musgrave. 308 mod 80 Waarde

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
Chop
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:27 pm

musgrave. 308 mod 80 Waarde

Post by Chop »

Dagsê almal.

'n Vriend van my het 'n Musgrave 308 mod 80. Op die geweer is ook "Senwes" graveer. Wat is die geskatte waarde van die betrokke geweer?

Byvoorbaat dankie vir jul insette.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: musgrave. 308 mod 80 Waarde

Post by Hein M. »

Hang natuurlik alles af van die toestand van die geweer asook die ekstras wat saam met die geweer gaan.

'n Puik opgepasde tradisionele Musgrave is enge iets tussen R8000 en R10000 werd. Ek praat nou van die kleiner tot medium kalibers.

Ek het my feitlik nuwe toestand, SB Musgrave (1976-model) in 243Win, vir R8500 verkoop twee jaar gelede. Kon baie meer gekry het. Is natuurlik nou baie spyt ::)
Chop
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:27 pm

Re: musgrave. 308 mod 80 Waarde

Post by Chop »

Baie dankie. Sukkel om fotos te plaas. Maar die geweer is in baie mooi kondisie.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: musgrave. 308 mod 80 Waarde

Post by Hein M. »

Die beskikbaarheid van splinternuwe Remingtons, Marlins, Howas, ens. vir onder R10000 het 'n groot invloed op tweedehandse geweerpryse. Ouens is bereid om vir 'n tweedehandse Sako meer te betaal, maar dit is die uitsondering. Sekere Musgraves, soos die President, Vrystaat, RSA, ens. modelle is wel meer werd op die tweedehandse mark.
Post Reply