Ek en Cobus Cobb het gister sy 243 ladings met 'n nuwe Lot dryfmiddel gaan uittoets en toe 2 chronys in lyn opgestel.
Die een eerste in lyn was 'n ou Prochrono wat ek aan Cobus gesmous het en dateer uit die 90's. Die ander een is die nuwe Prochrono Digital wat my kersgeskenk was - my CED was nou al so lank op die krukkelys dat ek iets moes kry om spoed te meet.
Die 2 instrumente was so meter uitmekaar opgestel en ons het 10 skote se spoed neergeskryf. Ek het nie die spesifieke getalle nie, maar die nuwer chrony het baie konstant ongeveer 33vps minder gemeet as die ouer model. Hy was wel verder weg van die loop, maar dit sou sekerlik slegs 2 na 3 voet verskil beteken het. Gemiddelde spoed was oor die 3100vps.
Gesien in die lig van 'n 0,5 na 1% presisie voorspel vir die spoedlesings deur die vervaardiger is dit binne die' syfer. 1% van 3100 = 31vps. Die resultate is dus 'n aanduiding dat die spoed baie konstant waargeneem is en daar nie groot uitskieters was nie. Gee bietjie gemoedsrus om die' syfers dan in QL te gebruik.
Vergelyking van twee chronograwe - Prochrono
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Vergelyking van twee chronograwe - Prochrono
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Vergelyking van twee chronograwe - Prochrono
Ek het so 3 jaar gelede my Prochrono se screen perongeluk raakgeskiet met n stukkie koeel wat gedeflekteer was nadat ek n draad raakgeskiet het voor hom. Hy het nog aangekom, maar alles het 88888 gewys.
Ek het intussen 2 x CED chronies gehad, maar altwee terug gegee, asook n Chrony. Ek het toe maar weer n Prochrono gevat in sy plek en sal nie sommer weer iets anders koop.
Camo hier op die forum (Willie) het ook n Prochrono gehad wat iets makeer, toe gee hy hom vir my. Ek het sy screen uitgehaal, en met my stukkende een geruil en weer my ou een aan die gang gekry.
Ek het vanoggend n klomp van my gewere gaan zero, nadat ek n groot scope skommeling gemaak het so 3 maande gelede. Ek het die twee Prochronos agtermekaar staangemaak, sowat 200mm uitmekaar, en sowat 80 skote geskiet met verskeie gewere. Die meeste wat die twee met mekaar verskil het was 12 ft/sek tussen enkele skote, en aangedy dat die gemiddelde skote nie meer as 4 ft verskil het tussen die twee. Dit was verstommend. Ek het dit glad nie werwag nie.
Ek sou ook dink dat so 25 - 30 ft/sek aanvaarbaar sou wees. Dit bevestig net hoekom ek so baie van hulle hou. Ek sal hulle graagr teen n Oehler 35 wil vergelyk om te sien hoe akkuraat hulle eintlik is.

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Vergelyking van twee chronograwe - Prochrono
Ek het n baie ou Prochrono gehad en hom vervang met n Chrony. Tot my spyt
Nou n Magnetospeed gekoop. Ek is mal oor hom.
Nou n Magnetospeed gekoop. Ek is mal oor hom.