eS-en-Ou se windbuks ou

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

eS-en-Ou se windbuks ou

Post by BenG »

Ek geniet dit vreeslik om met my windbuks te skiet. Dit is iets wat ek en my seun saam kan doen en gee vir ons die geleentheid om teen 'n bekostigbare prys die basiese goed van skiet te oefen.

So jaar of wat gelede het ek vir my 'n Weihrach gekoop en by S&O vir hom 'n Gamo 4-12x44 teleskoop gekoop. Die kombinasie was fantasties, soveel so dat ons vuurhoudtjies op 30 meter skoot na skoot kon afskiet. Ek het ook in NSA se skiet kompitiese 'n tweede plek behaal met die kombinasie.

Ek het onlangs besluit om bietjie aandag te skenk aan my stok ou Bruno .22 en het hom na Thor gevat vir 'n knaldemper en om 'n basisstel op te kry sodat hy 'n teleskoop kan op kry. Ek het 'n ou Nicosterling teleskoop in die kas gehad wat eers op die windbuks was en het hom sommer op die .22 gesit. Hy wou egter net nie lekker groepeer nie en het ek een goeie middag die Gamo van die Weihrach af geruk en om op die .22 gesit. Skielik toe skiet die veteraan sommer soos 'n kampioen en daar was geen manier wat ek die Gamo weer terug gaan sit op die Weihrach nie.

Die volgende middag is ek opslag na S&O om nog een van die Gamo teleskope te koop. Ek vra toe die knaap by die windbuks afdeling ek soek 'n teleskoop vir my windbuks. Hy probeer toe sy bes om 'n Hawke aan my af te smeer, maar teen dubbel die prys wat ek vir die Gamo (wat fantasties werk) betaal het, was ek nie oortuigbaar nie. Ek vra hom toe of ek 'n Gamo kan kry. Sy antwoord was "ons hou dit nie aan nie". Met 'n "goed, dankie" is ek daar uit.

Toe ek by die huis kom, gaan maak ek toe seker of dit wel 'n Gamo is en ja wraggies, ek is nie mal nie. Ek dog toe hulle hou dit nie meer aan nie en dat die knaap seker nuut is en nie geweet het hulle het dit in die verlede aangehou het nie, die dat hy beduie "ons hou dit nie aan nie".

Paar dae later besluit ek om op S&O se blad te gaan rondkrap en kyk wat se alternatiewe is daar......en raai wat......daar kry ek die Gamo 4-12x44. Dit wys ook dat daar voorraad is.....https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 4_ao_scope

So vir eS-en-Ou se windbuks ou, ek sal vir almal wat ek ken vertel om jou en jou liegbek soos die pes te vermy.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by wlm »

Watter tak?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by ruaanb »

Maak net eers seker en bel in oor voorraad. Ek het ook al op website iets gesien wat ek soek en dan is daar nerens voorraad nie.
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by BenG »

wlm wrote:Watter tak?

Pretoria
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2105
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by vossie1 »

Ben G dit is beter om vir Willem of Stephan te raadpleeg, die manne vat sulke diens nie ligtelik op nie en sal werk maak daarvan,dis beter om hulle te vertel van die probleem as om almal te probeer waarsku teen n man wat nie sy werk wil doen en die winkel skade berokken.
User avatar
Zeelie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sat Nov 23, 2013 8:14 am

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by Zeelie »

Juis oor sulke redes sal Pretoria se tak my ook nie weer sien nie.
Remington 700 .308
RSA 300WSM - Die swart mamba
Savage 243
Howa 22-250
Sig M400
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by Giepie »

vossie1 wrote:Ben G dit is beter om vir Willem of Stephan te raadpleeg, die manne vat sulke diens nie ligtelik op nie en sal werk maak daarvan,dis beter om hulle te vertel van die probleem as om almal te probeer waarsku teen n man wat nie sy werk wil doen en die winkel skade berokken.
Stem 100% saam. Het ook eenkeer "swak diens" by Pta gekry. Ek het by hulleself die klagte gelê en Stephan het my baie kort daarna persoonlik gekontak en die saak is reg gestel. Ek glo ook dat Stephan hier die skuldige aangespreek het sodat die kliëntediens van daardie persoon kan reggestel word. Ek glo meer aan positiewe aanmoediging as negatief.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by JPS »

Ben G dis nou jammer dat jy swak diens gekry het. Maar soos Giepie noem en daar al baie keer die uitnodiging op die forum gedoen is vanaf Willem en Stefan, wat beide ook op die forum is, hoekom meld jy nie net die probleem met hulle aan nie?

Dan kan dit mos sommer vinnig vir jou uitgesorteer word en jy kan hulle ook help om probleem te adreseer?
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by Stefan764 »

Hallo Ben

Sal jy asb so gaaf wees om vir my jou persoonlike e-pos adres te stuur of n selfoon nommer?

My e-pos adres is stefan@so.co.za

Groete
Stefan

(PS - dankie aan die persoon wat moeite gedoen het om my te laat weet, ek waardeer, so kan n man n ding regstel.)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by BenG »

JPS wrote:Ben G dis nou jammer dat jy swak diens gekry het. Maar soos Giepie noem en daar al baie keer die uitnodiging op die forum gedoen is vanaf Willem en Stefan, wat beide ook op die forum is, hoekom meld jy nie net die probleem met hulle aan nie?

Dan kan dit mos sommer vinnig vir jou uitgesorteer word en jy kan hulle ook help om probleem te adreseer?
Omdat ek 80km heen en weer gery het net om 'n klomp strooi vertel te word......Wat van die arme lid van die publiek wat nie op hierdie forum is nie en nie weet van Stefan en Willem nie? Hoekom maak die onderneming nie seker sy personeel vertel nie vir die publiek twak nie?

Moet ek nou sommer vir die hoof van Eskom ook eers kontak voor ek kla oor hulle swak diens?
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: eS-en-Ou se windbuks ou

Post by Giepie »

BenG, ek hoor jou frustrasie en jou bekommernis. Jy hoef nie net op die forum jou ongelukkigheid te sê nie.

Ek het destyds sommer direk by die winkel gevra ek wil met die bestuurder praat. Ek is na 'n dame verwys wat seker die klagtes hanteer. Sy het my naam en kontakbesonderhede geneem. Ek was nog in die winkel toe bel Stephan my terug. Hy het erken dat 'n personeellid telefonies verkeerde inligting gegee het wat gemaak het dat ek 30km soontoe onnodig gery het. Hy het iets in die plek daarvan met korting aangebied. Soos wat ek hom al in die winkel sien operate het sou die skuldige wel aangespreek word en die nodige regstelling gemaak word. Hy het ongelukkig nie direkte beheer oor verkoopsmense se optredes nie, maar sal regstellings maak indien hy iets agterkom.

Soos ek sê, ek verstaan jou frustrasie en ongelukkigheid, maar soos jy hier optree gaan nie die probleem oplos nie.

Bo-op Ngorogoro is 'n bord van wat iemand gesê het: "It's better to light a candle, than to curse the darkness"
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply