GESLAG VAN DIE JAKKALS

Post Reply
GERHARD 3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 14, 2014 3:11 pm

GESLAG VAN DIE JAKKALS

Post by GERHARD 3 »

Middag mense. Ek het Vrydagaand Saterdagoggend tot so 4 uur gejag. Ek het oor drie groot kampe probleemdier beheer toegepas. Ek skat seker so 600ha na 700ha wat ek gedek het. Ek het vyf groot rooi jakkalse plat getrek. 3 van binne die plaas en 2 uit die buurman se grond. Van die 3 binne die plaas was 2 in dieselfde gebied. So 500m uitmekaar uit. Die ouderdomme was vanaf 2 jaar na hoogstens 4 as ek kyk na die mamelons van die tande se slytasie van 4 en een defnitief laasjaar se jak wat al mooi gewissel het en die tande is nog met mooi kurwes en geen slytasie van die mamelons nie. Dit gese, almal was reuns. Hulle het op prooi gereageer asook jakkals alleen en vlekkie 3a en black back jackol en black back enkel. Dis nou vokaal en natuurlik ingestorm gekom. My groot vraag is waar is die tewe. Ek hoor net een jak wat my antwoord en as hy ingekom het en ek het hom geskiet is dit 'n reun. Ek hang nog 'n halfuur tot 1uur daar rond maar hoor en sien niks en as ek skuif kom ek weer op 'n reun af. Hoekom net reuns nou en geen tewe nie. Verstaan ek die gedrag van die Jakkals nog sleg?
Groete
Gerhard
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: GESLAG VAN DIE JAKKALS

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het weer Vry aand 5 tewe en net 2 reuns gestamp, almal Aug 2013 se kinners...(as ek so na die mamelons kyk)
Myne het op Mooihuil gereageer en op PALJAS 1(let op die hoofletters vir die lekker klank) ingekom
Een stel was n teelpaar uit 'n bekende kernarea, ander reun was 'n agtergeblewene uit 'n ander bekende kernarea, van 2 weke terug...
Ander 4 tewe was maar uit ander rigtings uitgekom, gebied is seker so 400ha

Om jou vraag te antwoord....jou tewe is hier by my ;D ;D
Neewat, soos hulle sê, vlekkie stel nooit teleur nie.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: GESLAG VAN DIE JAKKALS

Post by cassie_calvinia »

iets wat ek geleer het met die ouderdom skatting.
aug se kleintjies, en 18 maande jonges se tande lek nou baie dieselfde.
kyk in sy lieste. as hy tekens van swart hare het, is die laasjaar sin.
as hul spietwit is, is dit 2013 sin
HOU HOM DAAI DIKTE
Jan-Hendrik
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am

Re: GESLAG VAN DIE JAKKALS

Post by Jan-Hendrik »

Interesante post die....veral van die kleur.Sal egter daarvan hou om te weet waar jou tewe is gerhard
JAN-HENDRIK
Post Reply