Middag manne,
Ek oorweeg die moontlikheid om in Namibie plaas te koop en te gaan boer.Kan julle n paar Moet's en Moenie's uitwys.Wil hoofsaaklik met Wild+Bees boer.
Na hoeveel R/Nam$ kyk ek per Hektaar.
Watse faktore soos omgewing,reenval en veiligheid ens. moet ek als ingedagte hou?
Sal julle hulp baie waardeer!
Groete Blouwdraad
Namibië Plaas Koop
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibië Plaas Koop
Dag Blouwdraad2
Ek gaan nie vir jou kan antwoord oor die prys in die wild bees areas nie (tradisioneel noorde), ek is in die suid-ooste waar gemiddelde pryse +- N$ 1500 p/ha is...... indien daar grond is wat hande wissel.
Ons regering het so paar beleide oor grond vasgestel........ oa dat jy moet 'n Namibiese burger wees om grond te kan besit in Nam! ( of jy moet 'n vennoot hê met die meerderheid aandele wat Nam burgerskap het... ek is nie seker oor hierdie stelling nie)
Miskien moet ek eers daar stop....... as jy 'n antwoord het op dit of voldoen aan daardie vereiste sal ek vir jou kyk vir 'n veilingshuis se nr / epos adres en as jy epos vir my stuur dan stuur ek vir jou advertensies aan wat ek redelik gereeld ontvang.
Voorspoed
Johan

- Blouwdraad2
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm
Re: Namibië Plaas Koop
Dankie Johan,weet van die wetgewing ek het egter nog meer inligting rondom omgewing,reenval ens. nodig!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibië Plaas Koop
My buurplaas aan die suid-ooste kant is omtrent 8000ha groot en behoort seker Maart volgende jaar in die mark te wees per openbare veiling, indien hulle die regering se "waiver" kry om te verkoop.
Reënval is redelik ( avg van 250mm per jaar), maar dit is ook wisselvallig, goeie polveld en weiding redelik vir skaap en bees, wild is ook moontlikheid, weet nie van spesie wat jy wil boer nie.
Soos ek gesê het is die noorde tradisioneel die bees/wild area , maar daar word deesdae met beide amper regoor die land geboer, jy pas maar net by die natuur aan en leef daarmee saam.

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
- Blouwdraad2
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm
Re: Namibië Plaas Koop
Dankie spekieries,sal bietjie gaan loer!
- Blouwdraad2
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm
Re: Namibië Plaas Koop
Sal nog opinies waardeer!
-
cassienam
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Nov 19, 2014 1:18 pm
Re: Namibië Plaas Koop
Hallo Bloudraad2,
Die SA manne kon tot so n jaar terug grond koop en het in die beter reenval areas, Nina, Otjiwarongo, Otavi en Hochfeld tussen drie / drie twee per hectar betaal en n hele klomp goeie plase is verkoop. Oornag het die Government met n bang wakker geskrik en dit gestop. Ek en n vriend het agt maande gelede 'n plaas 3000 hectar naby Otavi gekoop. Hy is ook 'n Namibiese burger. Die dag voor registrasie moes ons 'n affidavit afle dat eienaars, aandeelhouers slegs ons twee is en dat daar geen buitelanders/ander partye betrokke is.
So as jy wil koop sal jy moet op 'n Namibiese Burger se naam moet doen of dit sal sukkel om re te kom.
Groete
Cassienam
+264 81128 9063
wss@mweb.com.na

Bravo1
- Jr. Member

- Posts: 77
- Joined: Tue Dec 24, 2013 7:51 pm
Re: Namibië Plaas Koop
Bloudraad2...Wil nie jou Post hi-jack nie, maar dalk is daar van die manne wat meer in ligting kan gee om betrekking hoe Namibiese Burgerskap verkry kan word? Ek weet daar is n hele paar rumors wat rondloop, en of hul nou wettig is of nie, weet ek ook dat n hele paar manne dit al reggekry het. Ek het ook al gehoor dat dit die saak vergemaklik as n ou n sekere bedrag investeer in die land? Bloudraad2, dalk is dit n roete om te volg?