10/80
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
10/80
ek gebruik eerder die mooier naam voor julle my afgooi hier.wil gou my storie met julle deel.ekt gesukkel met n baie skelm stel wat by die 30skaap gevang het in 2mde se tyd.ons het baie daar gaan roep,hulle antw in die buurman se veld wat net met beeste boer en verder is dit 2 wildsplase.een aand het ek n skoot op een gekry maar ek dink dit was mis,of die 223 was te lig
so et die vangery aangegaan elke 2de aand.ekt toe van peter sneecluth se 10/80 pille bestel en net n paar uitgesit.die pille is opgetel maar met die 10/80 kry jy nie die dier naby le nie aangesien dit stadig op sy senustelsel begin inwerk sodat hy dit nie kan uitbraak nie.die vangery het egter aangehou.ekt toe al die lammers(30kg) weggevat en net die ooie daar gelos.toe begin hulle die ooie vang,jaag eenvoudig die ooi tot sy moeg is en begin haar lewend vreet.6 ooie later het ek besluit om by die ooie se slaapplek te gaan sit en niks roep nie,lig net elke 5min.1uur die oggend het hulle weer in die buurman se veld gsekree toe weet ek hulle is oppad.2uur toe skree hulle in die kamp wat ek sit,4,hulle maak n lyn en scan die kamp van die een hoek tot die ander.loop heeltyd en skree vir mekaar.toe die son opkom het ek opgepak,hulle nooit gesien nie.weet nie of hulle my dalk geruik het nie.volgende aand het ek weer deur die nag gesit maar niks gesien of gehoor nie.ek laat kom toe die chopper en r6200 later het hy nie eers n jak gesien nie,oral gevlieg waar hulle antw as ek roep.ekt toe ysters gestel maar met die kort kort buitjies reen wou dit ook nie werk.laaste uitweg het ek van die "cat eyes" padligte met die sonpaneeltjie by die skaap se slaaplek gesit.n week toe is hulle gesteel.(dis naby die dorp).weer ligte gaan koop en by die slaappplek gesit,en toe weer 10/80 rondom die kamp gesit by alle voetpaaie.nou ja dis net bietjie meer as 2weke en dis doodstil.ek wil egter nie te gou praat nie.ek weet nie hoe peter die 10/80 gewettig gekry het nie,maar hy adverteer en pos dit vir jou so ek glo dis wettig.hoop nie hulle maak hom toe nie want hyt n wenner produk.jammer as die storie lank is maar miskien kan dit iemand help wat in dieselfde knyp is as wat ek was
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: 10/80
Johans ek gebruik so nou en dan v die 1080 as dinge te rof gaan. Werk met hom Soos ek met my slagysters Werk in die opsig dat ek dit elke dag na gaan tot dit weg is.Plaas dit in n gat en sit n lekker plat miskoek v bees bo-op.Het ook al sukses gehad met gifhalsband wat ook 1080 bevat.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 10/80
ek sal seker nooit gigf heel weg gooi.
maar, hoekom sit jy dit op die grond?
muishonde, bakore, veitelik enige iets tel diit op, lank voor die jakakals daar was.
ek niks teen gif nie, net die regte gebruik daarvan.
my buurman gooi ook so die goged, en dan het hy niks jakkalse nie. week later huil hy weer.
sy gif raak weg, maar nie die jakkkalse nie.
wat is die regte mannier?
aan boosse?
drade, hoog genoeg?

HOU HOM DAAI DIKTE
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: 10/80
Ek is nie lief vir die gebruik daar van nie.Beste plek is hoog op n bossie. Het al baie sukses gehad met plasing onder n miskoek,hou hom darem bietjie uit son uit.Plaas ook net uit waar spore wys jakkals draf op gereelde basis die voetpaadjie.
Last edited by pieter h on Mon Mar 16, 2015 9:47 am, edited 1 time in total.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 10/80
maar, hoe weet jy jajkkals vaat hom, en die muishondpieter h wrote:Ek is nie lief vir die gebruik daar van nie.Beste plek is hoog op n bossie. Het al baie sukses gehad met plasing onder n miskoek,hou hom darem bietjie uit son uit.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: 10/80
enigste rede hoekom ek hom op die grond sit is dat die son hom nie heeldag brand nie want dan is sy effektiwiteit van baie korte duur.ek kan ook nie elke dag al die pille om ry nie om te kyk nie.so ek sit hom aan die suidekant onder n bossie dat die son hom so min as moontlik bykom.jammer vir die muishond of 2,hiers hordes.ek moet jammer wees vir my skaap ookcassie_calvinia wrote:ek sal seker nooit gigf heel weg gooi.
maar, hoekom sit jy dit op die grond?
muishonde, bakore, veitelik enige iets tel diit op, lank voor die jakakals daar was.
ek niks teen gif nie, net die regte gebruik daarvan.
my buurman gooi ook so die goged, en dan het hy niks jakkalse nie. week later huil hy weer.
sy gif raak weg, maar nie die jakkkalse nie.
wat is die regte mannier?
aan boosse?
drade, hoog genoeg?
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 10/80
maar sy efektiewietyd is net so min in muishond se pens.
ek worry nie oor daai goed nie, moenie verkeerd verstaan, maar, jy se self, daar is hordes van die goed. hul vat daai gif baie gou weg.
ek worry nie oor daai goed nie, moenie verkeerd verstaan, maar, jy se self, daar is hordes van die goed. hul vat daai gif baie gou weg.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: 10/80
is so.hier is duisende kraaie so ek weet nie of dit ggan werk om dit aan die drade te hang nie,ou kraai het mos maar n skerp oogcassie_calvinia wrote:maar sy efektiewietyd is net so min in muishond se pens.
ek worry nie oor daai goed nie, moenie verkeerd verstaan, maar, jy se self, daar is hordes van die goed. hul vat daai gif baie gou weg.
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: 10/80
Dawie
Jy's doodreg-anders sou daai fabriek lankal toegemaak het! Is deel van my program om hulle in toom te hou,al nadeel is soos julle hierbo sê--muishonde ens. en die feit dat jy die dooie jakke nie kry nie.
Dis baie lekker om hulle te sien hang ma onmoontlik om almal so te kry,so 10/80 het sy plek by my--da wa hulle spore is en veral wa hy water drink.Gooi 1 keer per jaar chopper by en sit grondhonde in en jy het 'n goeie speenpersentasie! As jy die aand geroep het en da was niks of jy het hulle gehoor ma nooit gekry of gesien--los ma so 1of 2 da--hy kom wel later kyk as jy weg is.
Henry

- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: 10/80
Kyk nou 'n program op tv waar die Ausies sukkel met ferral pigs .Hulle gebruik 'n vliegtuig om vleis wat met 1080 ingespuit is te versprei daardie manne het groot suksesse met die gif maar hulle is baie versigtig met die hantering van die behandelde vleis
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas