Hallo,
Ek het 'n Howa .270 win.
Ek het saterdag vir die eerste keer aan 'n skietdag kompetisie deelgeneem.
Nou het die gogga lelik gebyt.
Ek skiet gewoonlik PMP fabrieks ammunisie maar wil nou begin herlaai.
My vriend het vir hom 'n herlaai stel gekoop so ek moet nou net die's kry ens.
Ek wil graag bly by 150gr punte want dit is waarmee ek sal jag 99.9% van die tyd.
Het iemand dalk vir my bietjie raad oor die tipie punte en kruit ens...
Ek het gelukkig al my dope gehou al van so 3 jaar se skiet so ek het baie PMP dope wat ek kan gebruik.
Ek luister graag.
Dankie
.270 Howa herlaai
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
.270 Howa herlaai
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: .270 Howa herlaai
S365 kruit is wat meeste manne gebruik alhoewel S385 ook goed werk vir swaar punte en lang lope. Sierra punte is bekend om redelik goed te doen uit 'n groot verskeidenheid gewere maar ek dink beskikbaarheid van 'n tipe punt is belangriker afhangende van waar jy sit. Onthou bootstert punte het nie veel op 'n plat basis punt voor 300+m nie en dit is dikwels makliker om goeie groepe met plat basis punte te kry. Party mense het slegte goed te sê van PMP doppe maar baie mense skiet baie lekker met hulle. As jy enigsins 'n begeerte het om die geweer op maks te skiet is dit raadsaam om by iemand met 'n chrony uit te kom. Die laai boekie se spoed en ladings is 'n gemiddeld van hulle wisselvallige batches. Begin altyd op begin lading of knertsie onder. Gewere verskil en die geld wat jy spaar met shortcuts kan jou in die hospitaal sit. Meeste mense sal voorstel jy bou in 0.5gr inkrimente op. Wees versigtig vir 3 skoot groepe, 5 skoot groepe werk beter.
Ek self laai 53.3gr S365 (Lot53?) vir Hornady SST 130gr en presies die selfde vir Spartan 130gr. Albei skiet onder MOA in my geweer. 54gr met 110gr Vmax het ook nie sleg gedoen nie.
Ek self laai 53.3gr S365 (Lot53?) vir Hornady SST 130gr en presies die selfde vir Spartan 130gr. Albei skiet onder MOA in my geweer. 54gr met 110gr Vmax het ook nie sleg gedoen nie.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
Reloader270
- Hero Member

- Posts: 1051
- Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Re: .270 Howa herlaai
Vir 150gr Hornady Interbonds gebruik ek 49.6gr S365 met magnum slagdoppie (Fed215 of Hirtenberg). 3 skote sny mekaar op 100 meter.
- QuQ
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Mon Jun 30, 2014 1:05 pm
Re: .270 Howa herlaai
Reloader, what is the MV for that load in your rifle (and what is your barrel length)? Thanks!
-
japievan
- Sr. Member

- Posts: 364
- Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am
Re: .270 Howa herlaai
Reloader270. My lading is presies dieselfde vir die Hornady SST en interbond. Spoed is ongeveer 2710ft/s