stroompie. So sien die wildboer 'n plat-anna in die
water en hy sê vir die beesboer: " Ek sal jou 'n
R1,000 gee as jy daai padda insluk. Beesboer dink
toe - dis min moeite vir R1000 en sluk toe die
paddatjie in. Hy voel toe aardig en sê toe vir
Wildboer: " As jy ook 'n plat anna insluk gee ek vir
jou ook R1,000. So gesê, so gemaak. Na so rukkie
sê Beesboer vir Wildboer: " Hier sit ons nou -
elkeen met 'n padda in die maag en nie 1 is beter
af as wat ons netnou was nie.. ". Wildboer sê toe
vir Beesboer: " jy moenie so daarna kyk nie, ons
het nounet R2,000 se omset tussen ons 2 gehad!"
Nou voel altwee sommer beter oor die saak. Die
volgende week is hulle weer in die stroompie. Die
keer bied hulle mekaar egter R100,000 elk aan vir
die sluk van so 'n plat anna elk. En die omset skiet
op na R200,000 vir die week!! Die derde naweek
beloof vir groooot omset toe hul mekaar elkeen
R1miljoen aanbied vir hierdie slukkerasie. Skielik
begin die bure kennis neem van hierdie geweldige
omsette wat so gegenereer word. Mielieboer en
Skaapboer wil nou ook deel word en voor jy kan
sê: " Gesonde Plat-Anna" trek die omset by
R4miljoen vir een naweek se platannas!!! Die 4
besef toe baie gou: ons sal hierdie platannas uit
die rivier moet kry en elkeen 'n teel troppie
aanhou. So gesê, so gemaak! Wildboer kry toe 'n
paar platannas met stewige webbe tussen die tone
en Beesboer kry toe platannas met lang toon naels
en Skaapboer kry toe die twee neon groen plat
annas, terwyl Mielieboer die plat annas kry met die
donker groen pigment. So verkoop hulle naweek
na naweek die paddas onder mekaar en kort voor
lank is hulle omsette sommer R10miljoen per
naweek!! Nou is dit 'n uitsonderlike bedryf met
baie groei potensiaal want elke Jan Rap en sy
maat wil nou ook van hierdie duur Plat annas hê!
In tussen is arme Visterman erg verward, want hy
kan nou nie eers meer 'n ou platannatjie uit die
rivier gaan haal vir aas, soos in die verlede nie. Sy
visvang dae is vir eers getel! En so dames en here
bou jy die mooiste grootste Egiptiese piramiede
skema in 'n moderne wereld waar die prys die
waarde van 'n item met miljoene rande klop -
gebaseer op die webbe, lengte van toon naels en
die snaaksheid van die kleur wat die padda boere
uit hul kruisteling kan opdis!!
