Ek wil graag hoor of iemand op die forum dalk iets weet van hierdie "flaw" wat sekere Musgraves Mod 80 & 90 blykbaar het;
Ek het my Musgrave 7x57 gaan optel vandag na n 4maande wag (
Toe vertel (en wys) hy my dat van die Mod 80's en 90's n gevaarlike fout het op die "safety catch", wat Musgrave blykbaar in die 1980's en 1990's agter gekom het, en soveel gewere as moontlik probeer "recall" het om reg te maak. Maar weens n beperkte kommunikasie stelsel in daai jare het min mense daarvan gehoor.
Dit werk so(met my eie oe gesien);
- Jy laai die geweer/maak die boud toe.
- Sit die geweer op veilig.
- Druk op die sneller.
- Haal vinger van die sneller af.
- Sodra jy die "safety catch" afhaal gaan die skoot af!
Dit het net 1 keer gebeur in die 4 kere wat ons dit probeer het, maar dis 1 keer te veel! En die feit dat dit blykbaar n bekende probleem is maak my effens bekommerd om hom jagveld toe te vat.
Dit het alhoewel nooit in 20jaar met my pa gebeur nie.
Sal waardeer as enige iemand insette het, dankie

