Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Goeie dag,
Het enige iemand ondervinding met cast bullets vir 458WM of 458Lott?
Ek soek n bietjie info op die tipe van punte veral met "paper patching" of gas checks.
Met 16-20 BHN kan jy +/- 2000fps kry.
Op swartkruit het ek gekom tot by so 1500fps op .50 kaliber maar was met sagte punte en swartkruit.
Ek wil graag eksperimenteer met lood koeels van 450 - 500gr tot op 2000fps wat wel haal baar is sonder leading.
Dit is NIE om olifante of buffels mee te gaan jag nie .
Enige info wat sal help sal ek waardeer.
Bass ek hou jou vraag dop vir die laaste paar dae, sal graag ook meer informasie wou he.
Ek is ook maar nog nuut met die gast bullets, so kan nie baie help nie. Ek het al die 500gr punte ge cast, lube en ge gas check. Sal die week begin met ladings vir die .458 WM
Ek het die selfde punte ook gelaai in my 45-70 met ladings wat Oom Mauritz Coetzee mee gewerk het. Ek sukkel so bietjie met met die lang punt en moet die punte dieper seat as wat ek sou wou......
Hallo RugerBoy,
ja nee die manne se info raak op as dit nie alle daagse vrae is nie.
Ek wil 500gr loodpunte skiet maar ek wil paper patch en nie gas check nie.
hulle moet so 18-22 BHN hardheid he en wil hulle teen 2100fps laat loop.
Ek besluit nog op die mold,Mike Newman se molds is goed maar kyk ook na
RCBS , Lyman en Lee se modelle.
Meeste van die info wat ek kry is maar van "castboolits" se site en my oom krap
ook kwaai aan die goed,hy skiet 458WM cast punte en paper patch.
Ek sien van die manne stoot .30 en kleiner caliber punte oor die 3000fps met goeie
akkuraatheid.
So ek soek maar nog info, ek wil ook die lood verhard deur van die verhardings prosesse
gebruik te maak waar hulle die punte warm maak en dan weer afkoel.
Size jy jou punte en as jy doen na watter grootte?
Gebruik jy Lee Alox as lube of gebruik jy "white lithium" grease?
Ek en n vriend het gietpunte in 303 probeer. Ons het gekry dat sodra jy bo 1600fps gaan sonder gascheck kry jy erge leadding.. Ons het gaschecks op gesit en daarvanaf geen probleme gehad nie. Ek wil nou weer daarme begin... dis darem bietjie goedkoper
Armand , ja sonder enige beskerming gaan hy lekker smeer.
Watse hardheid was julle lood ( BHN )?
Het julle enigsins met paper patching gespeel,dis wat ek graag wil laat werk?
Sommer net vir die lekkerte van skiet wil ek dit op 300WM,303,375,416 en 458 try,hoekom nie?
Bass nee daar het ek geen idee nie. Maar hulle was reedelik hard , juis oor hoe sagter hulle was hoe meer het hy in die loop afgesmeer.
Hoekom wil jy paper patch? Ons het dit in die 577/450 Martini probeer. Op die ou einde maar gelos
Vir intresandhyd, waar kry jy jou moulds?
Armand soos ek se dis maar speel en ek het baie lood.
Dis mos maar skiet en skiet is lekker,as jy kan goedkoper punte skiet op die baan
is dit mos maar net n bargain,ek wil meer skiet en met paper patching kan jy daai koeel
redelik hard druk.
Die molds is maar Lyman #457406 en Lee C457-500-F.
Ek moet nog die lead hardness tester bou en dan begin giet.
Daar is nogal baie info op die amerikaanse sites oor die topic en die manne kry dit reg
Moet maar die loop slug,chamber mould maak ( free bore check ) en dan besluit op die regte koeel.
Het julle die Martini se koeel gepatch en toe gesize??gelube??
Sien jy vra Waar kry ek die moulds.
Shop maar rond by die verskillende gun shops maar het al my moulds so ver maar uit VSA
bestel.( Track of the Wolf , Midway USA , Lyman )
Mike Newman in JHB maak ook moulds .
Ons het nie die martini se punte gesize nie. Die grootste sizer wat die lubresizer kon vat dink ek was hoeka 458. Ons het hulle net gepatch en nie gelube nie.
Daarna het ons maar met n mengsel van bye was en sagte vet gelube sonder om te size. Beste russeltate so gekry.
Die gietpunte is maar n ander pert om op te saal! Maar soos jy se, as n man kan meer skiet hoekom nie. Ek sal nog met die gietpunte wil jag ook!
Ek het vir die voorlaaier .500 kaliber punte gegooi en hom gekry dat jy darem 5 skote
op 100m so n 1.5" kon handhaaf,maar swartkruit is maar taai om alles bymekaar te kry
dat dit konstant bly.( dis met n 4x40 scope en nie oop visier nie )
So die lubes is gesort maar ek sal eers met Lee Alox werk en dan verder kyk as dit nie wil werk nie.
Sal hom cast,size en dan op patch tot so .459-.460 maar moet hom eers slug.