Register vir die Klassifikasie van Jakkalsroepe
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 844
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Goeie dag
Dankie aan Geno vir die inisiatief van 'n geslote forum oor Jakkalsjag.
Ek weet daar is êrens so 'n register begin, maar wat ek graag sal wil sien is dat die groep geboorte sal gee aan 'n opgedateerde register vir die klassifikasie van Jakkalsroepe. Die persone wat Jakkalsroepe se CD's saamstel maak die klanke hul eie deur name te gee soos Swartrug, Paljas, Doekvoet ens. Ek het begrip en respek daarvoor, maar as jy 2 uur in die oggend probeer onthou wat daai klank beteken, raak 'n ou nogal deurmekaar. Indien die groepe geklassifiseer kan word in groep-, enkel, - uidagings, bakleie, kleintjie- (roep, baklei ) nuuskierige klanke, kosklanke van klein na groot diere en ook roepe vir ander diere sos rooikat, hiëna ens . Met 'n eenvoudige Excel speiblad kan die klanke se naam, outeur, jaar uitgereik, watter maande die klank effektief is, die helderheid en selfs hoe die klank gegraad word as gevolg van ondervinding deur die jagters. Dit sal die jakkalsjagter instaat stel om sy roeper meer gereeld te programeer in verskillende tye met die opgedateerde of nuwe CD's op die mark.
Ek hoor graag wat sê julle.
Dawie

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Register vir die Klassifikasie van Jakkalsroepe
Right, ek het my popcorn.....
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Register vir die Klassifikasie van Jakkalsroepe
Dawie, Dawie, Dawie.
Ek het die paljasse dan juis so mooi benaam, nou gebruik jy dit so ydelik as voorbeeld:
Paljas Solo 1&2 = 1 jakkals wat roep (vandaar solo)
Paljas Duet 1&2 = 2 jakkalse wat roep (vandaar duet)
Paljas Sukimaat = 1 jakkals teef wat haar maatjie soek (vandaar sukimaat)
Enigste wat jy moet weet is dat Jakkals Paljas 1 & 2 groep jakkalse is wat roep, maar julle sakeman-prokureers is mos lekker slim, daai een kan jy seker onthou?
Steenbok Paljas is rêrig steenbok distres
Haas Paljas is rêrig 'n haas distres ens ens.
Paljas Vreet, Tjank, tik-tik en worstel veduidelik dan die klank ook so mooi?
O ja, en ek gee die Paljas klanke 'n A+, as jy niks daarmee ingeroep kry nie, moenie my skuld gee nie....

Oom Louis
Ek dink Oom verstaan my verkeerd. Ek praat nie net van Oom se klanke nie, maar van al die jakkalsklanke wat ons mee te doen kry. Met so 'n register kan die klanke in groepe makliker op die roeper geplaas word. Ek het Paljas gekoop asook die toepassing daarvan.
Miskien wil ek net verhoed dat mens later met 'n labtop veld toe moet gaan.
Mac, ek het nie my voorstel ter tafel gelê om 'n bakleiery uit te lok nie. Ek dink net so 'n register is onafwendbaar vir die toekoms, veral in die lig gesien van klanke wat nog in die mark gaan kom.
Groete

Dawie,
Hierdie versoek het al sommer 'n klomp kere in die verlede sy verskyning, in verskillende vorms, op die forum gemaak, ek tart nie as ek die popcorn grappie maak nie, maar stryery sal daar wees.
Hoeveel klanke gebruik jy (ek, ander) in 'n nag, kom ons vat 'n gemiddede van 5 stands, en dan kan ons sê ons gebruik in daardie aand nie een klankie twee keer nie, wat hoogs onwaarskynlik is, en dat ons 4 of 5 klanke op 'n stand gebruik, dit is 25 klanke waarvan omtrent die helfde kos klanke sal wees, dit gee ons dan 15 jakkals klanke. Deel jou klanke op in baklei klanke, roep of uitlok klanke, antwoord en "curiosity" klanke, en dan kry mens dat elkeen maar net bv. 3 tot 5 keer gebruik word, of een klank een keer per stand.
As jakkals jagter, ken jy jou streek, jy weet watter klanke in jou streek werk, en jy ken die verskil tussen 'n roep, enkel, antwoord etc. Nou kan jy mos maklik op jou rekenaar jou klanke op deel soos dit jou pas. Jy ken ook watter tipe roep op watter tyd van die jaar die beste werk, en waar hy in pas op jou roep sessie, as jy dan jou klanke moet / wil verander, is dit dan heel eenvoudig.
Ek probeer jou regtig nie af skiet nie, maar terwyl die basiese norm vir 'n roep sessie seker deur almal toegepas word, kan ek jou 'n brief gee dat uit enige 10 jakkals jagters, gaan jy 10 veskillende toepassings van daardie norm kry.
Toe ek begin het, het ek vas geglo dat die suksesvolle jagters geheime klanke en handelswyse gehad het wat hulle nie deel met ander nie. Dit was eers later dat ek agter gekom het dat hulle enigste geheim eintlik maar tyd in die veld is, en die regte gebruik van die middels tot hulle beskikking.
Ek hoop jy aanvaar hierdie post in die gees wat hy gemaak is, en alle sterkte voorentoe.

- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1285
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Register vir die Klassifikasie van Jakkalsroepe
Ek dink Dawie het 'n goeie idee daar beet. Ek het al in die veld myself lekker deurmekaar gemaak en begin twyfel oor sekere klanke of dit groepklanke of alleen jakkals is. Verder ook nog die verskille klanke met party wat jakkkalsreun en ander weer -teef roepe is.Dawie Malan wrote:Oom Louis
Ek dink Oom verstaan my verkeerd. Ek praat nie net van Oom se klanke nie, maar van al die jakkalsklanke wat ons mee te doen kry. Met so 'n register kan die klanke in groepe makliker op die roeper geplaas word. Ek het Paljas gekoop asook die toepassing daarvan.
Miskien wil ek net verhoed dat mens later met 'n labtop veld toe moet gaan.
Mac, ek het nie my voorstel ter tafel gelê om 'n bakleiery uit te lok nie. Ek dink net so 'n register is onafwendbaar vir die toekoms, veral in die lig gesien van klanke wat nog in die mark gaan kom.
Groete
Dawie
Ek het regtig al begin dink dat ek te veel klanke op my roeper het. Ek het 2cd's van oom Hein en dan een van oom Taffie..... Ek dink ek ken al die volgorde net om in myself te begin twyfel. Al begin wonder of ek nie 'n folder moet maak vir elke 2maande-siklus en dat gereeld dit opdateer op die roeper nie.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Register vir die Klassifikasie van Jakkalsroepe
Neewat, ek trek sommer ou Dawie se been. Nie geweet hy kan so vèr dink nie....
Dink ek het al voorheen (lank gelede, kan nie meer die onderwerp onthou nie) op hierdie einste forum geskryf dat dit presies is wat ek doen op my roeper - om klanke vlgs katagorië op my roeper te laai.
Dit hou vir my verskeie voordele in, waarvan een is dat ek nie deurmekaar sal raak as soort by soort gelaai is nie.
Maar, ek dink dis die beste as elke ou dit so, vlgs sy eie smaak en ondervinding met die klanke sorteer. As julle egter oor enige van my klanke meer wil weet en hoe ek dit katagoriseer, vra net en ek sal dit na die beste v my vermoeë probeer beantwoord.
Kan net noem dat ek al agtergekom het dat daar jagters is wat my klanke anders aanwend as wat ek dit doen en sommer baie goeie sukses daarmee het. Ook klanke wat van my wat ek as "swakker" gereken het, het vir ander weer sukses gebring en hulle sweer daarby.
Die beste klank bly maar die een waarin jy vertroue het. En so af en toe bring 'n vars nuwe klankie net weer inspirasie.
Mooiloop.

Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Register vir die Klassifikasie van Jakkalsroepe
Is soos oom Louis se dat die klank waarin jy die meeste vetroue het die beste werk, seker om mens dit die meeste gebruik. Ook het ek al perongeluk (verkeerde) klank gespeel en goeie reaksie gehad. Ek groepeer ook my klanke op roeper in enkel roepe, groep roep, enkel reaksie, bakleie, ens. Voor die tyd maar so bietjie navorsing gedoen om seker te maak wat watter klanke is maar party klanke is so genoem dat jy nie sal weet of dit enkel of groep klank is voor jy daarna luister of oplees nie.
Ek hou daarvan as klanke soos Paljas cd en ook ander presies deur na naam te kyk te weet watter soort klank dit is. Of n mooi verduideliking saam cd wat verduilik watter klank dit is en in watter situasie dit opgeneem was.
Steeds baie dankbaar vir die manne wat baie moeite doen om klanke op te neem en saamgestel in n cd.

- Grenslyn
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
Re: Register vir die Klassifikasie van Jakkalsroepe
Dit was 'n baie goeie vraag wat Dawie gevra het. Baie jammer die draad het doodgeloop. Ons almal ken nie die klanke nie en is juis hier op die forum om meer te leer.
Ek het Hein, Louis en Taffie se CD's gekoop en wou ook al die klanke op my roeper groepeer, maar het nie 'n idee hoe om bv. die verskillende jakkalsgeluide te sorteer nie.
Dit is regtig jammer Dawie se versoek is afgeskiet.

Hein
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Register vir die Klassifikasie van Jakkalsroepe
Klasifikasie van Jakkalsroepe alla my metode (nie noodwendig korrek nie):
Enkelroep: waar slegs een jakkals skreeu, gekenmerk met rustige joedels en ietwat langer tussenposes van stilte. Voorbeeld: Rooi Alleen.
Territoriale roep: Vir my is dit gewoonlik 'n stel jakkalse wat hul gebied vokaal merk. Dus, 2 jakkalse wat saam roep. Voorbeeld Rooi Stel of Duet 1
Sosiale roepe: Dit is waar meer as een, jakkals (gewoonlik sommer 'n hele klomp) jakkalse saamgesels. Lekker joedels en blawwe gemeng. Baie keer hoor mens die stemmetjies van jonger jakkalse ook in hierdie roepe. Voorbeeld: Jakkals Paljas 1&2.
Reaksies: Dis ietwat anders as roepe. Gewoonlik meer opgewonde, gillerig en aanmekaar as die normale roepe. Voorbeeld: Jason Reaksie.
Dink distresse en bakleie en vreet klanke spreek vir hulle self? Mens moet maar tyd maak om mooi na jou klanke te luister en selfs aantekeninge te maak oor wat jy hoor en waar dit by jou storielyn gaan of kan inpas.
Hoop dit help.
Louis

Naskrif: As mens steeds twyfel oor roepe vs reaksies, luister na Duet 2 op die Paljas cd. Duidelik is daar een jakkals wat roep en die 2 de een wat reageer. Dis die verskil tussen 'n roep en 'n reaksie vir my.