Magneto speed Sporter

Post Reply
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Magneto speed Sporter

Post by alecjohnson »

Ek het nou verlede week vir my die Magneto speed sporter gekry.

Ek het verlede sondag betaal, maar vergeet maandag was vakansie dag, dinsdag kry ek epos die ding is opad en tracking nommer gekry, Donderdag 11:00 het ek dit ontvang.

Nou met die eerste oog op slag was dit nie wat ek gedink het ek gaan kry nie. Die rede daarvoor is ek het gedink die sensorkabel los van die bionett, dit is vas daaraan en ek dink sou die kabel beskadig word sal jy 'n nuwe bionet moet koop wat R1700+ is. Dus moet maar net versigtig gebruik word.

Ek was vooraf bewus dat hulle se hy nie werk met 'n knaldemper nie (die V3 werk met knaldemper, haalgeweer en outomatiese wapens), maar tog het ek probeer gister. My 243 met knaldemper wou die eerste skoot nie registreer nie (met knaldemper op, Ek besluit toe om die sensor sensitiwiteit na High 2 te verstel. Wragtag Daar werk hy met Henk se silent hunter 100%!

Net om seker te maak die lesing is reg met knaldemper op het ek die KD afgeskroef en net die Magneto aangesit en spoed was dieselfde.

Toe raak dit tyd vir die 375, stek die sensor terug na normaal, en skoot na skoot lees dit perfek! Ek toets sommar toe spoed van al die ammo wat ek gelaai het(want ek kon).

Dit is net 'n plesier om te gebruik.

Ek besluit toe om maat te kyk of dit 'n lesing van die 9mm ook kan neem, nou die ding is gladnie vir handwapens nie!!!, maar ek wil probeer.

Ek het besef dat ek hoog bo oor die sensors gaan moet skiet om seker te maak ek skiet nie die bionet stukkend nie, dus sensitiwiteit weer op na High 2 en hou sommar die Magneto vas onder die raam van die pistool. Die rede is die ding kan nie vasgemaak word aan die pistool nie a.g.v. die glystuk(slide). Nou maar toe ek het nie gedink dit gaan werk nie, maar wragtag weer mooi lesings vir 'n hele magasein!

Wat ek egter gedoen het daar het ek op eie risiko gedoen, so as jy dit doen en jou bionet stukkend skiet is dit jou eie saak!

Ek gaan nou 'n spesiale "stand" bou vir pistool ladings toets dat ek die bionet kan vasmaak, ek het noggal 'n lekker plan, sal deel as dit gebou is en dit werk.




Dus, as jy 'n goeie kronograaf wil koop wat maklik op die baan werk en jy wil nie R5000+ vir die magnetospeed V3 betaal nie, Koop die Magneto speed Sporter! Ek het R3500 btw en aflewering(Ligtenburg --> Albertinia) ingesluit.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Magneto speed Sporter

Post by JTM »

Klink na 'n lekker byvoeging tot jou skiet gereedskap, geluk. Deur wie het jy gekoop?

Ek hou van my CED M2, maar pes al die moeite om dit op te stel.
Jannie Welman
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Magneto speed Sporter

Post by Smitstertjies »

Alec, ek is baie bly hy werk so mooi. Ek was bietjie skepties oor die Sporter en het die V3 gekoop. Moet se dit is n wonderlike stukkie toerusting en so maklik om op te sit. Ek is nou bly om te hoor die Sporter loop ook mooi.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Magneto speed Sporter

Post by alecjohnson »

Ek dink die winkel se naam is hunter & fishers in ligtenburg
Post Reply