Nissan 1400

Post Reply
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Nissan 1400

Post by Tiny Hunter »

Ek en my pa is tans opsoek na n Nissan 1400 bakkie met redelik baie kilo's op maar n reguit bak met geen stampe en roes! Ek is sestien en ons wil graag die bakkie heeltemal oordoen met nuwe verf. Enjin bietjie warm maak en die binne kant mooi maak. Dis so n projek wat ons al van klein tyd af beplan. Terwyl ons nou soek na die regte kandidaat bakkie sien ons jy kry die gewone model en die Champ! Kan iemand van julle manne my dalk verduidelik die verskil tussen die twee??? Verskil hul "interior" of enjin van mekaar, of wat is die groot verskil? Ek sal ook waardeur as daar iemand weet van n bakkie in die Kaap area wat my kriteria na kom en my n Heads Up kan gee! Dankie by voorbaat.

Groete
Hanro Geldenhuys
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Nissan 1400

Post by junglejulian »

Die champ het net bucket seats waar die gewone een n eenstuk bank het.dan het hy ook n rev counter waar die standaard slegs n speedo het.verder is hul maar dieselfde.
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: Nissan 1400

Post by Tiny Hunter »

Dankie oom Julian!!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nissan 1400

Post by Apie »

Die later modelle het ook n 5 spoed ratkas waar die oueres 4 spoed gehad het.
Grootgeword agter in n rooi Datsun 1400 De Lux mer n wit kappie!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Nissan 1400

Post by blaser »

die champ het ook n skuif ruit en kom met spots uit
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nissan 1400

Post by Gawie(13mm) »

Moenie die wit rims en kleiner "leer" stuurwiel vergeet nie.;D O-ja, die plakkers op die kant sê "Champ".
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nissan 1400

Post by PWV »

Gawie(13mm) wrote:Moenie die wit rims en kleiner "leer" stuurwiel vergeet nie.;D O-ja, die plakkers op die kant sê "Champ".
...en 'n lemoen op die aerial.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Nissan 1400

Post by Giepie »

Hey. Dit was nice karre daai. Menige jongman se eerste vevoermiddel. Het self met 'n Datsun 1200 GX Coupé begin. Nog steeds hartseer dat ek haar moes laat gaan.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: Nissan 1400

Post by Tiny Hunter »

Dis nou al vir baie lank my droom Kar!!
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1651
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Nissan 1400

Post by BeesBreet »

Yster trokkies daai!
My eerste wiele was n datsan 120y
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nissan 1400

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê.
Kontak my. 'n Vriend van my smous met bakkies. Hy weet moontlik van een wat beskikbaar is.

Groetnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Nissan 1400

Post by tau »

Rearwheel drive, ligte gat, handbriek en 'n 18 jarige op 'n plaas saam met sy pelle = sports. Daai bakkies loop op vreemde plekke.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Nissan 1400

Post by FHM »

Was my eerste karretjie (bakkie) toe ek uit die weermag kom 1986, met danger-pay wat gespaar was kontant gekoop.
R 9999.00 8)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Nissan 1400

Post by andre007 »

n Vriend van my het sy skaapsmous besigheid met so champ bakkie begin. Freeflow exzorst opgesit, tralies, mags en die loadbody op n manier gelig. Goed gewerk vir hom. Die champ het hom vir lank goeie diens gegee.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Post Reply