Raad asb oor boog koop

Post Reply
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Raad asb oor boog koop

Post by Ratel »

My 16 jarige seun het 'n jagboog (Diamond Infinity edge) waarmee hy nou so 'n jaar lank skiet en dit lyk my die boogjag gogga het hom gebyt. Hy wil nou upgrade en kyk na die Bowtech Insanity CPX. Wat dink julle van die boog en waar gaan ek dit teen die beste prys kry? My kennis van jag boe is maar beperk en ek maak staat op julle raad dankie.
Maak 'n verskil
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Geno »

Ratel,
Ek het al met die Insanity CPX geskiet. Hy is nice, maar ek hou steeds meer van die Destroyer 350.

Beste diens en prys sal jy by Archer's Edge in Pretoria kry.

Praat met my as jy die Infinite Edge wil verkoop. Ek sal hom oorweeg.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Ratel »

Dankie Geno
Wat sou jy se is die prysverskil tussen die Insanity en die Destroyer? Ek weet die Insanity gaan standaard vir so R11k.
Op hierdie staduim lyk dit of kleinboet sy broer se Infinite wil oorneem. Wat sou die boog tweede hands standard voor verkoop? Die infinite is mooi opgepas en daarom oorweeg ek dit om sodoende 'n probleemvrye boog vir kleinboet te gee waarvan die begin ponde laag begin. (klein boet is klein gebou)
Maak 'n verskil
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Raad asb oor boog koop

Post by OupaZA »

Jy sal nie verkeert gaan met bow-tech of Hoyt nie... is ma soos BMW en Mercedes.

Die Destroyer as ek reg onthou behoort Cheaper te wees as die CPX.

Ja soos Geno se, is die beste plek vir bowtec by Redge hul.

Groete
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Geno »

Ek sou reken R3500.00 is 'n fair prys vir 'n Infinite Edge pakket.

EK sien nie meer die CPX en Destroyer op hulle website nie.
Hulle 2015 boë lyk wel baie impressive!
https://bowtecharchery.com/#/productBre ... ducts&i=64
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Ratel »

Dankie vir die raad. Ek het vir Redge (dink dis hy) op Huntex ontmoet toe ek my seun se Infinite by hulle gekoop het. Dink ek sal hom Saterdag vat dat hy met Redge hulle praat. My kennis van boe is net te min.
Maak 'n verskil
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Katefbessie »

Ratel, Bowtech bring elke jaar nuwe boe uit en die vorige jaar se boe verdwyn dan so stadig maar seker van die rakke af. Daar is baaie manne wat elke jaar Bowtech se nuwe boe koop en dan van die vorige een ontslae raak. My aanbeveling sal wees om biki op die net te loer vir 'n tweede handse Bowtech Destroyer 350 of selfs die Insanity CPX indien jou laaitie so verkies.
Een van my goeie vriende het vir 'n hele ruk by Archers Edge saam Redge gewerk en het sy Destroyer 350 vir die Insanity CPX geruil, sy woorde was egter aan my. "ek wil so bietjie my gat skop, die Destroyer bly een van die lekkerste boe uit Bowtech se stal om te skiet."
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Hugo »

Vat eerder die 340D, om n duim brace height op te offer vir 10fps is nie die moeite werd nie.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by VdWalt »

Die Destroyer loop soos stroop.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Hugo »

Katefbessie wrote:, die Destroyer bly een van die lekkerste boe uit Bowtech se stal om te skiet."
Ek sal my 340D nooit verkoop nie. Nog steeds het ek nie n boog geskiet wat my meer impress as die Destroyer nie.

Maar dis maar my opinie.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Riaan Kriel »

Julle mannne se opinie oor Mathews boë?

So paar jaar terug het ek heelwat met die goed geskiet en was op hoogte van die nuwe boë en tegnologie maar het so ietwat belangstelling verloor en het agter geraak oor die laaste 4-5 jaar ;)
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Raad asb oor boog koop

Post by OupaZA »

Matthew is ook goeie boe, glo hul het meskien bietjie agter geraak met tech, Maar nogsteeds goed.

EK glo dat boe nog meer n persoontlike feel het as roere, jy moet met almal gaan skiet en voel wat is gemaklik en waarmee jy Confident voel.

My 2c

Groete
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
Monster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 363
Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Monster »

Gaan kyk bietjie op Ancor Point daar is goeie gebruikte snare te koop. Ek skiet 'n 80lb insanity cpx en die oukie loop soos 'n haai op 'n hout katrol.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by henried »

Duracell wrote:Julle mannne se opinie oor Mathews boë?

So paar jaar terug het ek heelwat met die goed geskiet en was op hoogte van die nuwe boë en tegnologie maar het so ietwat belangstelling verloor en het agter geraak oor die laaste 4-5 jaar ;)

Ek skiet Mathews, dis soos 'n Apple produk.... ;D Mathews het 'n storie agter hom.

Tans skiet ek die Z7 en is mal oor hom. Ek sal wel baie graag die NoCam wil skiet.
Soos genoem is dit 'n persoonlikke ding, jy moet skiet en voel wat werk vir jou.

Redge hulle verkoop nou Mathews ook.
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Katefbessie »

henried wrote:[
Redge hulle verkoop nou Mathews ook.
...elke winkel moet seker 'n klomp tjol op hul rakke ook he, ne? hahahah ++>:
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Ratel »

My seun het so 'n week terug die no cam geskiet en hy se die boog skiet baie lekker.
Was vroeer by Slayer en my seun gaan lyk my vir die Insanity CPX 80 lbs gaan. Dankie weereens vir die raad.
Maak 'n verskil
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by SV MAD (Henk) »

janee, jou seuns sal seker nog spoed jaag ens. Net om uit te vind dis nie waaroor als gaan nie.

Shootability is die belangrikste, en ook dat hy met die boog baie lekker kan skiet. Ek het al menigmale ouens gesien wat die top end boog koop, en dan weer verkoop omdat hy nie reg was vir die boog nie, want sy vermoens was nie daar nie.

Kyk watse boog hy kan trek en vir 1 minuut op fulldraw staan. Daai boog sal dan maak dat hy lekker skiet, want as jy in n hide is, staan mens partykeer lank op fulldraw.
ek soek nog wapens...
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Ratel »

Henk vertel dit nou vir 'n laaitie (die spoed jaag). ++>: Hy het met die boog gaan skiet en skiet darem gemaklik met die boog. Hy het juis die full draw ding gedoen en is redelik gemaklik daarmee. Weereens dankie vir al die raad. Sal maar moet sien of dit die regte besluit was.

Miskien moet pa maar saam begin boog skiet.
Maak 'n verskil
User avatar
Wors
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Mon May 23, 2011 9:42 am

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Wors »

Naand manne.
1 groot voordeel wat jy kry is dat n bowtech verstel op sy module op die boog (rotating module) en gewoontlik op daai klas boë van omtrent n 6 duim versteling kry.
ek werk self baie met bowtech en skiet hulle self. Jag met die rpm 360. Dink nie jy maak vout met die cpx nie.
My een klient het 3. Wil nie iets anders skiet nie.
Mooi loop
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Thunderhead »

Ratel ek het n Insanity CPX is baie geukkig met hom. Ek jaag spoed omdat ek n swaarder pyle kan skiet teen 250fps. Deesdae se boe is baie maklik om goed te skiet maar jy moet die tyd insit om dit te bemeester. Vat hom Redge toe laat hy n paar boe skiet en kies die een waar hy van hou.
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Raad asb oor boog koop

Post by Jakkie 321 »

Katefbessie wrote:
henried wrote:[
Redge hulle verkoop nou Mathews ook.
...elke winkel moet seker 'n klomp tjol op hul rakke ook he, ne? hahahah ++>:

Katefbessie

Moet nou nie dat hierdie draad ook "geban" word nie asb :laugh:

Mathews skiet baie lekker.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Post Reply