Soos julle op die video's sal sien is daar maar min vleis aan my lyf en is ek maar bra kleinserig op die koop toe.
Ek skiet vir die laaste drie jaar met 'n ERC demper op my .243 en die terugskop is werklik bitter min . Uit die vuis tydens die veldskiete is die geweer baie lomp(ek is eintlik te lig in die broek). Ek swaai daai roer rond asof ek verkeer beheer.
Corné en MJK skiet die laaste jaar baie suksesvol met trompremme tydens kompetisies en ek het maar die geldjies afgeknyp en een van Steven Bezuidenhout se Titanium trompremme aangeskaf. Teen R2500.00 is hul nie goedkoop nie maar weeg werklik bitter min in vergelyking met staal trompremme.
Die "voelbare" terugskop is dieselfde as die ERC demper, maar behalwe vir die skokgolf met die tromprem is die klank iets om aan gewoond te raak. Die geweer se terugskop met die demper oor die x-bag is effens opwaarts terwyl die tromprem s'n reguit terug is.
Vandag by die Chasa baanskiet was daar 'n paar man wat my baie erenstig aangegleur het na my eerste aflos. Die klank was nie vir die manne 'n probleem nie, maar die stofwolk agv. die skokgolf was "spaktakilêr"
Ons sal maar swyg oor die uitslae.
Hier is die tromprem met die ERC demper vir vergelyking. Die besigheids kant.


