Dis klaar boring om net papier met die 223 te skiet en ek wil 'n wetpack maak om
gewone SP Hornady en die Vmax in te skiet.
Wat sal julle sê?
My gewone boks, dan een dun tydskrif soos Huisgenoot(droog) teen 1 nat
telefoon boek. Dan spasie en een droee(spelling?) telefoon boek agter in die boks?
El sal 2x4 bedruik om hulle regop te hou en probeer om hom mis te skiet.
Dit behoort genoeg te wees om die koeel (wat oor is) te stop? Ek kan dan die
skade aan die nat boek gebruik as maatstaf.
Varmint wetpack?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Varmint wetpack?
Glo hy sal werk ja.Ek vat gewoonlik somer n coolbox vol water en gooi klomp tydskrifte daar in. As hul so dag gestaan het pak ek hulle in n skoenboks of 2 wat ek agter mekaar laat staan en gooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Varmint wetpack?
Môre v d Walt
Die toetse is altyd interessant en kan waardevolle inligting gee om projektiele te vergelyk met mekaar.
Ek het nog nooit met 'n 22 senterslag in papier geskiet nie. Ek kan wel deel dat goeie premium sagtepunt jag koeëls in 30-kaliber 300 tot 400mm plus penetreer in wetpack in my ervaring. Ons het ook 'n hele droeë foonboek gebruik om in sekere gevalle penetrasie te beperk met die groot goed.
Penetrasie sal afhang van hoe nat die boeke is, hoe styf die papier en boeke saamgedruk is, die impakspoed en hoeveel skade dit vir die koeël beteken en verskeie ander faktore. Een idee is om die nat boeke tussen twee planke te druk om oortollige water uit te druk.
Ek sal dink dat die twee boeke te min is en sal voorstel dat jy meer pak of minstens seker maak dit is teen 'n ordentlik en veilige backstop. Maar ek besef nou dat ek nie weet wat om van 'n 223 te verwag nie.
Maak maar seker jy het altyd 'n goeie backstop en dat dit naby aan die wetpack is. Besef ook dat koeëls soms uit die wetpack klim teen 'n hoek (wegswaai). Dit is seker minder van 'n risiko met 'n varmint koeël en meer iets wat ons met sekere solids gesien het, maar besef net dat dit kan gebeur en maak seker dat dit veilig is.
As jy wil kan jy 'n paar ander ontwerpe by my afhaal om te toets. Ongelukkig het ek nie veel verskillende .224 koeëls op hande nie. Moontlik is hier van die ander manne wat vir jou 'n paar Rhino's of TSX'e kan afstaan om ook saam te toets. Ek kon al tot 4 projektiele per wetpack toets.

-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Varmint wetpack?
Net 'n wenk: Omdat dit baie moeilik is om elke wetpack se voginhoud konstant te kry probeer ek so drie tot vier skote in dieselfse wetpack skiet as ek verskillende koeëls met mekaar wil vergelyk. Dis nog steeds nie baie wetenskaplik nie want die voginhoud en hoe styf die wetpack gepak is kan wissel van die middel van die wetpack uit na die kante toe. Maar dit gee jou darem 'n idee van hoe die koeëls behoort te presteer.
Mooi loop
Mooi loop
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Varmint wetpack?
Baie dankie Wim ek sal beslis van jou offer gebruik maak. EK sal by my courier hoor wanneer sy weer
in jou rigting gaan en jou dan laat weet. Met die 6.5 en goeie koeels kry ek so 45cm penetrasie (omtrent
8 tot 9 telefoon boeke) . Ek het my swaer met sy .308 hartseer geskiet....lol
Ek glo die 223 se koeels gaan opbreek maar dalk moet ek eers maar 'n vol boks boeke skiet
om 'n idee te kry wat hulle doen.
Ek maak elke boek deur nat, dan staan ek op elke boek tot daar nie meer water uit loop nie. Dit maak
dat al die boeke darem redelik eenvormig is in tekstuur. Ek sal graag die gel wil probeer. Ek het net die naweek
gelees hier is nou 'n dr in SA wat gel maak en hy maak dit baie goedkoper.
As hy nog te duur is met die gel sal ek kyk wat gebeur as ek my eie maak, dalk werk dit net.
in jou rigting gaan en jou dan laat weet. Met die 6.5 en goeie koeels kry ek so 45cm penetrasie (omtrent
8 tot 9 telefoon boeke) . Ek het my swaer met sy .308 hartseer geskiet....lol
Ek glo die 223 se koeels gaan opbreek maar dalk moet ek eers maar 'n vol boks boeke skiet
om 'n idee te kry wat hulle doen.
Ek maak elke boek deur nat, dan staan ek op elke boek tot daar nie meer water uit loop nie. Dit maak
dat al die boeke darem redelik eenvormig is in tekstuur. Ek sal graag die gel wil probeer. Ek het net die naweek
gelees hier is nou 'n dr in SA wat gel maak en hy maak dit baie goedkoper.
As hy nog te duur is met die gel sal ek kyk wat gebeur as ek my eie maak, dalk werk dit net.
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Varmint wetpack?
Reg so v d Walt. Laat weet my dan sal ek 'n paar vir jou gereed hê. Dit is natuurlik nou nie North Forks nie. Hulle maak nog nie die .224 waarvoor ek vra nie
.