Voertuig Besprekings

User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Jake1 »

Ek het n lekker ou 3deur Rav, ek is mal oor hom hys 4x4 en maak menige 4x4 se naam alie, en bmw ook nie nuut nie. Hulle is reeds betaal. Ek werk nie vir n voertuig nie, n voertuig moet vir my werk. ;D
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Voertuig Besprekings

Post by win270 »

Goed gestel, Jake1!! ++>:
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

As n mens hier rondlees tussen die manne se kommentare oor voertuie kan jy nie anders as om n paar gevolgtrekkings te maak nie. Dit is vir my opvallend oor hou min kennis en ondervinding daar werklik oor voertuie is. Mense se vooraf opgestelde gevoel oor n fabrikaat of model bly opvallend. Dit is duidelik as iets genoeg herhaal word oor iets word dit wet of dit waar is of nie. Pelle se woorde word ook die "Alpha en Omega" eerder as toetse in gerepekteerde publikasies. Opinies word rondgeslinger sonder dat daar baie keer eers n voet in daai voertuig gesit was. Maar n mens aanvaar dat hierdie maar sal aanhou solank daar voertuie sal wees. Hierdie aspekte is verseker ook nie uniek aan die motor bedryf nie. Lees maar net verder op die forum om te sien dat dit nie net beperk is tot die aspek nie.

Groetnis
Wouter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Johan Nel »

Wouter,
Jy weet mos maar hoe dit gaan. Hoekom wil mens 'n lekker argument met feite befoeter... ++>:
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by PWV »

Wouter, waarmee ry jy? ???
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by tripodmvr »

Dit wat ek Wouter mee sien ry het is 'n V8 Land Cruiser stasiewa.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by PWV »

tripodmvr wrote:Dit wat ek Wouter mee sien ry het is 'n V8 Land Cruiser stasiewa.
Wow!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Wouter Roets »

Oom PW

Huidig ry ek Toyota voertuie, maar die feit maak my geensins toe vir ander fabrikate se sterk of swak punte nie. Voertuie is een van my menigte passies en ek neem verseker die hele spektum van faktore in as dit by n besluit kom. Ek besef ook deeglik dat elke mens n ander behoefte het as dit kom by karre, maar wat ek nie kan vat is as daar snert gepraat word nie en hierdie sluit voertuie in.

Soos wanneer daar vir raad gevra word en die persoon wat antwoord bv werkverrigting as n sterkpunt uitlig. Maar gaan kyk dan na die vergelykende artikels van die voertuie en dan kom dit uit dat dit eintlik n swakpunt is van die voertuig. Duidelik het die persoon nie n benul waarvan hy praat nie maar die insette loop vrylik. Maar soos reeds gese die geheim in die lewe is vir wie jy jou ore uitleen en die teendeel is ook daar van ignorance is bliss by die meeste mense. Ek los dit nou maar daar.

Groetnis
Wouter

Ps Hoeveel van julle koop op n gereelde basis mortydskrifte?
User avatar
stephan2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Mon Oct 10, 2011 9:39 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by stephan2 »

Weg , Weg sleep en Car elke maand.
En as ek reg onthou het ford die sleep kompitisie gewen.
Of is ek verkeerd.

Groete Stephan
Hoe se hulle . As jy nie weet , maak tenminste of jy weet.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Jacko »

Weg en Wegsleep is nie motortydskrifte nie.

As jy meer van 4x4's wil lees, koop WegRy.

Wouter maak 'n geldige punt. As ek sê wat ek vir 'n lewe doen, sal ek mense moet elimineer. :-)
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Voertuig Besprekings

Post by DWB »

Jacko dan neem ek aan jy is ñ Genekoloog?

;D ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by PWV »

Jacko wrote:Weg en Wegsleep is nie motortydskrifte nie.

As jy meer van 4x4's wil lees, koop WegRy.

Wouter maak 'n geldige punt. As ek sê wat ek vir 'n lewe doen, sal ek mense moet elimineer. :-)
Is jy 'n begrafnisondernemer? ???
User avatar
stephan2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Mon Oct 10, 2011 9:39 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by stephan2 »

Jaco dink jy is reg. Dis nie motor tydskrifte maar ek kamp graag en met veral wegsleep kry ek inligting van watter voertuig my die beste by my eindbestemming gaan uitkry. Stel glad nie in die tyd van robot tot robot belang nie.
Defnitief n begrafnis ondernemer.en ja ek kry weg ry ook.
Lag en almal lag saam??
Stephan Booysen
Maniertydskolkjes
Kenhardt
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Jacko »

Ok, as jy WegRy lees, sal jy weet wat ek doen stephan2. ;-)
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Voertuig Besprekings

Post by Koos Barnard »

Jacko
Wou nog vir jou se, ek geniet die tydskrif meer vandat jy baas is. Great job! Hou so aan.
Mooi loop
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Wouter Roets »

PWV wrote:
Jacko wrote:Weg en Wegsleep is nie motortydskrifte nie.

As jy meer van 4x4's wil lees, koop WegRy.

Wouter maak 'n geldige punt. As ek sê wat ek vir 'n lewe doen, sal ek mense moet elimineer. :-)
Is jy 'n begrafnisondernemer? ???
DWB wrote:Jacko dan neem ek aan jy is ñ Genekoloog?

;D ;D
Nee julle hy is Blokman!

Jaco ek het die tydskrif nog nooit onder oe gehad nie maar sal hom bietjie beloer in die vervolg.

Groetnis
Wouter
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by PWV »

Blokman, ....laksman, .....begrafnisondernemer, ....bakkiejagter, ... Wat is die verskil?
++>: ++>:
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Jacko »

Koos Barnard wrote:Jacko
Wou nog vir jou se, ek geniet die tydskrif meer vandat jy baas is. Great job! Hou so aan.
Mooi loop
Baie dankie vir die kompliment, Koos. Ek wil sommer dieselfde van SA Jagter sê. :-)
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by tau »

Redakteurs hoekie.

Jacko watse bakkie ry jy? EK ry dieselfde bakkie en jy toets tog alle beskikbare bakkies en jou insette is dus waardevol >:+ >:+
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Jacko »

Tau, al die Japanese bakkies (en die Duitser) kan die job doen.

Soos ander gesê het, hang dit af van jou behoeftes. Maar ek dink die Ranger/BT en Amarok het die skille van 'n paar mense se oë laat afval.

NS: Ek ry 'n Navara wat bietjie hoër staan en gepimp is vir off-roading.[IMG]http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/12 ... 450dd2.jpg[/IMG]
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Swys14 »

Hoeveel Supercab/Xtracab bakkies bestaan in die SA mark wat 4x4 en Outomaties is?

Ek weet slegs van die 3.2 Ranger...is daar nog?
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Swys14 »

Righto, ek gaan binnekort 'n bakkie koop, moet Supercab wees (koop dit deur die besigheid).

Ek het besluit om nie 'n 4x4 te kry nie.

Dit moet Outomaties wees, dit los my nou met 2 opsies:

1.) Mazda BT50 3.2 Freestyle Cab 4x2
2.) Isuzu KB300 LX (het so 3 maande gelede in Outo uitgekom) Extended Can 4x2

Ek het al beide bakkies gaan ry en sukkel nogals om my mind op te maak.

Deel 'n bietjie van jul ervarings oor die bogenoemde twee bakkies.

Die Mazda kom nie met Klimaat Beheer en Rear Parking sensors nie maar hy trek soos 'n trein. Beide bakkies ry baie lekker maar ek verkies die Isuzu se 5sp auto box teenoor die Mazda se 6sp. Die Mazda se binneruim is baie aangenaam maar die Isuzu is nie sleg nie. Die Mazda se rit was vir my effens beter en ook die stuur gevoel. Ek voel die Isuzu is die mooier bakkie en mag sy waarde dalk beter hou oor 5 jaar. Ek sukkel om te beslui

Jy weet wat jy kry as jy 'n Isuzu koop, betroubaarheid, maar ek hou ook van 'n underdog :)
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 629
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Jackalsniper »

het van julle manne ondervinding met die isuzu 240 4 x 4 bakkies. kan een kry vir n goeie prys. 2010 model. hoor hul is maar dors,maar sal hy werk vir jakkies jag?, sal sy hoer revs nie die ongediertes verskrik nie , of hang dit maar af hoe ek hom ry?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Voertuig Besprekings

Post by ruaanb »

Hulle is rof op sous......vriend van my het syne vinnig verkoop agv dit.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Voertuig Besprekings

Post by Swys14 »

is daar niemand wat 'n Isuzu of Mazda supercab automatic besit nie?

Ek het geen eienaarskap ervaring van beide nie...

Dan watter Isuzu/mazda handelaars kan julle aanbeveel? Die na-verkope diens is vir my baie belangrik. Die naaste mazda handelaar aan my is Mekor Tygervalley. Isuzu is dit Bellville en N1 Stad wat relatief naby is.
Post Reply