Haaie in Oranje.

Enige groot of klein visvang storie vanuit die groot blou dam hier.
Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Haaie in Oranje.

Post by BLOK »

Hierdie artikel in vandag se Republikein gekry.

Blok.

Water bring glo haaie na Oranje

'n Skets van 'n bulhaai. TWEE haaie is di? week sowat 300 km stroomop in die Oranjerivier teenoor die plaas Haakiesdoorn opgemerk. Hoewel die plaasbestuurder, mnr. Riaan Fokkens, en sy werkers taamlik seker is dat dit wel haaie was, klink dit so ongelooflik dat hulle self nie meer te seker daaroor is nie.

Haakiedoorn (plaas nr. 197) is op die noordgrens van die Oranjerivier regoor Goodhouse in Suid-Afrika en is soos die kraai vlieg sowat 180 km van Alexanderbaai af. Rivierlangs is dit maklik 300 km van die see af. Mnr. Fokkens kon die visse nie beslis as haaie identifiseer nie en sy fotonemery was ook nie goed genoeg om sy ervaring te bewys nie.

Die werkers saam met hom op ?n motorboot is egter daar om sy storie te staaf. Hy het gister van sy ongelooflike ervaring vertel en ges? die twee visse was te vinnig om behoorlik in die lens te kry en dat hy seker is dit was nie net oorgroot babers nie.

Hulle is vinnig soos blits en duik onder die water in as hy naby hulle kom. Uit Swakopmund is die moontlikheid deur dr. Hannes Holtzhausen, senior navorser by die Seevisserye Instituut, as ?onmoontlik? afgemaak. Hy wou egter die fotobewyse bestudeer om die vae moontlikhede te kan ondersoek.

Die Oranjerivier is die afgelope dae na ongehoorde vlakke opgestoot en op die plaas Haakiesdoorn, waar die Fokkense die teuels vashou, het paaie onbegaanbaar geword en moet selfs van die motorboot gebruik gemaak word om plekke te bereik.

Woensdag, tydens so ?n inspeksie, is op die twee ?haaie? afgekom. Naleeswerk het getoon dat bulhaaie waarskynlik van die enigste haaisoorte is wat so diep binnelands sal gaan wei. Hulle kom egter in warmer seetoestande voor en is al in riviere by Angola aan die westekant van Afrika opgemerk of mag in die warmer water van Noord-Natal aan die Suid-Afrikaanse kus by riviermonde inswem. Hulle word as aggressief beskou en is al sover as 3 000 kilometer stroomop in riviere opgemerk.

Selfs tydens die huidige oorstromings in Australi? is bulhaaie na bewering in die oorstroomde strate van Brisbane gesien. Die haaispesies aan die Namibiese kus is onwaarskynlike besoekers, s? dr. Holzhausen, wat glo die verskynsel was nie wat mnr. Fokkens berig het nie. Die kanse is eerder dat hy iets anders gesien het.

Dit kan amper ook nie oorvrete babers van stroomop wees nie, want enigiets wat oor die Augrabies watervalle kom, behoort redelikerwys vrek te wees, meen hy. Haakiesdoorn is die standplaas van waar Namibi? ?n w?reldbestemming vir filmmakers moet word soos voorgestel deur die bemarkers van die Desert Starontwikkeling.

Die eerste bemarkingsgeleentheid van Desert Star South is laat verlede jaar in Windhoek gehou, toe geld vir die Oewena Trust van die Presidentsvrou ingesamel is. Hiermee is afgeskop met die ontwikkeling van ?n oord sonder gelyke in die verre suide van Namibi?.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 541
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Haaie in Oranje.

Post by PRIVATE RYAN »

Solank Mnr Fokkens seker is,
glo ek hom.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Haaie in Oranje.

Post by Stefan764 »

OPPAS  :o :o :o

Die goete swem VER stroom-op in riviere!!

Kyk hier: http://en.wikipedia.org/wiki/Bull_shark

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
300Winmag

Re: Haaie in Oranje.

Post by 300Winmag »

:o Hulle het dan die beker uit Pta gesteel!!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Haaie in Oranje.

Post by Stefan764 »

300WM Haha!! Ja seker dan maar!

Ek wonder hoe smaak so 6-8hg Bullshark op n Bass-stok??
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Haaie in Oranje.

Post by BLOK »

300WM

Goeie een ;D ;D ;D, en dis nie n Fokkens storie nie.

Stefan moet ons nie daai visvang wed verskuif na die benede oranje nie, dan kn die papgooiers baber en carp vang en die bass manne bullshark en geelvis. ;D ;D ;D

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 541
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Haaie in Oranje.

Post by PRIVATE RYAN »

Jis, ek slide sommer 'n live
geelvis daar!
300Winmag

Re: Haaie in Oranje.

Post by 300Winmag »

Stefan764 wrote: Ek wonder hoe smaak so 6-8hg Bullshark op n Bass-stok??
As jy nie fotos neem nie gaan min manne jou glo!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Haaie in Oranje.

Post by Gerhard »

Zambezi haai kom ook diep in Mozambiek se reviere voor.

So jy kan kies as jy daar wil gaan swem.

Zambi of plathond...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Haaie in Oranje.

Post by theedge »

gaan nie worry om sy storie te staaf nie ek glo hom
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Haaie in Oranje.

Post by Geno »

PRIVATE RYAN wrote: Jis, ek slide sommer 'n live
geelvis daar!
Arme geles      :'(
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 541
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Haaie in Oranje.

Post by PRIVATE RYAN »

Imagine die oewerbroeders se
gesigte as jy so 8oz grapnel
en staal uithaal  :o
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Haaie in Oranje.

Post by Stefan764 »

PR

Nou begin jy met n ding!! Ek stoot sommer Oranjerivier toe die naweek!! Geno, hoe lyk jou dinge?

Sal dalk net aner lyn moet opsit... As dai man se die goete is groter as groot babers dan staan die biesigheid maklik hier na 25, dalk 30kg toe... My arme bass-stok...

;D ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Haaie in Oranje.

Post by BLOK »

Stefan

Ek wonder moet ons daai visvang kompetiesie nie verander in n arm man se St. Orange nie. ;D ;D ;D

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Haaie in Oranje.

Post by Louis102 »

BLOK wrote: ... in n arm man se St. Orange nie ...
Het 'n idee St. Oranje mag jou dalk duurder as St. Nowhere kos - maak die som mooi!  :laugh:
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply