MARCH 3-24X52 Toets

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Geno »

More manne.

Die 2.5-25x52 wat by Wors en FM was, het agtergebly. FM het besluit om hom vir homself te koop. Dus, glo ek ons sal nog so paar goed lees oor die teleskoop soos wat die tyd vorder.

Verder is die 3-24x52 FFP teleskoop tans by Peet Blom (hititatlongrange).
Hy het Saterdag die volgende foto vir ons gestuur:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/1115m%20Springbok.jpg

Ek dink die foto spreek vir homself. Dat die man weet hoe om 'n roer te dryf, is verseker waar!

Groete
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by ruaanb »

Liewe ouers....
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by andre007 »

M..r
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Armand9 »

Sien ek n RSA aksie raak?
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Jaco v Zyl »

Welgedaan,geweer, telskoop en al die toerusting,baie welgedaan Peet!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by G-force »

Armand9 wrote:Sien ek n RSA aksie raak?
Jy doen ja.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by CarelG »

Watse kaliber is daai roer?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Geno »

Carel,
Dis 'n 6.5x284
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Peet Blom
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Tue May 07, 2013 9:39 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Peet Blom »

Terugvoering van die MARCH 3-24x52 FFP teleskoop. Eerstens dankie aan G&G Varminting vir hul vertroue, asook die geleendheid om wêreldklas toerusting van hierdie formaat te toets in veld- en jag toestande.

Sommer met die eerste optel slag het ek besef dat hierdie scope 'n 'meneer' is. Man kan sommer voel hy's solied, stewig en lekker kompak. Byna 'n derde kleiner as jy hom vergelyk met 'n NXS model van Nightforce. Baie dieselfde grootte as Leupold se Merk4 Taktiese teleskope.

MARCH se lense/glas is seker een van sy grootste sterkpunte. Die vorige 2.5-25x52 Compact MARCH se lense het ek met 'n nuwe ATACR se lense vergelyk, en sonder om "BIAS" te wees sommer die ATACR se eienaar self gevra wat hy dink. Groot was my verbasing toe hy die MARCH se glas eerste plaas. In ons 'sonskyn' Suid-Afrika is die 52' objektief meer as voldoende om genoeg lig deur te laat.

Die tactical turrets is lekker laag en kompak. Die clicks is lekker stewig, duidelik, en met 25moa per rotasie van die 1/4moa verstellings. Die parallax kan RERIG fokus vanaf 10m tot infinity. Hy vestel nogal stewig en skerp. Vir pa wat links skiet was dit nogal 'n uitdaging, maar vir my het dit goed gewerk.

Die FMA2 FFP reticle was vir my seker die lekkerste kruishaar waarmee ek nog gejag het. Daardie 1/8 floating dot doen dit net vir my. Daardie kolletjie suig lekker was op enige teiken, naby of vêr!!
Oor die FFP kruishaar en hoe prakties/bruikbaar dit is .... "ek kan nog nie presies antwoord nie" ;)!! Ek dink dit is 'n groot voordeel, egter iets om aan gewoont te raak. Hierdie was die eerste FFP teleskoop waarmee ek nog gewerk het, en uit die aard van die langafstand skote gebruik ek gewoontlik die grootste vergroting. Vir skote anderkant 400m op wild beveel ek in elk geval almal aan om eerder te stel as om af-te-mik aangesien 'stel' net meer akkuraat is. Waar dit vir my beslis waarde inhou is die feit dat indien jy in wisselende toestande skiet en jou windage/(defleksie) vinnig moet vestel/verander, jy dit met die kruishaar kan doen sonder om jou oog van die teiken te neem. Self sal ek dit eers moet bevestig.

Die vergroting stel ring is redelik stewig, vir sommige mense kan dit 'n uitdaging wees indien hulle vinnig van maksimum na minimum wil verander. As jy egter aan jou scope gewoond is en gereeld daarmee werk voorsien ek nie dat dit 'n probleem te wees nie.

Die 'dust covers' werk uitstekend, selfs beter as "Butler Creek" s'n!! Hulle het 'n ekstra funksie deurdat jy hulle kan lock deur hulle plat(horisontaal) op die scope liggies te druk (waar hulle 'lock'). Dit voorkom dat 'n sterk wind hulle rond flap. Die agterste een word ook nie beskadig indien jy met 'n keppie skiet wat tydens recoil dit tref nie (met Butler Creek kan dit nie heeltemal plat druk nie en die keppie se stamp laat kraak die plastiek gewoontlik).

Met die vergroting (3-24x) kan jy basies die scope vir enige jag gebruik, 10m tot 1000m+

Dankie G&G weereens vir die geleentheid

Goed gaaf ...
Peet Blom
If you can range it, you can shoot it ...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Arnold »

Baie dankie Peet.
Hoe bruikbaar is die kruishaar op 3x vergroting?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Geno »

Peet, baie dankie vir die tyd en moeite wat jy ingesit het om die teleskoop te toets.

Manne,
Peet is baie beskeie. Hy het nog 'n paar bitter goeie skote geskiet met die teleskoop waaronder hierdie een:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/792bok.jpg

Groete
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Wouter Roets »

Hallo Peet

Hoop dinge gaan goed daar by jou. Dankie vir die lekker terugvoering en baie geluk met n paar pragskote. Jy mag maar!

Groetnis
Wouter
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Piet Breedt »

Mooi geskiet Peet. Het julle die heel nuwe NF ATACR wat se "Made in USA" gehad om te vergelyk met die March. Ek het so een en volgens almal wat die vorige model het, het hy heelwat beter glas as die vorige model.

Ek sal graag wil sien hoe vergelyk hy met die March. In daglig kan ek nie verskil sien in helderheid tussen die nuwe NF teen my Zeiss Diavari Victory nie, en ons almal weet hy is bewys as die beste en helderste lense op enige scope.

Wayne Klaver het n March, en as ons weer saam skiet sal ek bietjie moeite doen om die twee langs mekaar te sit en te vergelyk.
User avatar
Peet Blom
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Tue May 07, 2013 9:39 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Peet Blom »

Arnold wrote:Baie dankie Peet.
Hoe bruikbaar is die kruishaar op 3x vergroting?
Yes Arnold

Volgens my, net so goed soos 'n duplex. Vir korter afstand waar meestal vinniger skote geskiet word lewer 3x genoeg 'field-of-view' om jou teiken lekker vinnig op te tel en te volg. Die FFP reticle se inkrement is hier so klein en naby aan mekaar dat dit vir my nie hier bruikbaar is nie. Vir my is dit ook nie op hierdie korter afstande nodig hiervoor nie. 'Point-blank-aiming' is meer as voldoende op meeste teikens op korter afstande. Dit is vir daardie verder afstande waar jy wel die inkremente met die groter vergrotings baie lekker en akkuraat kan gebruik vir elevasie kompensering. Die FMA2 reticle met sy lekker fyn 1moa inkrement kan baie goed hiervoor aangewend word.

Ek het die scope meestal op langer afstand gebruik en grotendeels op sy maksimum (x24) vergroting aangewend. Waar ek glo die FFP scope van groot waarde kan wees is wanneer jy 'n teiken mis weens 'n foutiewe wind defleksie verstelling, jy kan jou fout baie vinnig en redelik akkuraat kwantifiseer met die 1moa windage inkrement. So kan jy volg met 'n vinnige opvolg skoot.

Goed gaaf ...
Peet
If you can range it, you can shoot it ...
User avatar
Peet Blom
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Tue May 07, 2013 9:39 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Peet Blom »

Oom Piet
Ek het die 2.5-25x42 compact by my gehad toe ek n vriend se nuwe Atacr vir hom monteer het. Ek't die MARCH vir hom gegee om sommer te beloer. Hy't uit sy eie die twee vergelyk en die louere aan die MARCH oorhandig. Of dit van die nuwe of ou Atacr's was sal ek nie kan sê. Kan net noem dat dit vroeg die jaar was.

Goed gaaf...
Peet
If you can range it, you can shoot it ...
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Piet Breedt »

Peet, die eerste 4 "Nuwe model Made in USA" ATAR's het eers hier geland met Huntex. Sy lense is strate beter as die vorige ATACR. Ek weet die March'es is verskriklik duidelik en het maar net gewonder hoe hulle vergelyk.
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Post by Jaco v Zyl »

Oom Piet
Volgens my inligting het die vorige atacr en nuwe atacr dieselfde glas,die verskil is aan die ilumination, die turrets,en die fokus verstelling gemaak.
Groete
Jaco
Post Reply