Die beginner wat wil herlaai vraag?
- DriesdlR
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am
Die beginner wat wil herlaai vraag?
My seun het so pas sy 7x64 in ontvangs geneem en het ook sy scope wat hy by n vriend present gekry het opgesit.
Hy gaan nou vir die eerste keer met sy nuwe roer skiet. Die vraag het by ons altwee ontstaan....
Koop n man van die begin af "beter" ammunisie wat jy dan beter diens uit die doppe sal kry sou jy wil herlaai of koop jy eers die goedkoopste om sodoende jou scope reg te stel en dan slegs die beter Amunisie om "in te skiet" voor die jag?
Sy kop het so gewerk...ook maar as gevolg van beskikbaarheid van die verskillende make -
Eerder as PMP Pro Am 170g koop hy toe Norma Oryx 170g. Dit is wel heelwat duurder maar dink toe die Doppe gaan hom wel beter diens in die lang termyn gee???
Ek verstaan nie veel van die herlaai goed nie maar hy en sy pelle (van hulle baie ondervinding) het so gereken!
Hoe loop so n argument?

- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Middag Dries
Ek sou sê begin met die goedkoop goed (dis wat ek gedoen het), PMP bruin box. Mens moet tog maar die roer gewoond raak, inskiet, scope instel ens.
Jou punt met die Norma doppe is geldig, maar ek herlaai nou weer al die PMP doppe wat ek versamel het, en ja, hul diens tydperk is nie so lank soos wat Norma of Lapua sal wees nie, maar my kadings werk perfek met die PMP doppe. In 30.06 & 7x57 so gemaak.

Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Norma doppe is goed en dan het jy klaar doppe wat gefire form is in jou geweer se kamer as jy wil begin laai.
Sou vir my ook sin maak.
Sou vir my ook sin maak.
- Boersonderroer
- Sr. Member

- Posts: 346
- Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Ek weet PMP verkoop net ProAmm vir 7x64 teen so R400 vir 20. Wat prys daai Norma's? As jy wil goedkoper skiet Sal jy Sellier & Belliot of Prvi moet kry teen R 300 n boks. Hulle doppe is swak in vergelyking met PMP. Jy kan solank met ProAmm jag. Nuwe Norma doppe kos so R1200 vir 100.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
- DriesdlR
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Prys was R620 (20)
So teen R12 per dop vir 100........dink dit klink vir my sy besluit is so half en half?
So teen R12 per dop vir 100........dink dit klink vir my sy besluit is so half en half?
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Ek self het heeltemal anders redineer. Toe ek my oupa sa 243 erf het ek besluit om i.p.v rondtes te koop en dan later te begin herlaai, eerder te spaar terwyl ek vir lisensie wag en om dadelik herlaai goed te koop. Ek het begin met lee biginner stel wat ek gekry het met matryse vir net onder 2k wat ek steeds gebruik. Oor tyd het ek vir my ekstra goed gekoop soos ek benodig het of my gat gejeuk het.
Maar as jy wil goeie komponente he kry maar wat jy graag sal wil gebruik. Soos norma ammo wat vir jou goeie doppe gaan gee. Hy moet volgens my net probeer om soveel pakkies van die selfde lot te kry soos moontlik. Ek dink dit gaan hom meer konstante dopvolumes gee, maar ek is nie seker nie dit raai ek!

- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Ek stem saam, gaan die norma roete. Geluk met puik kaliber keuse
Groetnis
Gert
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Dries kan ek so vra, het jou seun al herlaai? Het hy kundige herlaai vriende wat uit die staanspoor kan help reg laai??
Hoekom ek vra is omdat ek al etlikke kere gesien het hoe nuwe herlaaiers doppe kan opneuk ongeag die kwaliteit van die dop. El beveel altyd aan dat mens op goedkoopste moontlikke doppe leer herlaai tot jou basiese tegnieke reg is en dan sit jy paar rand op sy en koop jou 1ste goeie virgin doppe om mee aan te gaan.
Hoekom ek vra is omdat ek al etlikke kere gesien het hoe nuwe herlaaiers doppe kan opneuk ongeag die kwaliteit van die dop. El beveel altyd aan dat mens op goedkoopste moontlikke doppe leer herlaai tot jou basiese tegnieke reg is en dan sit jy paar rand op sy en koop jou 1ste goeie virgin doppe om mee aan te gaan.
- DriesdlR
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Pvdw
Hy het n paar vriende wat baie geskoold is in die herlaai ding en ek glo hy gaan van die begin af reg leer. Ek het baie vertroue hier aangesien hulle al jare lank laai vir verskillende kalibers. Hy het hoeka die Norma roete gegaan op hulle aanbeveling.
Hy het n paar vriende wat baie geskoold is in die herlaai ding en ek glo hy gaan van die begin af reg leer. Ek het baie vertroue hier aangesien hulle al jare lank laai vir verskillende kalibers. Hy het hoeka die Norma roete gegaan op hulle aanbeveling.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Dries in daai geval dink ek hy loop die regte roete.
- DriesdlR
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am
Re: Die beginner wat wil herlaai vraag?
Dan voel ek ook gelukkig!
Dankie manne, ek sal sy vordering dophou en laat weet met tyd
Dankie manne, ek sal sy vordering dophou en laat weet met tyd