Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Daar is 'n manier dat jy 'n tydelike lisensie kan kry, Ek weet gladnie hoe dit werk nie, maar 'n kennis van my het so gaan jag met 'n anderman se geweer.
Jammer maat. Parafien is 100% reg, die eienaar moet teenwoordig wees.
Die bergings permit bevestig egter in 'n mate dat jou aansoek suksesvol was en jou DFO behoort jou met 'n tydelike lisensie te help indien hy sy sout werd is.
Sterkte.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Gawie(13mm) wrote:Jammer maat. Parafien is 100% reg, die eienaar moet teenwoordig wees.
Die bergings permit bevestig egter in 'n mate dat jou aansoek suksesvol was en jou DFO behoort jou met 'n tydelike lisensie te help indien hy sy sout werd is.
Sterkte.
Word bergins permitte nie uitgereik op die beginsel dat jy 'n geldige bevoegtheid het vir daardie klas van vuurwapen?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Citfield het die wapen gekoop by 'n vriend en aansoek gedoen vir 'n lisensie. Hy het 'n bergings permit bekom om die wapen te stoor. Daarvoor moet sy bevoegdheid in orde wees.
Hy wag egter nog dat die lisensie goedgekeur word en die kaart gedruk word.
Tot tyd en wyl mag hy nie die wapen gebruik nie.
Indien sy aansoek reeds goedgekeur is, maar die kaart nog nie gedruk is nie, kan sy DFO op provinsiale vlak 'n tydelike lisensie uitreik. Ek weet hul is maar taai om dit te doen omrede ons almal maar opdrukkerig is, maar wie nie waag nie, sal nie wen nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!