30 duim 6.5x55 Quickload hulp asb.

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

30 duim 6.5x55 Quickload hulp asb.

Post by savage(P Coetzer) »

Goeie dag manne.
My 6.5x55 het uiteindelik sy nuwe loop op en nou wil ek hom aan die werk kry.
Kon vanmiddag die volgende data versamel en sal baie dankbaar wees as iemand vir my in die regte rigting kan wys.

Die loop is n 772mm/30.39 duim walther heavy palma op n cz550 aksie.
Die s365 wat ek gebruik is n mengsel tussen 3 batches.
Water kapasiteit 57.1gr.

Met 140gr nosler cc en 43gr kruit was my gem spoed 2845ft/s en groepering was aanvaarbaar.
Tpl was 75.5mm maar dis n lang pad voor die lande of magasyn my gaan beperk.

Met 44gr kruit was die groep minder aanskoulik en die gem spoed was 2910ft/s.

Met die 130gr berger hunting vld en 44gr kruit was die gem spoed 2946ft/s en groepering was maar gemiddeld.
Tpl was 77.7mm en ook ver van die lande af.

Geen druk tekens was sigbaar nie en op die oog af gaan ek maklik 3000ft/s kan breek maar wil my self nie opblaas in die proses nie.

Sal angstig op julle aanbevelings wag!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 30 duim 6.5x55 Quickload hulp asb.

Post by Pvdw »

Savage mat die 140gr NCCs is die vinigste node wat ek kan kry op 0.155ms met 'n speoed van 2777ft/s. 41.5gr kruit behoort jou bitter naby daaraan te kry.

Die volgende viniger node is op 0.138ms teen 2987ft/s maar drukke is dan al teen 62200psi wat al oor maks is selfs vir die nuwe sterker aksies.

Gou geloer, selfs met S385 sit jy met presies dieselfde probleem.

3000ft/s gaan gevaarlik warm raak. Bly eerder daar weg.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 30 duim 6.5x55 Quickload hulp asb.

Post by Pvdw »

Met die VLDs lyk dinge beter.

QL voorspel dat jy wel die 0.138ms node kan gebruik.

Mik vir MV van 3040ft/s. Voorspelde lading van 45.7gr. Werk hom rustig op na daai spoed en jy behoort veilig te wees met druk van 56600psi.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: 30 duim 6.5x55 Quickload hulp asb.

Post by savage(P Coetzer) »

Baie dankie Pvdw!!
Sal more oggend n proef gaan doen.
Post Reply