Geagte Lede, JARACAL
Vrede Skool hou op Saterdag, die 29ste Augustus 2015 by Greylingdam (S 27 26,352; E 029 11,995) in die Vrede Distrik ons jaarlikse Kleiduifskiet kompetisie.
Dit is ons tweede jaar wat hierdie geldinsameling ten bate van ons skool gehou word en ons hoop dat u die dag saam met ons kan kom geniet.
Behalwe die groot pryse wat op die spel is, het Blaser ‘n Springbok Kleiduif skut vir ons gereël wat vir ons ‘n demonstrasie gaan lewer op die dag van die kompetisie. Dis nie aldag dat ‘n mens hierdie vernuf in aksie te sien kry nie!
Eerste prys : (Mans)
Do-All Outdoors RAV11 Automatiese Kleiduif masjien ter waarde van R12 500 is deur ons hoofborg
PRO SPORT Standerton geskenk (R2500 bygedra deur Blaser gewere)
Eerste prys :(Dames)
R5000 koopbewys by Woolworths - Geborg deur Barto Luus
Eerste prys: (kinders onder 14 jaar)
Tablet geborg deur Itec computers Vrede
Gelukkige trekkings: Verskeie pryse vir slegs die wat die prysuitdelingsfunksie kan bywoon
Algemene reelings vir ons dag:
-
Vir slegs R220 ontvang jy 12 kleie en 12 patrone wat vanaf 3 verskillende skietpunte uitgeskiet word
- Jy skiet met jou eie 12 boor haelgeweer. Afskrifte van wapenlisensie en ID moet met registrasie
ingehandig word.
- Daar word baie noukeurig telling gehou totdat die beste 5 skuts bepaal word. Vir ‘n verdere R220 kry
hierdie skuts dan die kans om weer hul vernuf teen mekaar te toets todat die wenner van die dag bepaal is
- Hierdie jaar is daar ‘n kategorie vir dames en kinders 0/14 met ‘n groot eerste prys vir elk ook-die kinders se kaartjies beloop ook R220.00.
- Registrasie begin om 08h00 , opening sal 08h30 wees met die kompetisie wat stiptelik om 09h00 sal begin .
- Daar word ook eetgoed en verversings op die dag verkoop.
- Bring eie kampstoel en sambreel
- Kontantkroeg sal, na die kompetisie afgehandel is, beskikbaar wees.
- Kindervermaak sal beskikbaar wees ( apart van die skietbaan)
Moenie huiwer om enige een van ons te kontak indien daar verdere navrae is.
Vrede-groete,
Mel 082 327 0791
Rachel 082 333 8266
vredekleiduif@gmail.com
Vrede Kleiduifskiet Kompetisie 2015
-
Vredekleiduif
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Wed Jul 22, 2015 6:08 pm

