Hello Manne
Ek het so 50 van die bogenoemde gekoop en wil hulle uit probeer.
Skiet enige iemand die punte ?
Ek wil S355 gebruik met n CCI 250 magnum primer in n PMP dop, ek beoog om maximum 65 grein te laai en dan die punt te druk sodat ek kan krimp in die "canelure"
Kan enige iemand dalk n bietjie raad gee hier en net se of hulle al die punt ge skiet het ens ?
Dankie en groete
Dwight
375 H&H 350 grein claw ronde neus
-
Dwight375
- Sr. Member

- Posts: 465
- Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm
-
RugerBoy
- Full Member

- Posts: 151
- Joined: Tue Nov 11, 2014 5:09 pm
Re: 375 H&H 350 grein claw ronde neus
Hallo Dwight
Ek weet nie of jy al regekom het nie?
Ek het nog nie die Claw punte gebruik nie, maar wel die 350gr Woodleigh RN punte. Kan nie dink dat dit baie anders sal wees nie.
As ek reg onthou was my spoed met die Woodleighs so 2140 vps. Ek het die rontes net op BWB en paar rooiboke gebruik. Ek sal se dat op die groote wild, doen dit die selfde as my 300gr punte teen 2300vps net met meer terugskop.
Ek sal kyk wat my ladings is en terug kom na jou.
Groete,

Umshwati Boy
- Sr. Member

- Posts: 342
- Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am
Re: 375 H&H 350 grein claw ronde neus
Het die 380gr Rhino in my 375 H&H geskiet. Lading was 64.0gr S355. Geen teikens van Druk. Spoed was 2156fps Average. Start Load was 58.0gr en spoed was 1962fps.
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 375 H&H 350 grein claw ronde neus
Die 375 kan die' swaargewigte skiet. Vir buffeljag kan dit baie effektief aangewend word. Vir normale jag van vlakte en boswild is dit "overkill". Jou trajek is baie gerond en die plaak word van jou tande verwyder met elke skoot.
Met die' grootte kaliber is die 200-235 grein koeëls wenners, veral as jy bietjie verder moet skiet. Minder terugskop, mooi plat trajek teen 2750-2850vps en hy dood alles van eland en kleiner. Selfs buffel gaan nie gelukkig wees met 'n 235 TSX deur die longe nie. Monometaal koeëls kom hier tot hul reg met die minder vleisskade.
Ek gebruik 'n 24 duim loop. Met S355 = 65gr bereken QL 'n druk van 55K psi en spoed van 2300vps. Spoed sal heelwaarskynlik laer wees in werklikheid. S365 is miskien die beter keuse met 72gr wat ook by 55K is en spoed van 2400vps voorspel. Begin by 10% minder om sodoende veilig te wees en dit dui op 58gr S355 en 65gr S365 as beginladings.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Dwight375
- Sr. Member

- Posts: 465
- Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm
Re: 375 H&H 350 grein claw ronde neus
Danmie aan almal
Ek het S355 65 grein probeer met n CCI250 primer en ek het die punt "ge seat" dat hy net oor die helfte van die caneleure is en toe gekrimp.
Tot my verbasing het die claw 2260 fps gegee met nie erge tekens van druk nie maar die Rhino het steweige druk getoon teen n spoed van 2305 fps.
Albei print 1 duim op n 100m en die "recoil" van die rhino is aansienlik meer as die van die claw.
Ek het besluit om hulle maar oop viser te skiet in die 375, ek gaan by die claw 270 grein oop punt spitzer hou vir algemene jag in my 375.
Groete
Ek het S355 65 grein probeer met n CCI250 primer en ek het die punt "ge seat" dat hy net oor die helfte van die caneleure is en toe gekrimp.
Tot my verbasing het die claw 2260 fps gegee met nie erge tekens van druk nie maar die Rhino het steweige druk getoon teen n spoed van 2305 fps.
Albei print 1 duim op n 100m en die "recoil" van die rhino is aansienlik meer as die van die claw.
Ek het besluit om hulle maar oop viser te skiet in die 375, ek gaan by die claw 270 grein oop punt spitzer hou vir algemene jag in my 375.
Groete
-
RugerBoy
- Full Member

- Posts: 151
- Joined: Tue Nov 11, 2014 5:09 pm
Re: 375 H&H 350 grein claw ronde neus
Hallo Dwight
Ek het gaan kyk, my ladings was met die Woodleigh's 350gr was S335 en 63gr.

- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: 375 H&H 350 grein claw ronde neus
Dwight
Ek laai 64.5gr S335 (ja S335) agter n 350gr North Fork. Lading is dieselfde agter die SS CPS en FPS. Spoed is 2350vps en alle ontwerpe binne n paar vps van mekaar. Die lading skiet n barshou op die teiken (baie akkuraat) en die wild waarop ek dit al gebruik het van rooibok tot groot goed. Met n 100m zero is dit baie plat tot op 100m en ek het al tot op 150m met die lading geskiet. Terugskop is wel heelwat meer as die gewone 300gr ladings en vir die meeste doeleindes is n 350gr onnodig.
Die foto op my avatar is juis n 350gr wat herwin is.
My lading het geen opsigtelike druktekens getoon nie maar druk is mos nie altyd opmerkbaar nie. Jy moet maar versigtig wees en die gewone herlaaipraktyke toepas om seker te maak jou ladings is veilig. Onthou ook dat die North Forks se mikrogroewe en bande op die skag druk baie effektief verminder en dat jy dus nie dieselfde ervaring mag he met ander 350gr ontwerpe nie. Soos jy ook opmerk.
Lekker skiet met die 350s. Dit is mi die swaarste koeel wat gepas is vir die 375 H&H; veral im gewere met standaard groefdraai.