Miljoen Primers in stock!

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Miljoen Primers in stock!

Post by sako 30-06 »

Ludwig wrote:
Plaashaas wrote:Ek het dit vandag met oom Francois (S&O Rivonia) bespreek en die BR2 brand gering "warmer" maar die BR2 se claim to fame is consistency. Vir die wat soontoe gaan, gaan vra oom Francois vir die primer tabel wat almal se performance op het.

Tog gaan BR2 vir 99% van on reloaders geen noemenswaardige verskil maak nie.
Ek stem saam daarmee. Dis my bevindinge ook. Nou as daai 99% manne asseblief sal ophou om die BR2 primers onnodig te gebruik sal daar dalk meer gereeld beskikbaar wees vir ons wat regtig 'n voordeel daaruit put.
So ek neem aan ons kan dan uitsien na die toets wat binnekort gaan plaasvind?
Jy klink redelik seker van jouself,so jy kan dus n kas whiskey ryker wees?
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Miljoen Primers in stock!

Post by Koos Barnard »

Ludwig
Ek stem 100% saam met jou. Ek dink dis 'n geval van: As ek dieselfde spykerskoene as Bolt aantrek gaan ek net so vinnig hardloop. Ek trap dalk nou op tone maar sommige manne gryp na enige strooihalm om hulle swak performance in die jagveld te probeer verdoesel, plaas daarvan om net meer praktiese skietoefening in te kry. Stem saam met jou, die manne behoort hierdie primers te los vir die ouens wat ver wil skiet en die lae ES nodig het.
Mooi loop
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Miljoen Primers in stock!

Post by sako 30-06 »

Koos Barnard wrote:Ludwig
Ek stem 100% saam met jou. Ek dink dis 'n geval van: As ek dieselfde spykerskoene as Bolt aantrek gaan ek net so vinnig hardloop. Ek trap dalk nou op tone maar sommige manne gryp na enige strooihalm om hulle swak performance in die jagveld te probeer verdoesel, plaas daarvan om net meer praktiese skietoefening in te kry. Stem saam met jou, die manne behoort hierdie primers te los vir die ouens wat ver wil skiet en die lae ES nodig het.
Mooi loop
Ek skiet nie goed genoeg om eers die verskil agter te kom nie dink ook nie ek sal ooit nie.
Los dit vir die manne wat kan.

My R5 groepering is goed genoeg vir my doeleindes.

Sal die naweek my CCI 250 primers gaan koop.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Miljoen Primers in stock!

Post by PWV »

Hier kom 'n ding, manne en manninne!!
Dis nou whiskey en primers!
Toets net die primers eerste en daarna die whiskey!!!
User avatar
Safari Outdoor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Jul 14, 2014 10:19 pm

Re: Miljoen Primers in stock!

Post by Safari Outdoor »

More Manne

Ons het nog so klein bietjie primers oor. Bel jou vriend, buurman en niggie, laat weet hulle dat hulle moet koop! More is dit jagseisoen dan huil ons almal dat daar nie primers is nie!

Groete
SAFARI OUTDOOR
Stellenbosch - Pretoria - Rivonia - Boksburg - Wes Rand (Cradlestone)
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Miljoen Primers in stock!

Post by VdWalt »

Ludwig, gooi jy 95 of 93 in jou bakkie?
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Miljoen Primers in stock!

Post by Apie »

VdWalt wrote:Ludwig, gooi jy 95 of 93 in jou bakkie?

Diesel meneer, diesel! ;D
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Miljoen Primers in stock!

Post by VdWalt »

Ek glo Ludwig ry 'n 2.7 petrol Hilux...?
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Miljoen Primers in stock!

Post by VdWalt »

Ludwig wrote:
VdWalt wrote:Ludwig, gooi jy 95 of 93 in jou bakkie?
93. ;)


++>: Ok, jy wen! PS as ek BR gehad het sou ek jou nou geruil het....
Post Reply