130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
- KD Truter - MalHaas
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Mon Feb 09, 2015 1:30 pm
130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Naand mede jag en herlaai manne en dames
Ek het die naweek weer die geleentheid om bietjie op die skiet baan te kom.
Ek het 130gr impalas gelaai met 69.0gr S365 soos wat hulle laai data se. Die spoed wat ek gekry het was so 3350ft/s en n grouping van 15mm op 100m
Wat sal julle voorstel kan ek die outjies voor gebruik?
Dan het ek 150gr impalas gelaai met 69.5gr S365 hulle laai data stel voor 70gr beter grouping van 13mm gekry teen 3220ft/s
Wat sal julle voorstel kkan ek met die 150gr doen?
Hoor graag
Dankie by voorbaat!

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Skiet bokke en papier daarmee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Gebruik hulle op baan en in veld maar hou by bladskote.
- Ron Swanson
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Aug 11, 2014 6:09 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
+1 sekondeer.tripodmvr wrote:Skiet bokke en papier daarmee.
"I'm not superstitious...but I am a little stitious."
- KD Truter - MalHaas
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Mon Feb 09, 2015 1:30 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Sal hoë nek en kop skoot ook werk of bladskote maar die beste?Frederik wrote:Gebruik hulle op baan en in veld maar hou by bladskote.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Truter, as jy die nek of brein gaan mis is dit maar net so goed jy het met 'n solid geskiet. Die koeels is gemaak om sagte organe soos hart, long en lewer te beskadig met baie min vleis skade. Gebruik die koeels waarvoor hulle ontwerp is.
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Ek neem aan jy vra oor nek- en kopskote a.g.v. die moontlikheid van skade met die hoe spoed van die Impala - moenie, soos Frederik noem , gebruik soos voorgestel. Heelwat diere laat val met my 300 en Impala koeels - vleisskade met agter die blad skote is regtig minimaal. Maak net seker van hulle gedrag rondom akkuraatheid op langer afstande soos 250-300m.
MOSSIE
MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- KD Truter - MalHaas
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Mon Feb 09, 2015 1:30 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Hi Mossie dankie vir die raad. Ek wil net hoor het jy al been getref met hulle en wat het hulle gemaak? Ek wil hulle gebruik vir bladskote op daai afstand soos jy se 250m-300m.
KD
KD
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Vluit deur die bokke en baie van die tyd sien jy stuk long wat vassit en uitsteek by die uitgangswond.
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Waar wat Frederik se- hulle fluit deur bokke, onthou om te kyk wat agter die teikendier aangaan. Beenfragmente sal met enige koeel sekondere skade maak, maar daar is selfs, ten spyte van die hoe snelhede van Impalas, n beduidende afname in daai swart jelliegemors van konvensionele koeels. Onthou geen koeel is "magic" nie - jy moet seker maak dat jy n goeie hart-longskoot skiet. By my (let wel by my) het ek n baie goeie groepering gekry met 69gr S 365, maar dit het oopgemaak op 200 en 300 meter en toe ek opgaan na 70.5 gr meer drasties toegemaak op die langer afstande met n gepaardgaande verswakking (gering) in die groepering op 100m. Ek wil voorstel dat jy net kyk na die akkuraatheid op 200 -300 m en sou dit nodig wees, dan kyk na geringe veranderings. Die terminale verrigting van die 130 en 150 gr is in my opinie regtig identies met die 130 gr n kortkop voor m.b.t. trajek. Wees gerus die koeels penetreer genoegsaam om die nodige organe te bereik en is regtig bekostigbaar en beskikbaar genoeg om te eksperimenteer totdat jy jou geweer se beste kombinasie vind.
AS DIE 300 PRAAT DAN LUISTER DIE BOKKE!!
mossie
AS DIE 300 PRAAT DAN LUISTER DIE BOKKE!!
mossie
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- KD Truter - MalHaas
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Mon Feb 09, 2015 1:30 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Dankie baie Mossie
Ek hou baie van die Impalas ek wil net van jou hoor. Beskadig die brass punte - Impalas jou loop meer as gewone Koper en lood punte?
Ek sekondeer daai stelling van jou!!! 300 maak baie dinge stil.
Ek hou baie van die Impalas ek wil net van jou hoor. Beskadig die brass punte - Impalas jou loop meer as gewone Koper en lood punte?
Ek sekondeer daai stelling van jou!!! 300 maak baie dinge stil.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Ek gebruik net 130 grein Impala's in my .300 WM vir jag. Hulle werk baie goed maar ek het wel oorgegaan na S385 weens dopvulling. Die 365 gee nie genoeg dopvulling nie. Nou kry ek 3350 fps en skiet net blad skote. Ek kan nie 'n rede sien om 150 grein te skeit nie.
Soos gese moet jy wel daai punte toets op die 200 tot 300 meter merk.
Soos gese moet jy wel daai punte toets op die 200 tot 300 meter merk.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- KD Truter - MalHaas
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Mon Feb 09, 2015 1:30 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Hi Boesman
Thanks vir die info ek kry 3300-3350ft/s met S365 so ek is happy met dit op 100m sal gaan sien wat maak hy wel op 200m plus.
Groete
Kd

Hi Boesman & Mossie
Het julle al gelaai met gewone large rifle primers op die 300 met impalas? Ek het myne gelaai met Magnum Primers gelaai en goeie resultate gekry. Wat sal die effek wees met geweone primers.
Groete
KD
Het julle al gelaai met gewone large rifle primers op die 300 met impalas? Ek het myne gelaai met Magnum Primers gelaai en goeie resultate gekry. Wat sal die effek wees met geweone primers.
Groete
KD
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Die 300 is wat slagdoppies aanbetref nogal vreemd - baie sal dink dat die magnum noodwendig n magnum slagdoppie soek, maar ek weet van n paar wat n standaard slagdop verkies. Persoonlik dink ek die kleiner volumes S365 vaar beter met standaard slagdoppe en die groter volumes (73 grein en meer) S385 dalk weer beter met n magnum slagdop. Net so uniek n geweer se voorkeure vir ladings en koeels, dalk net so met slagdoppe
MOSSIE
MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- KD Truter - MalHaas
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Mon Feb 09, 2015 1:30 pm
Re: 130gr en 150gr Impalas in die 300 win mag
Thanks Mossie