Goeie môre, Almal
Julle ken mos die ou grappie oor hoe jy n wildemakou met 'n paar bakstene in die pot sit, kook vir 'n dag en dan eet jy die bakstene na dat jy die gans weg gegooi het?
Wel, ek vir een geniet wildemakou. Ek pluk die gans en hou al die vel en vet en dan ontbeen ek die gans en sny die vleis in stukke. Daar is baie van die vet as jy een wat op graan gevreet het skiet. Ek sit die vleis en vet in 'n bredie op stadigge hitte met uie, wortels en aartappels oornag. Ek sit ook kruie en knoffel by.
Ek dink die bredie is heerlik. Ek maak ook maalvleis vir pastei.
My vraag is, daar moet baie maniere wees om ganse te kook. Ek dink ek het op 'n groot gans amper drie kilo's vleis gekry, so vir my is dit regtig 'n vermorsing om weg te gooi.
My vraag is, wat doen julle?
Cheers
John
Wildemakou
- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Wildemakou
Makou pot!!
Trek sy vel af nes jy sou doen met 'n bok en maak dit wild vleis potjie.
Eers 45min in pressure cooker om die storie sag te kry. Dan normale wilds potjie met so bietjie vetterige skaap vet vleis by.
Regtig baie lekker.

-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Wildemakou
Bostaande metode klink reg. Daardie drukkoker maak 'n groot verskil aan die begin van die proses.
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Wildemakou
Ek self geniet ook kolgans en makou, maar het ook al geleer oor die jare, om daai pen vere uit te kry is n' groot storie. Deesdae haal ek ook sommer die hele vel af en sny sommer die vlerke ook af. Die vleis wat mens verloor wat op die vlerke was is minimaal, glad nie die tyd en moeite werd om dit te sit en pluk nie
Hier is n' tarentaalpastei resep wat ek van die internet afgetrek wat ek nog wil uit toets. Dink dit sal lekker met gans of makou ook werk.
Hierdie tarentaalpastei resep van Niel Els, hoofbestuurder van Boschendal Restaurante, is opgedien tydens Pasella se 19de eeuse onthaal. Dit is 'n ou familieresep en is volgens Niel genoeg vir 6 mense. Maar, omdat dit so smaaklik is, sê hy, kan jy maar op vier ook reken om die bak leeg te kry.
1 tarentaal, skoongemaak en in porsies gesny water, genoeg om tarentaal te bedek
250 g gerookte spek, fyngekap
½ t fyn naeltjies
1 e fyn koljander
2 e blatjang
500 ml karringmelk
sout en peper na smaak
250 ml suurroom
Vulsel
Voorverhit oond tot 180 ºC. In 'n swaarboomkastrol of potjie, kook die tarentaal in die water tot die vleis van die bene begin afval. Haal die tarentaal uit die pot en verwyder dan al die bene. Dit is harde werk hierdie! Gebruik twee vurke om die ontbeende stukkies vleis goed uit te pluis.
Plaas die vleis terug in die kastrol, kook al die water weg en voeg dan die gerookte spek, naeltjies, koljander en blatjang by. Braai oor vinnige hitte, maar krap gedurig die vleisies van die bodem af om te verhoed dat dit brand. Voeg die karringmelk bietjie vir bietjie by en kook tot die vleis begin karamelliseer. Geur met sout en peper. Sodra die vulsel droog gebraai is, voeg die suurroom by, roer deur en verwyder van die hitte. Plaas die vulsel in 'n gesmeerde vuurvaste skottel, bedek met die kors* en bak 20 min. Die pastei gaan heerlik saam met soetpatats en Shiraz

BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Wildemakou
Of dit makou of gaans of tarentaal is kook in stoompot tot vleis begin van bene af kom.
Braai in swart pot tot vleis lekker bruin is en eet saam slappap.
Braai in swart pot tot vleis lekker bruin is en eet saam slappap.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Wildemakou
Nou moet die reëns kom sodat ons die voëlle vir die pot kan skiet. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Wildemakou
1kg vark vir elke 2kg voëls maak baie lekker resep. Selfs ma en die kinders het 2 keer geskep wanneer ek dit gedoen het.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.