Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Nee wat Louis, gee gas - as ons net oor alles saamstem is daar geen vordering nie, of hoe?
Ongeduld, sukkel, moeilikheid, verskil, skuld, swaarkry, veral luiheid en hulle maters bring innovering en verandering. Tevredenheid eindig ten beste net argumente, maar verander niks verder nie.
Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Gistraant 'n mooi stel geskiet waarop ek nogal bietjie trots is, maklik 5 jr oud. Paljas Solo 1, toe antwoord hulle my. Stukkies Steenbok Paljas vir so tydjie - klop die teef. Reun baie hardegat, wil dan nie,saam,die tannie inkom nie. Gee hom goeie stilte, Paljas Solo 1 en antwoord myself met Jakkals Paljas 1. Reun gee so paar krete, om en by v waar hulle eerste keer geantwoord het. Paljas vreet, baie sag (ek kan, dit beswaarlik hoor). Los vretery sommer aan. So 10 min later skiet ek hom, reg windaf op 261m vlgs rangefinder.
Blerrie lekker as man so tyd afgelê het met die jagtery.
Cobus(Cobb) wrote:
11.Dat die 'n trotse, wettige praktyk is wat in die openbaar gepost kan word sonder enige vrees van vervolging....
Kabous, dankie. Ek dink nogal jy lees die regte goed raak in die statistieke. Sien gelukkig nêrens dat jy reken die ou wat die meeste skiet, noodwendig die beste jagter is nie?
N.a.v. wat ek hierbo aanhaal uit jou vorige post:
Ek reken ons kan trots wees op wat ons doen sonder om daarmee in die openbaar te spog. Dit gaan nie net oor "wettigheid en vrees vir vervolging" nie. Al is wat ons doen tans wettig, beteken dit nie dat daar uit sommige kringe druk is om die wet te verander nie....en moet ons nie onnodig vir die-sulkes wat ons wil ondermyn, skietgoed gee nie.
Wat op Facebook aan die gang is met al die windgat foto's wat daar geplaas word, is vir my pleinweg dom. Dink nie dit doen die kleinvee produsent enige guns nie. Tannie Huisvrou van Sandton, wat die skaaptjoppies moet koop, gaan waarskynlik nie die selfde sentiment oor ons jag-foto's hê nie. Wat vir ons grênd is, is vir haar waarskynlik grusaam....en pasella ammo vir Bool Smuts en brigade. Dit kos net 1 of 2 celebs om ammok te maak oor die jakkalsies wat geskiet word, om die rooivleis bedryf ernstige skade te berokken. Maak nie saak of hul reg of verkeerd is nie, dis die persepsie wat by die verbruiker geskep word.
Die gaan nie net oor die belange van die jagter nie, maar ook oor die belange van die jagter se kliente, wat in my kontrei die kleinvee produsent is. ?
Daaroor is ek baie bly Ludwig en Geno het met die blink plan gekom om hierdie gedeelte so effe uit die oog van Jan-publiek te skuif....
Maar my beskeie opinie, nie noodwendig reg nie...
Louis
Terloops, as ek reg onthou, het ek 2 jakkalse misgeskiet hierdie jaar, maar ook 1 of 2 laat glip (sonder dat ek op hulle geskiet of kon geskiet het) Jakkalse wat verseker meer versigtig vir die roeper gaan wees, volgende keer - beslis nie 'n rekord op oor trots te wees nie.....
ek wil by oom louis aansluit hier en moet my tog nie verkeerd opneem nie.my buurman is die hoof van nwkv,hy sit weekliks met skaap/wol verbruikers oor die wereld heen om ons skaap te "promote".die oom het na my en na henry7 toe gekom en gevra ons moet asb nie fotos van so hordes dooie jakkalse op die internet plaas nie.hy se skiet die goed soveel julle kan maar hou dit tussen julle vriende,dit gee die groenes onnodig skietgoed teen hulle en ons produkte word oorsee ook geboikot.die groenes het meer mag as wat ons dink en draai die publiek n rat voor die oe.ek verstaan as jakkals jag jou besigheid is moet jy jouself adverteer.hoe ons egter die middeweg gaan vind weet ek nie
Kan weer so paar by my telling plaas - Saterdag aand 7/8-3-2015 Paterson Area.
Rooikatte 2 1x reen en 1x teef. Jakkalse 6 4x teef en 2x reun Ongelukig nie van allmal fotos geneem nie - (te lui)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.