Prys om velle te laat leer maak

Post Reply
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Prys om velle te laat leer maak

Post by Uys »

Ek het twee BWB velle wat by Big Buck taxidermie le. Hulle moet die leer kaa - hare af, en kleur.

Hulle vra my R1600 elk - dit klink vir my bietjie woes?

Wat se julle?
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by Uys »

Niemand nie?
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by Heinz Petersen »

Van waar in die land is jy. As jy naby die Kaap is kan jy vir Hano kontak by 082 738 3083.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by tripodmvr »

Ek dink wat Uys sê is dat hy klaar die items ingegee het en nou sit met die koste. Arbeid is nie goedkoop nie en die proses van looi en haaraf maak verg handewerk. Die prys klink vir my ook styf. Hoor by ander plekke wat meer in leerlooiery spesialiseer wat hul pryse is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by DWB »

Dit is nie ñ goedkoop speletjie nie.

Buffel vel leer maak is R150 per vierkante voet
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by Boesman10 »

Ek het vroer die jaar laat Eland velle haar af maak en die het my R1200 elk gekos. Jou R1600 elk klink bietjie woes.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by Giepie »

Hier in Gauteng omgewing is dit ongelukkig die prys. Hoor net by Oasis, maar ek dink dit is dieselfde daar.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by ROBBIE1 »

Sal ook graag wil hoor wat ander manne vra.

Ek laat al my werk by Pieter en John van Big Buck doen, het al n paar ander manne hier in Pta en omgewing probeer, en was elke keer teleurgestel, maar by hulle nog altyd die beste diens en produk gekry. Dis tog iets wat mens vir n leeftyd wil hou, as die fakmanskap swak was, en jyt dalk R200 minder betaal, gaan dit jou kos om nog n vel te laat doen oor n jaar of 3.

Ek glo jy sal n goeie produk terug kry Uys.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by jamalley »

Ek het 'n jaar gelede R700 vir die maak van huide/leer met BWB vel betaal by Kwiktan in Krugersdorp - het die jaar reeds 4 koedoevelle ingestuur, maar nog nie 'n prys gekry nie.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by win270 »

Ek vind Oasis Tanning buite Krugersdorp se pryse is redelik en die diens is goed. Mens wag ook maar 4 maande en langer om deur die proses te gaan.
Citfield
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Mon May 18, 2015 3:25 pm

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by Citfield »

Ek dink ek is in verkeerde beroep.
Regards / Groete
Allen
.303 Lee Enfield
.22lr Armscor
38 S&W Revolver
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by Gawie(13mm) »

Citfield wrote:Ek dink ek is in verkeerde beroep.
Die gras is om 'n rede groener aan die anderkant van die draad. Dit is nie sommer net vir maak nie. As jy dink Robbie moet na 'n gekerm luister oor vleis pryse, was jy nog nooit by 'n taksidermis as die kliënt sy vel of trofee kom haal nie. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by douw »

Ek het laasjaar my velle ingegee by Moredou taksidermis naby Vryburg (waar ons gejag het) Hulle het dit toe weggestuur na Oasis. Ek het daarna Oasis se pryse aangevra. Hulle pryse was duurder as wat Mordeou via Oasis my gevra het.


BWB vel is R1185 by Oasis vir 2015
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by Giepie »

Ek het ook gehoor dat Big Buck hulle velle na Oasis toe stuur, weet nie hoe waar dit is nie, maar was nou die dag agter by BigBuck in en ek het geen houers gesien vir velle nie. By Oasis sien mens dit duidelik.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Prys om velle te laat leer maak

Post by NicoSmit »

Kwiktan doen maar al my velle ek het my rooikat ook nou daar ingegee
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Post Reply