BSA Buccaneer SE 5.5mm

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
Sako 2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Fri Aug 29, 2014 1:13 pm

BSA Buccaneer SE 5.5mm

Post by Sako 2 »

Goeie Naand
Ek het bogenoemde BSA gekoop nuut gekoop,maar die geweer wil glad nie groepeer nie. Ek het toe n nuwe Nikon teleskoop by S&O laat posit, my die geweer wil steeds nie groepeer nie.Tien skote op 25 m kan ek nie met n R100 noot toe maak nie.Het enige iemand so n geweer en hoe akkuraat is die geweer?
Enige raad is baie welkom.Ek is redelik moedeloos.
Dankie
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: BSA Buccaneer SE 5.5mm

Post by Jake1 »

As jy hom met visier ook nie kon instel nie is iets anders fout. Kyk of al sy kroewe vas is as jy nie reeds het nie?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: BSA Buccaneer SE 5.5mm

Post by Hein22 »

Watse koeeltjies en grein skiet jy? Watse spoed skiet die geweer en is die spoed konstant? Skiet jy 4.52 of 4.53 diameter koeels? Gewoonlik met hoe spoed pcp gewere werk die 10gr jsb koeels lekker. En indien jy 4.52 skiet, probeer die 4.53 koeelties. Indien jy hom nie regkry nie kan ek jou 'n ou se nommer gee in fourways wat hom vir jou sal dokter.

Edit: sorry, ek sien nou dit is 5.5 - :-[ :-[.

Pm ook vir capt oblivious hier op die forum, hy maak ook uit van windbukse.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: BSA Buccaneer SE 5.5mm

Post by Capt. Yoda »

Sako wat se lood druk jy in sy keel? Enige ding wat daar op die boks staan "jag" of "hollow/polymer/pointed point" of eintlike enige ding anders as JSB gaan jy jou tyd mors. Kry vir jou so 2 gewigte JSB Exact in 5.5mm as ek reg onthou is die standaard gewig 15.8gr en dan kry jy ook n 18gr jumbo wat jy kan probeer, met daai koeltjies sal jy die beste reg kom. Daar is ook n swaar 25gr wat jy kan gebruik as hy daai 15 en 18gr te vinnig skiet maar die 18gr werk gewoonlik baie goed, solank jy tussen 820 en 900fps bly en nie naby n 1000fps kom soos alles geadverteer word nie .As jy hom kan crony kyk vir n gewig koeltjie wat jou so 820-880fps gee. Die plat kop wadcutter pellets is vir 10m skiet so los hulle ook maar uit, dit is n lekker geweer daai en jy behoort nie pein met hom te he nie. As jy regtig sukkel kan ek jou na n paar ouens verwys wat jou geweer n bq kan “tune” en hom bitter akuraat kan maak maar ek glo nie dit sal regtig nodig wees nie.

Wat jy ook net vinnig kan kyk is of daar nie enige burs op die croon of agter by die breach is nie.Skiet n pellet in n drom water in dan kan jy mooi sien of da nie enige snaakse merke op hom is nie, sit ook so 100 deur die loop net om hom mooi “glad” te kry.Ek kan nie onthou of hy met n magasyn werk nie maar as jy hul uit n magasyn skiet probeer hul bq een een in die loop laai sonder die magasyn, met gewere wat nie lekker groep met n magasyn nie kan jy maar daar begin kyk of hy nie die pellet knyp erens nie.Kyk ook net of die skroevies wat van bo af in die "aksie" in skroef om die loop vas te hou almal vas is maar moet hul nie hard draai nie.

EK dink ook nie hy het n regulator in nie so jou koels se poi sal skuif soo sjou druk minder in die cylinder word.Meer druk meer poed so die betse is maar om hom vol te maak en dan leeg te skiet oor n crony en dan te kyk waar sy curve die beste is.Gewoonlik sal jy sien in die begin sal hy spike en se maar 15 skote tussen 920 en 880 skiet dan sal die curve bq verplat en dan kry jy 80 skote tussen 880 en 820 waar na hy weer spike so jy soek daai "plat" deel waar jy die meeste consistency kry.n Regulator raak van die ontsla en gee jy n baie meer bruikbare curve sonder dat die druk op of af spring
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Sako 2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Fri Aug 29, 2014 1:13 pm

Re: BSA Buccaneer SE 5.5mm

Post by Sako 2 »

Dankie vir al die terugvoer en raad.
Capt. Obivious ,ek het met Camo Magnum 15.43gr koels geskiet.Die geweer het n magasyn(10).Ek het al die skroewe
nagegaan en alles is vas.Ek het met die mense by wie ek die geweer gekoop het gepraat vanoggend en hulle se hulle dink
daar is fout met die loop.Hulle sal hom toets en hom omruil as daar fout is.Hoop maar hulle sorteer die problem uit.
Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: BSA Buccaneer SE 5.5mm

Post by Capt. Yoda »

Gamo is jou nr 1 pein net daar.Koop n blik JSB en skiet die goed, my laaiti kan nie eers gamo pellets reguit gooi nie
Los eers die loop en skiet JSB 18gr koels.My pelle wat SA BR met pellet gewere skiet se ingevoerde lope sal nie eers n A4 raak skiet met daai goed nie.Jou groepe is eintlik nie te bad met Gamo se koele nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Sako 2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Fri Aug 29, 2014 1:13 pm

Re: BSA Buccaneer SE 5.5mm

Post by Sako 2 »

Dankie Capt Obivious
Ek sal more vir my JSM koels kry .
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: BSA Buccaneer SE 5.5mm

Post by LUAN »

Die h&n pellets werk mooi in my bsa 4.5mm beter as jsb of enige ander pellet. Hulle diameter is effens groter lyk dit my en dis waarvan die bsa hou.
User avatar
Sako 2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Fri Aug 29, 2014 1:13 pm

Re: BSA Buccaneer SE 5.5mm

Post by Sako 2 »

Hulle het vir my die geweer omgeruil vir n 4.5mm.Skiet nou baie akkuraat.Kan 10 skote op 25m met n 10c toe maak.
Dankie vir al die raad
Post Reply