Kondensasie
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Kondensasie
Kondensasie op my scopes se lenses was nog altyd 'n probleem vir my, en as ek moan daaroor, klink dit vir my dat ek die enigste mens op aarde is wat die probleem het. Ek het al die tandaarts se muti gebruik, bril spuite, dishwash liquid, aartappel skyfies, you name it, alles is maar net 'n tydelikke oplossing, veë my lense af tot hulle 2mm dunner is.
So ruk terug koop ek 'n "Anti fog cloth" van Rudolf Optics by Wildman, en siedaar, gisteraand het my bakkie en geweer gelyk of ek in die reën sit, alles is nat en klam, maar my lense is silwer skoon, geen wasem nie, reg deur die nag, of altans tot so 5 uur toe my drywer staak.
So, as ek nie die enigste ou in SA is wat daardie probleem gehad het nie, of as dit met jou gebeur het en jy wou dit maar net nie in die openbaar erken het nie, daar is 'n oplossing. Sal maar kyk hoe lank ek die lappie kan gebruik voor ek weer een moet koop, maar koop sal ek, dankie Dolf

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Kondensasie
ek gebruik anti fog lens spray. werk goed.
dink ditt wasw R25 vir botteltjie
dink ditt wasw R25 vir botteltjie
HOU HOM DAAI DIKTE
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Kondensasie
Ek het Optifog gekry by oogarts. Werk baie goed
- Kubus
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am
Re: Kondensasie
Gromit, ek is n brildraer en sukkel geweldig met brille wat opwasem veral in die winter. Die atmosfeer is dan koud en met walk and stalk is my gesig warm. Sodra ek tot stilstand kom, wasem my bril soveel dat ek niks kan sien nie.
Weet jy of die Optifog my problem sal oplos, dan koop ek dadelik.
Weet jy of die Optifog my problem sal oplos, dan koop ek dadelik.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Kondensasie
Mac, het jy opgesit voor hy begin opwasem, of skoongevee en toe bly hy skoon/droog??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Kondensasie
Cobus,
Toe ek sien die bakkie se dak begin nat raak, toe vee ek, heel nag gehou.
Toe ek sien die bakkie se dak begin nat raak, toe vee ek, heel nag gehou.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Kondensasie
Ek rol paar nagte in die jaar langs die vaalrivier, dit "dou" daar baie vinnig, dink dis dalk meer mis ook...as dit inrol, pak ons maar op.......so lappie sal ek maar moet kry,Mac wrote:Cobus,
Toe ek sien die bakkie se dak begin nat raak, toe vee ek, heel nag gehou.
Thanx Mac
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 631
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Kondensasie
Ek sukkel self met vog op my scope, sodra ek teen die kus roep, en veral in die laagtes ini karoo. Ek sien zeiss maak n fog defender spray,maar wie behoort dit aantehou? Dink ek moet n plekkie maak in my jag sak vir so botteltjie want sonder dit kan mens nie. Tensy jy jou duur lense wil krap deur heeltyd aftevee ...
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Kondensasie
Jy nog nie gehoor van 'n lens brush nie?
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 631
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Kondensasie
haal hy kondensasie af?, ek gebruik zeiss se lens wipes om my scope mee skoon te maak, maar dit hou nie die vog weg nie. Ek het n scope cover wat ek op die scope hou en gou afhaal as ek moet skiet ,maar dis maar n shlep. Soek n produk wat ek kan opspuit en heel nag kan hou.. Ek het al n paar oog artse besoek maar o my mens, hulle het nie wat ek soek nie, kry net skoonmaak goed,maar niks wat vog weghou nie.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Kondensasie
Maak soos die scuba duikers hulle sit 'n lekker gop in daai duik bril en spoel hom uit en siedaar geen wasem nie
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- pietbak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm
Re: Kondensasie
Het van die vêrkykers nie "nitrogen " in wat wasem verhoed nie? Kan mens nie van die gas by die bande plekke laat inspuit nie. Plaas die teleskoop in n groot deurskynnende sak om stof te voorkom. Suig al die lig uit en spuit stikstof in die sak. Draai die fokus lens agter af en weer vas. Dan behoort die stikstof die inhoud van die teleskoop te vul. Miskien help dit.
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Kondensasie
Dink die problem waarna verwys word is kondensasie op die buitenste deel van die lens. Dis maar soos motor se ruite wat toewasem as dit koud is. Scope lens is koeler as ambient temp en water kondenseer daarorp.pietbak wrote:Het van die vêrkykers nie "nitrogen " in wat wasem verhoed nie? Kan mens nie van die gas by die bande plekke laat inspuit nie. Plaas die teleskoop in n groot deurskynnende sak om stof te voorkom. Suig al die lig uit en spuit stikstof in die sak. Draai die fokus lens agter af en weer vas. Dan behoort die stikstof die inhoud van die teleskoop te vul. Miskien help dit.
Meeste teleskoop is reeds met droee inert gas (veral argon) gevul, jus om kondensasie en roes binne in die teleskoop te verhoed. Daarom moet jy nie sommer scope uitmekaar haal nie.
Iets anders wat dalk kan werk is "scope warmer". Warm water sak if so iets om die scope warmer te hou as ambient temp, behoort dan nie so makliker toe te wasem nie.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Pieter
- Sr. Member

- Posts: 479
- Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am
Re: Kondensasie
ek gebruik sommer ou sokkies om oor die scope te sit.
-
Arnold Lategan
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Mar 10, 2013 9:57 pm
Re: Kondensasie
Naand manne
Ek sien dat die nuwe Zeiss conquest het een of ander ''water resistance'' coting op die lens. As water op die lens kom loop dit dadelik weer van die lens af. Ek dink dit sal goed werk in sulke gevalle.
Groete uit die Karoo