Nuwe bus baan in werking deur Wonderboom Poort - Taxi baan!

Post Reply
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Nuwe bus baan in werking deur Wonderboom Poort - Taxi baan!

Post by ROBBIE1 »

Ek wou eers die post opsit by probleemdier beheer, onder bobejane en ape, maar het maar daarteen besluit!!

Die nuwe busbaan deur die poort, is nou so op die hond se stert klaar voltooi, daars seker nog so 500m stuk oor as jy klaar deur die poort is wat klaargemaak moet word.

Gisteraand, oppad huistoe, slaan ons verkeer daar waar Mansfield en DF Malan mekaar ontmoet, en staan seker vir 2km voor die poort, ry stop, ry stop. Toe ons by daai stuk kom waar die 2 mekaar ontmoed, en die busbaan deurloop, sien ek alla magtag, die ding loop lekker! Die ander 3 bane staan, maar daai busbaan loop die taxis 100km ph al die pad! Voor by die robot wat regs draai Wonderboom toe, druk hulle net eenvoudig links voor die karre in!

Ek sit en wonder toe so in my eenvoudigheid, waar die donderweer is die spietkops wat ons elke dag bekruip agter die brue dan vanaand!!!

Lekerrrrrr in die nuwe Pretoria ne.......
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Nuwe bus baan in werking deur Wonderboom Poort - Taxi ba

Post by Sarel »

Ja nee Robbie

Ek het dit al ding al gesien kom. Te maklik om bane te verwissel na die buslaan toe.

En in die oggende is die nuwe ding om, as jy van Pta Noord ry, die afdraai na Wonderboom te gebuik, en dan net voor jy links afdraai na Wonderboom, Weer OOR die pad ry en in te druk by die verkeer vanaf Wonderboom

Die goed leer ook nie!!
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Nuwe bus baan in werking deur Wonderboom Poort - Taxi ba

Post by Riaan Kriel »

Welkom in die nuwe suid afrika :(
Bakkies303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 360
Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm

Re: Nuwe bus baan in werking deur Wonderboom Poort - Taxi ba

Post by Bakkies303 »

Ek dog ons in die Oos Kaap is agter die tyd, maar ons sukkel al hoe lank met die probleem. Na ons bus bane vir die sokker wereldbeker voltooi was het hulle glo uitgevind dit werk nie. Die busse was te groot of so iets. Nou kan die taxi's kies watter rooi lig hulle wil "jump".
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe bus baan in werking deur Wonderboom Poort - Taxi ba

Post by Capt. Yoda »

ROBBIE1 wrote:Ek wou eers die post opsit by probleemdier beheer, onder bobejane en ape, maar het maar daarteen besluit!!

Die nuwe busbaan deur die poort, is nou so op die hond se stert klaar voltooi, daars seker nog so 500m stuk oor as jy klaar deur die poort is wat klaargemaak moet word.

Gisteraand, oppad huistoe, slaan ons verkeer daar waar Mansfield en DF Malan mekaar ontmoet, en staan seker vir 2km voor die poort, ry stop, ry stop. Toe ons by daai stuk kom waar die 2 mekaar ontmoed, en die busbaan deurloop, sien ek alla magtag, die ding loop lekker! Die ander 3 bane staan, maar daai busbaan loop die taxis 100km ph al die pad! Voor by die robot wat regs draai Wonderboom toe, druk hulle net eenvoudig links voor die karre in!

Ek sit en wonder toe so in my eenvoudigheid, waar die donderweer is die spietkops wat ons elke dag bekruip agter die brue dan vanaand!!!

Lekerrrrrr in die nuwe Pretoria ne.......

Nee wat daai is elke dag se storie hier in Jhb, my vrou raak vreeslik die moer in dan se ek haar net altyd.."elke keer as ek voel ek klap hom by die pasasiers venster uit dan dink ek net as ek vaand by die huis kom gooi ek my n dop en sit daar op die deck langs my swembad, braai n stukkie wors en steak en as dit koud word sit ek die kagel aan en gaan in"..wat maak hy vanaand?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Herman Huyser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 268
Joined: Tue Sep 25, 2012 6:19 pm

Re: Nuwe bus baan in werking deur Wonderboom Poort - Taxi ba

Post by Herman Huyser »

Robbie, wag en sien, die traffic cops gaan die baan ook gebruik (soos in JHB)
Work To Hunt, Hunt To Live
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Nuwe bus baan in werking deur Wonderboom Poort - Taxi ba

Post by ROBBIE1 »

Ja nee ekt besluit vanaand vat ek hom ook as dit weer so lyk. Dis n totale aborsie in daai poort met die nuwe robotte wat hulle opgesit het, heeltemal uit sincro nou hoop die verkeer op, so if you cant beat them, join them, ek vervoer mos personeel so eks ook n "bus"!!
Post Reply