Kan iemand my dalk help met herlaai data vir 'n marlin .44magnum lever action?
Ek het S265 kruid gekoop en CCI350 primers met pmp en hornady doppe.
.44Magnum
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: .44Magnum
Ek skiet 22,5gr S265 met 250 swc loodpunt en LP primers op my 8 3/8" rewolwer met baie goeie resultate.ek vermoed jy gaan moet mik vir n spoed van 1700-1800ft/s met die geweerloop.
Begin op 21 gr en skiet oor n chronograaf dan kan jy van daar af werk.Somchem het wel herlaaidata op die webtuiste vir die 44 Mag
Gaschecks sal baie help as jou spoed so hoog raak.die lood bou later erg op in die keel van die loop wat slegte druk kan veroorsaak.
Daar is goeie koper bedekte koeels beskikbaar maar ek verkies n goeie loodkoeel vir jag.

Reloader270
- Hero Member

- Posts: 1051
- Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Re: .44Magnum
As jou 44 magnum 'n Marlin is met micro grooving, sal jy moet dink om dekron te gebruik as vuller om beter ontbranding met S265 te kry. Ek het 'n .357 Magnum Marlin met micro grooving en ek het redelik probleme gekry met onontbrande kruit in die loop na die skoot geskiet is. Die decron help om druk te verhoog wat beter ontbranding tot gevolg het. Ek gebruik ook Federal 205 SR slagdoppies. Jy moet die koeël ook maar 'n goeie krimp gee. Onthou maar net om jou lading van onder af op te werk en hou druk tekens dop.
-
Frederick
- Jr. Member

- Posts: 52
- Joined: Tue Apr 24, 2012 3:23 am
Re: .44Magnum
Dankie vir die terugvoer.
Omdat Somchem se data nie spesifiek vir .44mag geweer is nie huiwer ek vir daai ladings.
Ek het nie genoeg kennis om te kan se met sekerheid of daar 'n verskil sal wees nie.
Ek weet hier is baie manne wat met lever actions jag en ek wil nie graag 'n foutjie maak wat my geliefde ou geweertjie kan eina maak nie.
Dit is 'n Marlin. Hoe weet ek of hy micro grooving het? Dalk 'n dom vraag maar dom Jan is beter as stukkende Jan

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: .44Magnum
Frederick
Die "micro groove" lope het baie (omtrent 12+) groewe en die "lande" tussen die groewe is baie smal. Die ander alternatief is Marlin se "Ballard rifling", wat baie soos normale groewe lyk, waar die lande en groewe omtrent ewe breed is. Jy kan dit maklik sien as jy van voor af in die loop in kyk.
Die micro groewe is moeiliker om akkuraat te kry met gegote loodkoeëls, maar nie onmoontlik nie. Dis veral baie belangrik om die groefdiameter te meet ("slug"), want baie lope het groefdiameters van 0.431". (Die standaard vir 44 Mag is 0,429".) Met die regte grootte koeëls skiet hulle baie lekker. Geplateerde ("CMJ") en gemantelde koeëls werk gewoonlik baie goed.
Nog iets om in gedagte te hou, is dat die micro groef lope gewoonlik 'n 1-in-38" groefdraai het, wat jou keuse van koeëls effens beperk. Hulle kan soms met 300 gn koeëls werk, maar gewoonlik is 265 gn die maksimum wat sal stabiliseer by seevlak. Die Ballard groef lope, het omtrent 'n 1-in-20" groefdraai, wat amper enigiets sal stabiliseer, tot 350 gn of swaarder.
Kry of maak eers koeëls wat by jou loop se nukke en grille gaan pas.
Jy kan maar volgens Somchem se tabelle laai, solank jy onthou dat jy omtrent 500 fps ekstra gaan kry uit die geweer se langer loop, as wat 'n rewolwer sal lewer. Gebruik die data vir die enkelskoot Thompson Contender, wat 'n 14" loop het. Dit is darem heelwat nader aan 'n geweer-loop as 'n rewolwer. Die Marlin se aksie is redelik sterk, dus kan jy maar jou ladings verhoog totdat jy begin druktekens kry (plat slagdoppie, doppe wat effens styf sit in kamer). Verlaag so 'n grein van daar af om veilig te wees. (Nie baie wetenskaplik nie, maar doenbaar in die afwesigheid van betroubare data.)
As jou keuse van komponente uitgesorteer is, kan jy dalk ook hulp kry by een van die manne wat Quick Load gebruik.

Micro grooving en gegote lood koeëls werk ook nie lekker nie. Bly by gemantelde koeëls.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: .44Magnum
Met die regte aandag kan dit wel werk. Sien hierbo.Reloader270 wrote:Micro grooving en gegote lood koeëls werk ook nie lekker nie. Bly by gemantelde koeëls.