3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post Reply
User avatar
stephan2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Mon Oct 10, 2011 9:39 pm

3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by stephan2 »

Watter een sal julle kies.
Ek wil vir my nou n dc aanskaf in 4x4.
Ek kyk na die volgende bakkies beide het onder die 10000km op en beide het klaar alle ekstras op nl canopy , sleepstang ensv.

Watter een sal jul neem en hoekom.?

Groete
Stephan
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Katefbessie »

Ford.
1. Hy Lyk mooier.
2. Ek glo jy gaan bietjie meer vir hom kry met her verkoop.
3. Sy Interior is mooier.
4. Almal praat van die Ranger, niemand van 'n BT (Butterfly Tokkelos) 50 nie.
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by JacquesT (Stompe) »

Eish hier kom 'n bakkie debat. Persoonlik sal ek nie een vat nie maar sal gaan vir 'n Toyota 3l d4d. Ek ry een en na 202000km het ek nog nooit moeilikheid gehad nie. Eks maar 'n Toyota man, elke ou tot sy eie reg.
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by ANDRIES »

Het jy 'n mazda handelaar naby jou? Ek glo daar sal 'n Ford naby jou wees.Ek het 'n 3.2 Ford en dit is verseker die lekkerste voertuig wat ek nog gery het.
User avatar
stephan2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Mon Oct 10, 2011 9:39 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by stephan2 »

Katef..
Dis hoe ek dit ook het hoekom ek nou die vraag vra is die Mazda is amper R20 000 goedkoper en het nog n snorkel en camel suspensie ook op, nou nie iets wat ek regtig nodig het nie maar sal nice wees.

Laat mens dink.
User avatar
stephan2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Mon Oct 10, 2011 9:39 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by stephan2 »

Andries jip NW FORD en MAZDA
Ysterkat
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Ysterkat »

Mazda

Die Mazda se engine is anders getune as die Ford, die Mazda trek beter en is ligter op brandstof.
User avatar
stephan2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Mon Oct 10, 2011 9:39 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by stephan2 »

Ysterkat is jy nou korrek met daai stelling.
Het nie dit geweet nie.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Chevvy SS »

Beide se kragsyfers is presies dieselfde. Dit word ook so adverteer. Dis slegs die modelle wat uitgevoer word se Kw syfer wat opskuif na 170.
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Boskamper »

Jou hart het klaar gese watter een, en ek dink dis die persoonlikste beste keuse,
Geniet HAAR
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
Ysterkat
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Ysterkat »

Chevvy

Google is jou vriend, die 2 se compression ratios verskil en kyk die torque grafieke verskil ook. Ek ry self 'n Mazda, die handelaar het dit self vir my gesê ook.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Willie »

Die manne wat aan my Mazda werk het my gese ek moet liewer Ford gaan want hulle het minder probleme met Ford se waarborg eise.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Geno »

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by cassie_calvinia »

HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Chevvy SS »

Ysterkat wrote:Chevvy

Google is jou vriend, die 2 se compression ratios verskil en kyk die torque grafieke verskil ook. Ek ry self 'n Mazda, die handelaar het dit self vir my gesê ook.
Google mag jou vriend wees; myne is common sense. Volgens Mazda en Ford se webblaaie is die Mazda se kompressie 15.5 teenoor die Ford se 15.8 wat dan prakties gesproke van die Ford 'n beter performer maak, indien hulle sou verskil wat nie is nie.
Mense praat snaakse goed.......
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Jacquesb »

Koop altwee.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Ysterkat
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Ysterkat »

Koop 'n Chevvy
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by tau »

Katefbessie wrote:Ford.
1. Hy Lyk mooier. Yip
2. Ek glo jy gaan bietjie meer vir hom kry met her verkoop. YIP
3. Sy Interior is mooier. Nee.
4. Almal praat van die Ranger, niemand van 'n BT (Butterfly Tokkelos) 50 nie. Yip
Ek het 'n 3.2 MAzda DC en 2.2 Ford supercab High spec albei 2014 modelle so hier is my opinie.

1. Die MAzda kom standaard beter toegerus as die standaard Ford(nie Wildtrak nie). Jy kry PDC, leer sitplekke(ek het twee kleuters), radio/bluetooth combo wat enige tech fundi sal geniet en dual climate control.

2. Die Mazda het ek as demo gekoop teen BAIE goedkoper as enige Ford se prys.

3. Die MAzda se bumper voor is patetietiese stuk plastiek, die Ford so klein bietjie beter.

4. EK het die Manual gekoop oor die waterpyp wat bars probleem op die Auto, mar die Auto trek die MAnual dood agv. die manual se klunky boks.

5. Die Mazda BT-50 word oorse vervaardig en nie in SA nie. Wat my bly maak. ( Volgens 'n handelaar ek het geen bewyse hiervan nie)

Kyk albei bakkies is dieselfde, maar net soos die meeste "voorkoms items" gaan party manne die extra R50k spandeer net om by die skietbaan sy vriende te kan beindruk. As jy steeds 'n Hilux punt het jy duidelik nog nie die 3.2 gery nie. Ek mis glad nie my D4-D nie veral nie as ek 'n waentjie sleep of grondpad ry.

Oor naverkoop diens en waarborge wat verskil ::) RERIG hoe gaan dit verskil as dieselfde agentskappe die voertuie verkoop.

JA die Ford is mooier, maar as jy oor voorkoms worry is 'n dubbel kajuit bakkie miskien nie vir jou nie, maar eerder 'n Range Rover of 'n Cayenne.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by HennieC »

"JA die Ford is mooier, maar as jy oor voorkoms worry is 'n dubbel kajuit bakkie miskien nie vir jou nie, maar eerder 'n Range Rover of 'n Cayenne."

As jy binne sit gaan jy nie sien hoe lyk die bakkie van buite nie solank jy happy is en kry waarvoor jy soek in die voertuig, vat watter een jy wil ry.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by Capt. Yoda »

Wat is dit met die swart mags en die john deere stickers op al die Rangers, boer almal in Gauteng, Natal, NC, NW en MP nou met mielies? Smaak my ek moet n JD verkoopsman word.

Kry jy die sticker saam die mags of die ranger saam die John Deer ?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
stephan2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Mon Oct 10, 2011 9:39 pm

Re: 3.2 Ford of Mazda 4x4 dc

Post by stephan2 »

Klink billik en hoor wat jul se tau sal maar die mazda koop. Hou van sy binnekant. Buite pla nie te veel nie. Ek doen nie die mag ding nie hoekom sal ek R5000 spandeur op iets wat werk. As ek mooi wil gaan sal ek n plaas met meer reen kry. Groet en dankie
Lag en almal lag saam??
Stephan Booysen
Maniertydskolkjes
Kenhardt
Post Reply