Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Soos ek voorheen gesê het is die grond vir my nog nuut. Die naweek het
ek so 60km sinkplaat pad gery wat my nogal geskommel het. Daai bewe
op die stuurwiel dat mens se hande sommer jeuk.
Ek was in 4x4 en die bande was op 2 bar gepomp. Alles het nog onder beheer
gevoel hier tussen 50-60 kph. Stadiger het gevoel of my tande gaan los skud.
Nou my vraag is, moes ek vinniger probeer ry het om die hop minder te maak
of sou dit nou die kanse vir beheer verloor soveel meer gemaak het omdat die
kar meer (hoer) gehop het?
Hop mens maar aan teen 60kph en weet jy gaan heek aan die anderkant uitkom
of sal ek soos ek gewoond raak veiliger teen 'n hoer spoed voel?

-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Sinkplaatpad is maar op sy beste 'n verpesting. Sagter bande kan nogals help, maar baie ouens, veral die wat so 'n pad gereeld aandurf, laai maar so 2 sakkies sement agterop. Dit help nogal.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Gooi hom in 4x4 en ry soos Sarel van der Merwe 
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Effens vinniger is beter want dan tref jou wiele net elke tweede of derde hobbel in plaas van elke een.
Jy sal voel as jou voertuig begin onstabiel raak veral om n draai dan weet jy, nou het jy n veilige spoed limiet bereik.
Groete
Henning
Jy sal voel as jou voertuig begin onstabiel raak veral om n draai dan weet jy, nou het jy n veilige spoed limiet bereik.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Jy kan selfs afkom na 1.5bar toe mits jy nie vrag dra nie. Skokbrekers moet ook reg wees.
As jy gemaklik voel hoef jy nie te bekommer oor spoed nie, jy kan maar trap. Maar skokbrekers en bandruk is maar van die belangrikste om na te kyk as jy erge sinkplaat pad ry.
Groete
Ruan
As jy gemaklik voel hoef jy nie te bekommer oor spoed nie, jy kan maar trap. Maar skokbrekers en bandruk is maar van die belangrikste om na te kyk as jy erge sinkplaat pad ry.
Groete
Ruan
-
Ysterkat
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Vermy 'n Toyota hilux op grondpad
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 333
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
+1Ysterkat wrote:Vermy 'n Toyota hilux op grondpad
Ry hom net soos jy wil met n Isuzu!
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Ek sal moet bele in compressor en iets om self my bande se druk te check.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Isuzu Delivers
Go Big!
Go Big!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Gaan maar so 80kph
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Wou ook nou se met 'n Isuzu vra jy watter grondpad?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Grappies op 'n stokkie.
1.8 tot 2 bar.
4x4 High indien dit 4x4 is.
80 tot 100km/h (indien hilux of fortuner slegs 40km/h)
1.8 tot 2 bar.
4x4 High indien dit 4x4 is.
80 tot 100km/h (indien hilux of fortuner slegs 40km/h)
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Ludwig sal jou dieselfde ding vertel.Ysterkat wrote:Vermy 'n Toyota hilux op grondpad
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Die beste sal wees om van die pompe te koop wat jy by jy motor se lighter socket in plug, hy het sy eie druk meter. Hulle is nie duur nie. Myne ry permanent saam in die kar.VdWalt wrote:Ek sal moet bele in compressor en iets om self my bande se druk te check.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Ludwig ek is net bly julle het nie seer gekry nie.
Op 'n ligter noot, Is dit waar as hulle se 'n Hilux is soos vlakvark?
Op 'n ligter noot, Is dit waar as hulle se 'n Hilux is soos vlakvark?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
My een vriend gaan met jou verskil. Hy het sy Isuzu mooi gerol!!sPRINGHAAS wrote:+1Ysterkat wrote:Vermy 'n Toyota hilux op grondpad
Ry hom net soos jy wil met n Isuzu!
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Ek hoor jou en weet presies waarvan jy praat. 'n Ford Cortina 3l en 'n natpad het dieselfde effek.Ludwig wrote:Frederick, 'n 4x2 op grondpad met skerp draaie en spoed, is maar vir moeilikheid soek, maar ek moes baie skoolgedl betaal om dit te leer. Nie dat ek regtig vinnig gery het nie, maar op grond kan jy maar sommer heelwat stadiger ry, want as jy eers begin gly en jy het spoed agter jou, dan kan jy maar vashou, want jy gaan bietjie rollercoaster ry....
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Maak voorwiel- versus agterwielaandrywing ook 'n noemenswaardige verskil met 'n voertuig op 'n sinkplaatpad?
Skerp draaie en los grond is ook maar altyd 'n faktor om deeglik in ag te neem op 'n grondpad...
Skerp draaie en los grond is ook maar altyd 'n faktor om deeglik in ag te neem op 'n grondpad...
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Henning, ek het ook aan so een gedink. Om 5 minute te vat om die wiele se druk reg te maak dit seker ook geriefliker vir die res van die trip al ry ek dan nou nie vreeslik baie vinniger nie.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Jis nou deurmekaar getik!
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Ludwig. Jy kan bly wees jy wysnet my pajamas en crocs. As jy my gesig gewys het het ek en Lily jou kom byt. 
Last edited by Frikkie Coetzee on Wed May 20, 2015 8:25 pm, edited 1 time in total.
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
As jy aankomende verkeer kan sien help dit soms om die sinkplaat aan die regterkant van die pad aan te vat.
- dsmerrills
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
For me the best is to deflate tyres to 1.5 to 1.8 bar and put the bakkie into 4 high or high low depending on what your 4x4 has and keep the speed at about 80km/h maybe a little more but you will feel what feels safe and the ride will become much smoother and you will notice the slower you go the rougher the ride gets. The idea is for the tyres to just scim over the top of the ruts!
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
VdWalt as jy net met die bakkie ry gee ek ook maar bietjie vet, maar die probleem kom as jy n trailer sleep, soos die meeste van die tyd as n man gaan jag. Jou bakkie kan dalk die sinkplaat hanteer teen 80kmph, maar die trailer gaan nie. Behalwe dat hy soos n shark gaan handeklap as iemand eendag n drie druk, as hy besluit hy swaai gat, gaan selfs daai Izuzu met die 2 sakke sement agter op nie die pad hou nie.
Ek ry baie grondpad, dalk is hier iemand wat die Inkerman pad by Sentrum ken. Hys nou mooi mo@rtoe, die sinkplaat is party plekke 20cm hoog. Ek ry hom so 10kmph met koue Castle light In die regter hand. 3 Castles verder het ek die 40km afgele, veilig, en my Toyota en trailer alby in een stuk.

- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Ek het eintlik op grondpaaie met 'n bakkie leer bestuur. Aa die agterkant so wil begin uit skuif deur die draai weet jy jy is op maks.
Ek kan glad nie voorwiel aangedrewe kar op grond ry nie, 'n Golf twee keer amper gerol. Selfs in 4x4 is ek meer versigtig as met net agterwielaandrywing.
Ek kan glad nie voorwiel aangedrewe kar op grond ry nie, 'n Golf twee keer amper gerol. Selfs in 4x4 is ek meer versigtig as met net agterwielaandrywing.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.