Voorstelle vir lede

Closed Group for jackal hunters only. Geslote groep vir jakkals jagters alleenlik
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Mac »

who actually qualifies for this group
As dit net vir die Pro's is, sal daar omtrent slegs 15 lede hier wees
terwyl ons sensitiewe inligting uitruil soos........
As iemand die regte houding het, en bereid is om te leer, glo ek hy is welkom hier.
Ek glo die afdeling is vir manne wat ons kan vertrou.....MAW Iemand wat reeds hier is moet hom ken.
En daar word my vraag sommer mooi kort en volledig ge antwoord. Thanks manne
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Jassie »

Net 'n gedagte of drie

Ek dink daar is verskeie redes hoekom so 'n groep wel moet bestaan en wel onder hierdie "geheime" omstandighede.

Graham miskien is jy heeltemal reg - ek vat dit nog verder deur te sê dat daar nie 'n afsny punt kan wees nie.

Redes vir die bestaan van hierdie groep is daar vele, maar vir my is die belangrikste dat die lede hier nie hulleself hoef of die heel tyd moet verdedig as dit gaan oor die jag van probleemdiere, veral jakkalse en katte, nie. Daar is dus 'n samehorigheid, veral in terme van die doel. Energie moet nie nou oor hierdie aspek op die subforum vermors word nie! (Sulkes is beslis nie volgens my hier welkom nie) Die meriete daarvan, of diesulke diere gejag kan word of nie, is dan vir my 'n saak wat op die hoofforum bespreek kan word tot vervelens toe as hulle wil. Ek sal en kan self besluit wat ek wil lees en wil nie my "2c" polities korrek gee nie. Ek het beslis reeds by die jakkalsskiet/jag/doodmaak debat verby beweeg!

Ongediertebeheer-detail oor hoe, wie, wat, waar, wanneer, waarmee, onder watter omstandighede of onder geen omstandighede, ens. is die goed wat ons hier moet bepraat en mekaar oor moet aanvat of dalk oor moet saamstem.

As jakkalse (ongediertebeheer) en die vrae en feite rondom dit vir jou belangrik, of jou ernstige belangstelling is- behoort jy op hierdie forumgedeelte toegelaat te word, of jy hulle jag of nie. So, bv. is dit ook vir boere belangrik wat bloot net ernstig daaroor is en soos in my geval, nie die vermoë het om 'n stilstaande skaap in 'n kraal raak te skiet nie, al is dit dan ook net om die veldwerk behoorlik te doen 'n afwagting van die roep- of vliegjagter.

Uit persoonlikheid maak sommige mense nie "bydraes" nie - dit behoort hom nie te diskwalifiseer nie. Soms is dit juis hierdie tipe persoon wat op die einde die kaf van die koring kan skei, want hy het geluister en nie op sy ego gekonsentreer nie. Ander bekkiges maak weer die plek interesant en hou die pot aan die kook dat oorgerustheid (complacensy) nie hoogdy vier nie. Hul verskille vat ons voorentoe en dit is ook belangrik. Die bekende gesegde "Vlekkie stel nie teleur nie" en ons gebrekkige kennis van hom maak hierdie soort manne welkom in die "bende".

Kan julle nie maar asb die gedeeltes in die hoofforum wat na hierdie gedeelte verwys, uithaal nie. Dit skep onnodig net 'n roomys buite die tronkvenster situasie.

Ek stel verder as beginpunt voor, dat 'n verwysing (soos jy aan die begin gedoen het) van lede en die voorlegging wat Francois aan dink en wat baie sal help op die jakkals-subforum geplaas word. 'n Bestaande lid kan dan die toetreeder/persoon voorstel of 'n sekondant van iemand hier binne kry.

Ek is bly ek is hier binne en ek is baie bly party "knape" is buite. Ek kan nou behoorlik op Geno en Cobus konsentreer en hulle poef gee sonder om heeltyd oor my skouers te loer. >:D ++>:

Groete
JAS

PS Julle manne tik te vinnig!
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Voorstelle vir lede

Post by KSV »

Lekker Uncle Jas. Hahaha.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Francois Marais »

Goed gestel Jassie

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Cobus(Cobb) »

Mooi Jas, maar vir wat wil jy my en Geno poef gee??ons is mos chommas ek en djy...!!
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Voorstelle vir lede

Post by James Wilson »

Hi Geno, ek stel vir Kalahari voor as lid. Ek het skoon vergeet van hom. Ken hom al n paar jaar. Ek sal vouch vir hom
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Voorstelle vir lede

Post by musgrave270 »

Naand manne. Gun my die geleentheid om my voor te stel.

Baie dankie vir die geleentheid om n lid te wees van die groep. Ek het Mei maand 2 jaar gelede n lid van die forum geword omdat ek opsoek was na inligting oor Jakkalse en die jag van hulle. Dit bly steeds die hoof rede hoekom ek wil deel wees van die forum. Op die stadium jag ek by familie en n vriend se plaas. As ek nie destyds hier begin lees het nie kan ek nie dink hoeveel nonsens ek sou aanjaag nie, en vir al die raad en advies wat jul manne met ons gewone beginners op die forum deel, kan ek nie dankie genoeg se nie. Mens kan maar se my oe het oopgegaan toe ek by Jaracal aangesluit het.

Ek het n vaste werk in Bloemfontein, ek probeer maar as die maan reg is my reelings tref vir die naweke. Ek het baie respek vir jul manne wat op n gereelde basis nag na nag op die stoel deurbring. Maar ek geniet dit om op daai stoel te sit. Die help my om ontslae te raak van die werk se probleme en terwyl ek nog dit kan doen sal ek dit aanhou doen.

Ek weet nog nie veel nie, so ek praat nog nie baie nie, maar ek is soos n spons en wil graag leer.

Ek het darm al so 40 jakke op my naam sedert ek begin het en dit begin beter gaan soos ek leer.

Ek sien uit om by julle te leer en my ervaringe met jul te deel

Groete
Ruan
Bloemfontein
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by cassie_calvinia »

geno
hienz het ook gevra.
hy jag lekkker. hy kan maar in
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Geno »

Sharp. Ek laat hom in.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Geno »

BAKOOR het aansoek gedoen, maar lyk nie lus vir tik nie.

Hoe moet ek met die man maak?
bakoor wrote:Eugene

Ek het jakkalsjag ondervinding vanaf 1960. Ek het my eerste luiperd gedood in 1961 maar het nie lus om 'n hele aansoek voor te berei om aan jou te bewys dat ek bevoeg is nie, so hou maar my naam af van dardie vername lys.

groete
bakoor
Goed, beter, 6millimeter!
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by johans »

Geno wrote:BAKOOR het aansoek gedoen, maar lyk nie lus vir tik nie.

Hoe moet ek met die man maak?
bakoor wrote:Eugene

Ek het jakkalsjag ondervinding vanaf 1960. Ek het my eerste luiperd gedood in 1961 maar het nie lus om 'n hele aansoek voor te berei om aan jou te bewys dat ek bevoeg is nie, so hou maar my naam af van dardie vername lys.

groete
bakoor
ken hom nie maar hy klink nie baie entusiasties nie
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by G-force »

Geno wrote:BAKOOR het aansoek gedoen, maar lyk nie lus vir tik nie.

Hoe moet ek met die man maak?
bakoor wrote:Eugene

Ek het jakkalsjag ondervinding vanaf 1960. Ek het my eerste luiperd gedood in 1961 maar het nie lus om 'n hele aansoek voor te berei om aan jou te bewys dat ek bevoeg is nie, so hou maar my naam af van dardie vername lys.

groete
bakoor
Nee maat hy wil nie hier wees nie.Hy kry n nee van my kant af.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Voorstelle vir lede

Post by theedge »

Baie dankie vir die geleentheid om n lid te wees van die groep.
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by 222 »

Skuus ek kom nou eers hier uit Dankie Geno
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Cobus(Cobb) »

theedge wrote:Baie dankie vir die geleentheid om n lid te wees van die groep.
Middag my kroon, waar was jy al die tyd??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by NicoSmit »

Dankie vir die toelating ek praat nie baie nie maar luister lekker
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Geno »

Manne,
Ek het nou ingelaat wie ek weet is jagters en so aan.

Julle gaan moet help met die volgende manne:

Kerneels
Ken hom nie

Smirre
Hy het al goed by ons gekoop. Ek glo hy is 'n jakkalsjagter.
Smirre wrote:More
Tnx het die aansoek gestuur

In Kort, ek jag (13jaar) op 35000 ha net suid van brandfort by sekere boere wat my vrye toegang tot hul plase gee.(ek is klaar mense probeer oortuig en gat te lek)
Hulle het ook almal manne wat ysters stel en ek skiet een of twee keer per jaar hier met die Chopper na gelang van die probleem.
Ek skiet gereeld op ander plekke jakkalse uit die Chopper

Meeste jakke op dag uit chopper 53 (Senekal)

Meeste in uur 23 (Brandfort)

Meeste in aand 8

Ek het al ver oor die 1000 jakke geskiet en om eerlik te wees hou ek nie meer boek nie.

Die enigste man op die Forum wat my ken is Jaco Stander (Jakkalsgat)

Prof HO de Waal ken my ook goed maar ek sien hy is nie meer op die Forum
Prof De Waal het my genooi na die laaste sitting van die PMF in Bloem, vir my insette as onpartydige Jakkals jagter....Neil Viljoen was ook daar sowel as Vrystaat Jag die RPO ( Lardus die voorsitter het my weer gekontak om vlg vergadering by te woon) en Gerhard Verdoorn saam met die wol en bokhaar manne

Hoop julle kan sien dat ek n Jakkals jagetr is

Andre

sPRINGHAAS
Ken hom nie

Tokka777
Dankie baie Geno ek het die request gestuur.

Weet net nie waar ek my storie moet stel nie.
Ek het 2008-2010 op n plaas gewerk in usa waar ek coyotes en racoons geskiet het vir ekstra sak geld.
Ons het Familie grond in die oos Vrystaat waar die jakkalse floreer en ek het daar begin skiet en die kennis van roep wat ek in usa op gedoen het toegepas. Ek het toe werk in Bloemfontein gekry en vordering Pta toe nou sit ek in die stad en my gat jeuk om te skiet so elke keer wat ek kans kry pak ek en my vrou die trokkie en ons sleep plaas toe om jakkies te roep. Ek skiet op my ma en op myvrou hulle se gronde nou jakkalse. Ek het egter gestop om op my vrou hul se grond te skiet want haar broer is n regte cowboy en maak dinge moeilik vir my. Van die boere in die omgewing het my gevra om by hul te kom skiet en so het ek toe n kurses gedoen en is huidiglik besig om al my gereedskap wat ek gebruik bietjie op te gradeer want ek wil heel profesioneel darm ook lyk as ek by mense skiet. En dit is hoekom ek graag die geslote jgroep wil join want ek weet ek kan daar baie baie julle groot manne leer en vrae vra en so dalk nuwe vriende maak hier in die stad. Ek ken nie iemand op die forum wat my kan nomineer nie so ek sal verstaan ook as jul my nie aanvaar nie. Dankie baie vir die kans wat jy my gee om aansoek te doen tot die groep ek wardeer dit regtig!

Lekker dag verder en laat die jakkalse val
Groete tokkie
Wessie
Wessie wrote:Hi Geno,
Ek verstaan heeltemal.
Ek is die sekretaris van Westgold Jagklub in Carletonville. Die voorsitter Kerneels Breytenbach (Ook 'n Jaracal lid) het my so twee jaar gelede aan Jakkalsjag bekend gestel. In die begin het ons maar gesukkel en nie presies geweet hoe om te roep en wat wanneer nie dus het ons so nou en dan een domme gekry. Toe ek die Jaracal forum raakloop was ek gereeld op om te soek vir tips en te leer.In Desember 2014 koop ek toe al drie Heinrich se roep CD's aan en dinge begin beter gaan. Ons het vanaf einde Desember tot die eerste week in Maart gemiddeld vier per aand geklop waarvan een aand nege (2 Groot reuns,twee groot tewe en vyf jonges - reg deur die nag gesit) was. Ons het ook in een middag voor die son sak met 'n dag roep die Reun, Teef en twee jonges uitgehaal. Die reun op 365m geklop) Ons telling staan so op 25 vir 2015.Ons skiet nie vir geld nie maar by boere (kennisse) in ons omgewing.Die boere praat onder mekaar oor ons sukses dus kry ons nou nog versoeke om te kom help met die lamvreters.
Ek sien ek kan nie vir jou fotos aanheg nie(weet nie hoe nie is maar tegnologies gestrem)
Laat weet maar as jy nog inligting soek
Groetnis
Wessie
Goed, beter, 6millimeter!
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by johans »

NicoSmit wrote:Dankie vir die toelating ek praat nie baie nie maar luister lekker
nico,nico,nico.jou neus gaan groei ;D
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Mac »

As smirre vir HO ken, behoort hy mos vir JB ook te ken, dan kan JB mos vir hom pa staan.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by NicoSmit »

Is MichielR al deel hierso?
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Geno »

Marc het aansoek gedoen.
Ek hou van sy mindset. Hy benader ongediertebeheer op die regte manier.
Ek stel voor hy kry toegang. Enigiemand wat sal sekondeer?
Marc wrote:Dagse

Ek het n aansluitings aanvraag gestuur maar besef ek sal waarskynlik nie die kerf haal nie

Ek jag een keer in twee tot drie maande selektief probleem diere waaras ek meerderheid jag maak op wild. So my probleemdier beheer kennis en vaardigheid is regtig minimaal. Ek is ook nie tiepe persoon wat sommer net n stoel en roeper gaan koop en blindelings gaan begin Vlekke slim maak nie. Ons skiet nog grotnedeels op die spot en stalk manier. Soos ek en jy nou die dag gepraat het het ek vir my n tweedehandse stoel opgespoor en sal binnekort n roeper aanskaf. Ek sal beslis nie begin diere roep voor ek nie n kursus bygewoon het nie.

Ek vind wel dat die beste manier om kennis op te bou is deur naby mense soos julle te beweeg en eerstehandse, beproefde inligting in te win. Aldus ek so dankbaar is teenoor jou dat jy my by julle Radio Jakkals groep ingesluit het. Dit is vir my tans die hoender wat die goue eier le, mens gaan nie n beter plek he om te luiste na en te leer van die grootste geeste in die bedryf nie. Van n karkas foto vrot van die leidrade to 'n video wat n dagroep uitbeeld. Daars nie n beter klas kamer nie

So vriende as julle my nie tot die geslote groep kan inlaat nie vestaan ek 100% waar dit vandaan kom en respekteur ek julle visie vir die groep voluit. Eersdaags kan ek hopelik ook n foto opsit van n rak vol vlekke dan sal my CV beter lyk.

Cobb en Hennie C is seker die manne wat my persoonlik die beste ken want hulle kom vanuit my area.

Mooi loop
Marc
Armand9 het ook aansoek gedoen. Hy en Danie01 wie reeds in is jag saam. Ek laat hom in.

Jakkie321 het aansoek gedoen.
Ek hou hom vir eers buite na 'n foon oproep wat ek vanaf 'n baie ervare jagter ontvang het.

Kalahari is ingelaat nadat James Wilson vir hom gevouch het.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by G-force »

Marc moet hier wees.Ek sekondeer hom.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Voorstelle vir lede

Post by James Wilson »

G-force wrote:Marc moet hier wees.Ek sekondeer hom.

Verseker!!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by Kalahari »

Baie dankie vir die toelating op hierdie deel van Jaracal, ek waardeer die vertroue.

My gevoel is man is nooit te oud om iets by te leer nie.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Voorstelle vir lede

Post by johans »

Kalahari wrote:Baie dankie vir die toelating op hierdie deel van Jaracal, ek waardeer die vertroue.

My gevoel is man is nooit te oud om iets by te leer nie.
Kalahari welkom.het julle ook n bool?
Post Reply