.

Groete en mooi nuwe jaar.

Dawie
300Winmag

Re: 260 Rem

Post by 300Winmag »

Met die 6.5x55 kan jy 6.5x55 doppe gebruik. Enige maak wat jy will behalwe PMP.

Is hier dalk iemand op die forum met 'n Howa in n 6.5x55. Ek sal graag wil weet hoe
die geweer skiet - of koop mens maar 'n Tikka?
Last edited by Guest on Wed Jan 05, 2011 7:30 am, edited 1 time in total.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 260 Rem

Post by JPS »

Gerhard wrote: Ek het die raak gelees...

http://www.snipercentral.com/65swed.htm
Gerhard,
Baie interesante brokkie daardie. Lyk tog of die 6.5 Sweed nie 'n slegte keuse sal wees nie... soos die ander manne gese het dit blyk maar dit sal gaan oor persoonlike keuse vir jou en waarmee jy gelukkig gaan wees.

PS. Het jy al daai S355 ladings met 215gr punt getoets met die .303 van die artikel wat ek vir jou gestuur het, indien wel hoe was die resultate?

Groete
JP
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 260 Rem

Post by Gerhard »

JPS wrote:
Gerhard wrote: Ek het die raak gelees...

http://www.snipercentral.com/65swed.htm
Gerhard,
Baie interesante brokkie daardie. Lyk tog of die 6.5 Sweed nie 'n slegte keuse sal wees nie... soos die ander manne gese het dit blyk maar dit sal gaan oor persoonlike keuse vir jou en waarmee jy gelukkig gaan wees.

PS. Het jy al daai S355 ladings met 215gr punt getoets met die .303 van die artikel wat ek vir jou gestuur het, indien wel hoe was die resultate?

Groete
JP
JP,

Ek sal bietjie dink maar die kaanse is goed dat ek die Sweed roete sal gaan vir nou.

Ek altyd later oor gaan na die 260 Rem as ek dit sou verkies...

Nee ek het bitter min met die Amajuba kettie geskiet laas jaar.

Een van my "to do list" vir 2011 is die 215gr met S355 lading uit te sort en terug voer te gee hier.

Groete,
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 260 Rem

Post by JPS »

Gerhard,
Dis goed so, laat weet maar wanneer jy hom probeer het. Skiet nou meestal 75gr in die .303 vir my seun vandat my .30-06 liksens deurgekom het.

Groete
JP.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 260 Rem

Post by JACQUES BOTHA »

DAWIE  EN ANDER WAT MY KAN HELP
"Ek het toevallig twee naby familie lede wat die 6.5x55 en die .260 Remington roete geneem het. Die een met die .260 het welliswaar 'n effens verbeterde weergawe van die standaard dop,30 grade skouer met 'n paar "thou" "taper" uit die skouer gehaal, nie heeltamal 'n Ackley nie, volgens my 'n beter weergawe as die Ackley."

Die 30 grade en 40 grade skouers dalk kan FM ook help en ander wat weet...is daar so groot verskil? of gaan dit oon keelbrand?
Dis nou by die 260 of jy 30 of 40 grade skouers het gaan jy wen of nie?
Die selfde verskil by 6mm uglies en die 6mm xt  en vriende, met die kort dop .
Dan die ander kant  ek het nog nie baie gehoor dat die ombouings soos die 6.5 - 06 of  7mm - 06 Dit klink my van die 06 broeders is dit net die 25-06 en 30 -nulkwes wat redelik werk, behalwe as daar min manne is wat dit doen en daarom die min terugvoer van daardie 7mm-06 . 7mm-08 6.5mm-06,  ens.
Gooi mar julle opmerkings, ek wil eintlik bietjie data kry rondom die 40grade en 30 grade skouers maak nou nie saak in watter kaliber jy hom bou nie?


[glow=red,2,300][/glow]Dalk is die bonxzai 243 met 30grade skouers en 1-7 twist en 75gr amax die antwoord waarna die spesialis jakkals roer manne soek????????????????????? :police:[glow=red,2,300][/glow]
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 260 Rem

Post by Gerhard »

JB,

Ek dink nie die 6.5 kan as spes jakkals kaliber beskou word nie.

Maar die 6.5 maak vir my baie meer deure oop as net jakkals skiet.

Ek kan hom gebruik in area's waar ek weet ek gaan sukkel met die 22 Hornet omdat skiet afstande 150m + gaan wees...

Maar ek kan die 6.5 ook gebruik om bokke te jag tot en met rooi hartbees / gemsbok klas op lang afstande.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 260 Rem

Post by DSBW »

Jacques

Jy raak nou 'n interessante onderwerp aan, waaroor daar al boeke geskryf is, duisende lope opgeoffer is en wat nog als. Ekself het in my tyd bietjie tone nat gemaak in die "wildcat" wereld, en ek het heelwat geleer van een van die vaders van die "wildcat" bedryf.

Die wetenskap agter optimale dop ontwerp is nie swart en wit nie, maar dit blyk, volgens wat ek kon aflei, dat dop ontwerp (wat insluit die grade van die nek, die hoeveelheid "taper" ens.) 'n relatiewe  invloed het op akkuraatheid en looplewe het (party keer minder, ander kere meer), maar meer invloed op spoed, a.g.v die groter kapasiteit.

Neklengte het egter meer van 'n invloed op looplewe, die algemene opvatting is dat jy ten minste "caliber length" nek moet kry, m.a.w 'n 6mm moet ten minste 'n neklengte van .243/6mm he om beter loopleeftyd in die hand te werk. Ekself, kon met my bietjie kennis en beperkte vermoens geen verskil in akkuraatheid agterkom tuseen 'n 40, 35 ,30 3n 25 grade skouer nie, maar het wel gesien dat 'n 6mm "wildcat" met 'n baie lang nek, wat ladings skiet wat effens groter is as 'n .243, twee keer so lank hou soos 'n .243.

As jy "The Benchrest Shooting Primer" aandagtig lees, wat uit verskeie artikels bestaan wat hiermee verband hou, sal jy sien dat dop ontwerp as sulks, veral t.o.v. die skouer, weinig verband hou met akkuraatheid. Langer nekke gaan egter die geleentheid bied om swaarder punte vinniger te skiet, suiwer omdat jy meer spasie in die dop het om kruit in te gooi. Die beginsel van ontbrandingspunt, wat bepaal word deur die skouer gradient en die neklengte is ook iets waaroor daar nie totale konsensus bestaan nie.

Ek het maar vir myself sekere beginsels neergele, en in my eie ervaring werk dit 100%, veral as dit betrekking het op 6mm kalibers.

Groete

Dawie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 260 Rem

Post by Wouter Roets »

Gerhard
Ek weet jy het nou al basies klaar jou besluit gemaak rakend die 6.5mm, maar het jy gekyk na die 6.5 Creedmore Hornady? Ruger maak hom in hul Target gewere teen n baie billike prys in n 28 duim loop. Dit is n ontsettende effektiewe kaliber en hy werk mooi met S365.
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: 260 Rem

Post by WillemS »

Jis Wouter

Ek het self vanoggend so vinnig iets van die Creedmore raak gesien, daar is 'n gejeuk wat met 'n 6.5 gekrap moet word! Het jy bietjie meer inligting oor die kaliber en wat is die prys op daai Ruger? Lyk die geweer soos hul varmint reeks of hoe is die target reeks?

Goed gaan

Willem(kry nie kans om daai 243 lading van jou te gaan toets nie)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem

Post by Arnold »

Nog 'n druppel in die emmer ... onthou die 6.5X55 gebruik 'n standaard lengte aksie. Indien jy hom later na die kort 260 Rem verander mag jy dalk voer probleme h?.

Indien julle dit nog nie gelees het nie, hier is iets oor die 3 "nuwe" 6.5mm rondtes. http://demigodllc.com/articles/6.5-shootout-260-6.5x47-6.5-creedmoor/

Dawie, baie interesant wat jy s? oor die skouers en akkuraatheid maar dit maak sin. Die langer nek ... so 'n 6mm Rem is 'n goeie keuse, of wat van 'n 6mm-06?

Jacques, ek kyk nou al 'n hele ruk na die 6.5-06 en dit lyk na 'n goeie roep vir my volgende loop op een van my roere. Ek dink omdat die 6.5-284 basies dieselfde doen met meer beskikbaarheid van kwaliteit doppe en 'n goeie geskiedenis vat hy maar voor. My ding is egter dat ek 'n 30-06 lengte dop soek en die kort 6.5-284 dop gaan vir my probleme gee in die spesifieke aksie.

Die 7mm-06, wel daar is 'n 280 Rem en 'n 7X64 so in my o? sal dit jou onodige moeite gee om die roete te kies.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 260 Rem

Post by JACQUES BOTHA »

DAWIE

Dankie vir jou response, lyk of jy diep gekrap het, dis die heerlik van die forum.. inligting deel. dankie almal.
Dawie dit lyk nou dat ons meer na die lang nek (kameelperd kalibers) moet  kyk .
So paar jaar terug het n benchrest man gese hy krimkp net die boonste derde van sy nek vir akkuraatheid. Ek dink die kundigheid in die geweer wereld raak nou soos die IT bedryf  Kennis en kundigheid verdubbel in al hoe korter termyne?
Dankie ek gaAN BIETJIE MEERLEES RONDOM NEKLENGTE eK moet bieg tot op hede het ek so effens swaar gesluk aan die langer nek vir langer looplewe,,maar ek moet dit begin glo ,,,Hoekom ek altyd getwyfel het is doodeenvoudig dat as jy teen skemer skiet sien jy in sommige klaibers en roere nog die vlam by die loop uitkom,
Ek sal nogal daarvan hou om die temp in die keel en die temp by die einde van die loop te sien.
Ek verstaan dat as jou loop warm word word hy van agter na voor warm..
Koel in dun loop nie vinniger af as n duk loop nie alhoewel n duk loop langer vat om voelbaar warmer te word?
Skryf bietjie meer oot jou tone natmaak in die willekat wereld... (ek weet hoekom ek my tone soms natmaak---lag lag lag)
Ek lees graag meer
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply