9.3x62

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

9.3x62

Post by Speelmansjagter »

Naand manne

My 9.3 is aan die bou en weet dit is nog 'n ver pad voordat ek hom in my hande het, maar ek het solank doppe en goed bymekaar begin maak.
Toe wonder ek sommer watter punte ek gaan gebruik, want wil solank begin bymekaar maak.
Ek gaan seker nooit iets groter as 'n eland skiet nie en wonder of ek 250gr moet gaan of die meer tradisionele 286gr.
Meeste jagtogte sal maar in die oos-kaapse bosveld plaasvind so ek wil nie skote tot op so 150-180 meter heeltemal uitsluit nie.
Dan gebruik 'n ou nou fmj, of loodpunt punte?

Ek hoor graag.

Jaco
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: 9.3x62

Post by NEGE3 »

Jaco ek gebruik nog al die jare 286gr PMP ProAmm's en het nog net sukses gehad. Ek laai ook self en hou die spoed maar altyd laag want hy word hoofsaaklik vir bos toestande gebruik. Spoed is gewoonlik nooit meer as 2250 vt/sek nie. Ek zero ook gewoonlik op 130 meter wat die skote tot 200 meter maklik maak.
Sterkte met 'n puik bos kaliber.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: 9.3x62

Post by Speelmansjagter »

:) Dankie oom. Sal in ag neem.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: 9.3x62

Post by Speelmansjagter »

En Oom Koos.
Watter scope sit op Oom se nege3???
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3x62

Post by Flip Nel »

speelmansjagter wrote:Naand manne

My 9.3 is aan die bou en weet dit is nog 'n ver pad voordat ek hom in my hande het, maar ek het solank doppe en goed bymekaar begin maak.
Toe wonder ek sommer watter punte ek gaan gebruik, want wil solank begin bymekaar maak.
Ek gaan seker nooit iets groter as 'n eland skiet nie en wonder of ek 250gr moet gaan of die meer tradisionele 286gr.
Meeste jagtogte sal maar in die oos-kaapse bosveld plaasvind so ek wil nie skote tot op so 150-180 meter heeltemal uitsluit nie.
Dan gebruik 'n ou nou fmj, of loodpunt punte?

Ek hoor graag.

Jaco
Jaco

Jag al van 1994 af met 'n 9.3 x 62, daai tyd was daar nie PMP nie en ook nie koeels soos nosler nie, ek het begin jag met RWS T mantel koeels, hulle het noggal baie vleis skade gedoen en is maar sag, later met Norma 232 Vulcan geskiet, hulle werk noggal goed maar het een gekry wat op been opgebreek het, nadat PMP begin koeels maak het het ek oorgeslaan nie PMP toe, goeie resultate gekry, ek sal net versigtig wees om 'n Eland bul laag op die blad te skiet waar die groot bene sit, verder werk hy goed. Het op 'n tyd met Sako 250 gr ou Barnes X geskiet, baie goed gewerk, kon nooit koeel herwin nie alles skiet dwarsdeur, later het OPM vir my 286gr Barnes X en 258 gr H -mantels gelaai, altwee het goed gewerk. Het op 'n tydstip Highland gebruik, okay gewerk maar bietjie stadig in my geweer gemeet teen 2100 fps. Laaste 2 jaar het ek 286 gr Pro-ams gelaai en weer goeie resultate gekry. Hierdie jaar wil ek weer Pro_ams laai en ook 'n lading gebruik met die 286 gr Barnes X wat ek teen 'n winskoopie gekry het. Op die oomblik gebruik ek 'n Zeis 3 - 9 x 40 vergroting en is baie happy met hom, voor dit het ek 'n leupold gebruik in die selfde vergroting en was ook happy daarmee. Jy gaan hom geniet
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: 9.3x62

Post by Speelmansjagter »

Dankie Flip. Dit help baie.
Kan nie wag vir daai roer nie.
Hoop ek kan ook eendag vir iemand raad gee na jare se ondervinding met daai yster.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
Skier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am

Re: 9.3x62

Post by Skier »

Jaco,

Self jag ek al van 2005 met die 9.3x62. Ek het twee, wat eintlik minder subtiel bevestig wat my gevoel oor die kaliber is.
My ondervinding is dat mens goed wegkom met die 286gr koeels vir die bos en ook vir langer skote tot 200 meter, derhalwe kon ek nooit die waarde van 250gr koeels in my boek regverdig nie. Ek het 2 jaar gelede die 9.3 saam geneem op 'n gemsbokjag in Namibie en die roer het 3 gemsbokke sonder moeite geklop - almal rondom 180-200 meter. Ken jou bok se anatomie, koeeltrajek en skat jou afstande akkuraat en jy sal nie 'n fout maak nie.

Ek laai slegs Woodleigh PP 286gr koeels, om verskeie redes. Die kombinasie @ 2360 fps het nog altyd koedoes en elande in die bos hard geklop, soveel so dat mens onwillekeurig ekstra gemoedsrus kry wanneer die roer saamgaan veld toe. Ek het 2 jaar gelede met die kombinasie 2 elande binne sekondes op sowat 30 meter geskiet en 'n koedoebul op 40 meter - penetrasie was uitstekend. Jy kan nie verkeerd gaan met meeste koeels nie, omdat die spoed so matig is. PMP se Pro-Amm werk ook uitstekend vir die meeste aplikasies volgens my ondervinding.

Wat teleskope betref - ek het eers 'n Leupold VX3 1.5-5x20 op die roer gehad, maar jag nou met 'n Swarovski Z3 3-9x36. Die teleskoop gee mens bietjie meer veelsydigheid in die jagveld, veral wanneer ietwat langer skote geneem moet word en wanneer die son sy laaste strale strooi, dan is hy goudwerd. My ander 9.3 is sonder teleskoop, uitsluitlik vir grootgoed nader as 100 meter.

Jy gaan hom geniet!

Wederom,
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3x62

Post by DWB »

Baie geluk met 'n goeie besluit!

Jy gaan hom baie geniet!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: 9.3x62

Post by Speelmansjagter »

Kan nie wag nie hoor. Dink ek gaan maar by die tradisionele 286gr bly. Dink ek sal nie spyt wees nie.
Ek het eintlik al klaar vir my 'n scope vir hierdie yster. 'n schmidt & bender 6 x 42. Ek weet party ouens dink dit is effens groot, maar ek het 'n 6 x 42 op my 30-06 en ek dink dit is die regte scope vir die areas waarin ek jag. So moet elke ou mos maar sy besluit maak.
Dit is egter maar altyd lekker en interesant om te lees wat die ander manne se setup is, en net bietjie te gesels.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 9.3x62

Post by Apie »

Ekhet self al klomp verskillende punte gebruik en almal het goed presteer.
Ek is baie lief virdie 235gr Spartans, jou trajek is dan byna soos n 30-06 met 180gr fabrieks ammo

Geniet hom!
Hoenderhokkie
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Fri Jan 30, 2015 4:36 pm

Re: 9.3x62

Post by Hoenderhokkie »

Ek jag ook al vanaf 1996 met my 9.3 en het met dieselfde vraag as jy gesit. Ek het met so 'n pakkie of twee 270gr Speer punte begin en dit slegs op varke, rooibokke en 1 zebra gebruik. Wou toe oorskakel na die tradisionele 286gr, maar kry toe 'n pakkie 250gr Rhino persent en het toe nooit teruggekyk nie. Ek is baie gelukkig met die 250gr en gebruik deesdae hoofsaaklik Claw punte. Ek kon nog nie 1 Rhino punt vanuit enige bok herwin nie, hulle penetreer ten volle vanuit enige hoek. Ek het ook nog 'n pakkie Nosler Accubonds, maar het dit nog nie op wild gebruik nie. Wat jy ook al op besluit, jy sy sal nie spyt wees nie. Ek het al die jare 'n Leupold 2-7 op gehad en so 2 jaar terug dit vervang met 'n Swarovski Z3 3-10x42.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9.3x62

Post by Hilux01 »

Daai bly maar n top klas kaliber
Ek het begin met PMP en Claw maar kon beste groepe kry met Norma Oryx 285gr - hulle werk soos n droom en is anders as die Vulcan n bonded bullet
Ek sien jy kry hulle ook in 232gr sal dalk eendag probeer kyk of hulle mooi loop saam met my gun ook
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
dsmerrills
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm

Re: 9.3x62

Post by dsmerrills »

Hilux01 wrote:Daai bly maar n top klas kaliber
Ek het begin met PMP en Claw maar kon beste groepe kry met Norma Oryx 285gr - hulle werk soos n droom en is anders as die Vulcan n bonded bullet
Ek sien jy kry hulle ook in 232gr sal dalk eendag probeer kyk of hulle mooi loop saam met my gun ook
Hilux, who stocks Norma Oryx
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9.3x62

Post by Hilux01 »

dsmerrils

You have a PM
User avatar
dsmerrills
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm

Re: 9.3x62

Post by dsmerrills »

Replied thanks boet
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
Post Reply