Armgat jagter se bakkie

jakkalspietersielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm

Armgat jagter se bakkie

Post by jakkalspietersielie »

Goeie dag manne.
Ek kom wys sommer maar net die begin van die werk wat ek al aan my bakkie begin doen het en wat ek nog beplan.
Ek weet ek gaan seker baie kretiek kry oor van my idees. Maar net oor daar nou al n paar mense vir my gese het die bakkie sal nie werk nie sal ek nou almal verkeerd bewys.

Hier is hoe die bakkie gelyk het toe ek hom gekoop het
NP200 Before.jpg
En die huidige vordering
NP200 after.jpg
Ek beplan nou nog die volgend
Cattle rails
Suspension lift
All terrain tyres
LED Light bar op die bull bar
Roof rack
LED light bar wat skyn trug in die bak

Enige komentaar en raad is welkom. Sal graag wil hoor wat mede lede dink
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by Hein M. »

Hy het 'n Peogot engin in... Baie cool.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by Williel »

As ek kyk wat die taxies in hul carollas laai sal jy kan jag ook. Jy moet net hier oor die 1ste Kalahari duin kom om by die springbokke uit te kom. Dink die jagdag sal lank raak.
Groete, Willie
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by joe rocket »

Staal rims vir die tyres en n seil kappie vir die rails en n swing arm vir die spaar wiel en high lift jack punte. O ja en furr op die dash ;D
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by henning »

Se vir ons jou denk wyse agter die veranderings of wat jy wil bereik.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by Baasvark »

Bakkie lyk goed! Nie noodwendig my smaak nie maar ek waardeer 'n ander man sr ywerigheid!
Jy moet net onthou dat daai bakkies nie gebou is vir swaar vragte nie. Alles wat jy bysit is gewig....
Sy body is ook sy chassis so jy sal mooi moet kyk as jy homm bietjie gaan laai.
Jy sal dalk ook na nie suspension moet kyk en kyk of jy kan opgradeer...
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by G-force »

Wys asb die foto waar die eland bul bo op die bakkie gelaai is,sal goeie advertensie maak[FACE WITH STUCK-OUT TONGUE AND WINKING EYE].
Hou ons op hoogte soos jy aangaan.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by ruaanb »

1ste April is reeds verby....
jakkalspietersielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by jakkalspietersielie »

henning wrote:Se vir ons jou denk wyse agter die veranderings of wat jy wil bereik.

Groete
Henning
Dit gaan maar als oor iemand my verneuder het oor ek net die bakkie kon bekostig drie jaar trug toe ek hom vir myself in matriek gekoop het. As iemand vir my se ek sal iets nie reg kry nie sal ek als in my vermoe uit rug om hulle verkeerd te bewys. En bo op is dit n uitdaging.
jakkalspietersielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by jakkalspietersielie »

Baasvark wrote:Bakkie lyk goed! Nie noodwendig my smaak nie maar ek waardeer 'n ander man sr ywerigheid!
Jy moet net onthou dat daai bakkies nie gebou is vir swaar vragte nie. Alles wat jy bysit is gewig....
Sy body is ook sy chassis so jy sal mooi moet kyk as jy homm bietjie gaan laai.
Jy sal dalk ook na nie suspension moet kyk en kyk of jy kan opgradeer...
Deel van my goeie motivering wat ek nou het is dat ek vir n maatskapy werk wat trok bakke en sleepwa's bou.
Dit beteken in my kop en amper altyd in realityd dat enige iets moontlik is en ek die regte mense tot my beskukking het vir hulp en advies.
Die bakkie se onderstel/body is al opgegradeer en versterk.
Ek laat spesiaal coils draai vir die bakkie en sit dan heavy duty shocks in.

Die eienaar heek al baie lank om n custom 4x4 afdeling te begin nadat hy nou al n paar keer goed op sy jeep laat sit het en dan kort daar na besluit dat hy die wil verbeter en dan net sy eie bou.
So as als goed afloop en lyk soos dit moet sal my voertuig as n dvertensie middel gebruik kan word
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by Baasvark »

Sterkte!
Moet jou nie te veel steur aan wat ander se nie!
Hou ins op hoogte sodat ons kan sien hoe draai hy uit!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by Sangoma (IAN) »

Sal daai body hier op pas?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
jakkalspietersielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by jakkalspietersielie »

Sangoma (IAN) wrote:Sal daai body hier op pas?
Ian hy mag dalk net, en as hy nie doen nie ons pannel beater doen baie goeie werk en kan hom korter of langer maar as dit nodig is
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by Hein M. »

Niks fout met die bakkie nie

Meeste mense ry met die bank se voertuie ;)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by PWV »

Nog foto's!
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by junglejulian »

Ek het self 1 van daai bakkies en moet se hy kan wragtig vrag vat.hy kan 800kg dra en nie 500kg soos die corsa nie.swaar gelaai met n waentjie is my verbruik nogsteeds 9,5km/l.dit kreun net teen n opdraend maar hy kom daar.het self al n paar jakkalse laat val as die groot bakkie noe beskikbaar was nie
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by NicoSmit »

My Corsa was al ook op 'n jakkals jag gebruik ek moes net baie mooi ry en kon nie off road ry nie en maar op die paaie gebly moet ook sê my stoel is gemaak om op my groot bakkie en my Corsa te pas
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
jakkalspietersielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by jakkalspietersielie »

Goeie naand manne

Dit was nou n rukkie vandat ek vordering gewys het maar dit was nou payday en ek kon n paar nuwe stukke van die projek aanskaf

Omdat ek weet ek oorywerig gaan raak en ry waar ek nie moet nie het ek klaar plan gemaak om uit te kom as ek vas sit
2015-05-02 12.34.02.jpg
Dan kort mens altyd bietjie ekstra laai spasie, Ek gaan bo op die roof rack rails net n roof rack bou om n paar ammo bokse te vat
2015-05-04 18.59.53.jpg
Die volgende gaan nou nie help om die bakkie oor groter klippe te gaan nie of om swaarder vrag te laai nie. maar die taxis gaan my beslus nou hoor
2015-05-04 18.47.21.jpg
Ek hoop om in die maand nog te vorder met die bakkie. Ek hou julle op hoogte
Groete aan almal
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by Finfan »

Sien uit om die eindproduk te sien. Groete
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
jakkalspietersielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by jakkalspietersielie »

Weet iemand dalk van iemand in gauteng wat snorkels verkoop teen n redelike prys en n groot verskeidenheid het? Aangesien dit n gemeet en pas wees om een te kry wat die beste pas, sal dit baie voordelig wees as dee persoon baie gedult ook het.
dankie
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by Thunderhead »

Ek sal heel eers n ordentlike sump plate opsit en lekker ligte tralies. Die bakkie is laag en klein maar as jy slim ry sal jy op meeste plase kan jag. Moenie laat mense jou afsit nie en meer belangrik moenie laat jou planne op raak nie.
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by mossie »

Doen so voort jonge heer!! Ek het so gevoel daai kapokkietrokkie gaan nog baie bokke laat bakkie ry!
MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
jakkalspietersielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by jakkalspietersielie »

Baie dankie Thunderhead. Ek het n 4mm Sump plate gemaak vir die bakkie. En ek kan vir jou se dis n noodsaaklikheid. Moes hom die naweek af haal omdat die huitlaat pyp om een of ander rede teen hom begin kap het. Hy het n duik of 2 in gehaat en sonder hom het ek beslus nie meer n sump gehaat nie.
Ek het gaan kyk en ek sien Nissan se die bakkie se grond vry hoogte is 177mm en toe gaan vergelyk ek dit met n hilux en sien syne is 222mm. Dis maar n verskil van 45mm so die groter baande sal dit uit sorteer.
Ek wardeer enige tyd raad!
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by Williel »

Wat is die kans dat jy 16" bande op die NP200 kan sit? Met die 15" bande is die grondhoogte net 177mm as ek reg is. Daai ekstra duim met vrag gaan n groot verskil maak.
Groete, Willie
jakkalspietersielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Sep 03, 2013 12:28 pm

Re: Armgat jagter se bakkie

Post by jakkalspietersielie »

Williel Help my as ek verkeers is maar die is hoe ek dit verstaan.
Ek gaan die arches groter laat maak wat n band met n OD van 720mm toe laat

Die bakkie het tans 195/60R15 op. So as ek reg is dan beteken sit die rim is 375mm die band se profile is 60% van 195mm so dit werk uit op 177mm. Dan is die band se OD die Profile x2 +die rim se grote dit is dan 609mm
Help my asb reg as ek verkeerd is

dan beteken dit dat n band 215/80R15 se OD is 719mm
en of ek dan n 16'' of n 15'' tyre op kry die OD van die tyre gaandieselfde bly daar gaan net meer tyre op die 15'' rim wees as op die 16'' rim. so met altwee wen ek 110mm
en dan is die helfde van dit onder die as en helfte bo so dit lig die bakkie 55mm

Is ek reg of verstaan ek iets verkeerd van die somme?
Langer coils en shocks lig mos net die body van die onderstel af en doen niks aan jou grondhoogte nie?
Post Reply