2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1095
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Dries Skiet »

Saterdag die 29ste Augustus het SAJWV saam met Sudami X-Ring die skiet aangebied.

SAJWV springbok en swartwidebees tekens is geskiet, drie skote per afstand, le oor n Harris tipe twee poot. Begin op 700m dan 600m, 500m, 400m en dan sluit jy af met drie kop skote op 300m.

Manne dit was groot pret, was vrek warem en die mirage het ons groot pakslae gegee en ek en baie ander het lekker klei getrap op 600 en 700m. Daar was ook manne wat weet hoe om in die toestande te skiet en hulle het ons gewys wat gedoen kan word.

Na die tyd het ons lekker gekuier by Inyati Park vir bietjie nabetragting en trane stort.

Dankie aan al die manne wat dit gereel het, Hecules en sy span, knap gedaan.

Ons maak volgende jaar weer so.
Last edited by Dries Skiet on Mon Aug 31, 2015 10:15 am, edited 1 time in total.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Nickvn »

Saterdag die 29ste Oktober? Nie miskien Augustus nie?

Groete
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1095
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Dries Skiet »

Nickvn wrote:Saterdag die 29ste Oktober? Nie miskien Augustus nie?

Groete
Genade! Dankie, het gou regemaak. ++>: ++>: ++>:
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2349
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by henried »

Ek dog SAJWV is teen skote op daai afstand?
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1095
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Dries Skiet »

Dit is juis die doel. Hierdie manne was almal gesoute skuts met top toerusting en het baie klei getrap. Was dit jag sou daar BAIE KWES bokke gewees het.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Eugene »

Dries Skiet wrote:Dit is juis die doel. Hierdie manne was almal gesoute skuts met top toerusting en het baie klei getrap. Was dit jag sou daar BAIE KWES bokke gewees het.
Dries, dis jammer ek het jou gemis Saterdag, sou graag wou bladskut!
Aim small, miss small
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Reggie Gerber »

Dries Skiet wrote:Dit is juis die doel. Hierdie manne was almal gesoute skuts met top toerusting en het baie klei getrap. Was dit jag sou daar BAIE KWES bokke gewees het.
Klink lekker Dries maar ek voel die doel moet nie wees om mense te wys hoe goed of sleg hulle skiet nie want in daai kondisies so die manne dalk nie geskiet het nie.

Groete
Reggie
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Eugene »

Reggie Gerber wrote:

Ek dink ons kan ure daaroor redeneer.... Die punt is maar dat die uitslae duidelik wys dat jy nie sommer net lukraak op langer afstande kan begin jag, sonder die regte toerusting en kennis nie. En selfs as jy dit het, loop dinge steeds soms nie reg nie....

Lukas Fouche wat saam met my geskiet het, het die beste op die SWB geskiet en ek amper die swakste op die springbok. Ek dink 'n man wat sy geweer en lading baie goed ken, kan by hierdie tipe kompetisies goed vaar, omdat jy blind skiet en nie onmiddellik terugvoering het nie. Maar as daar by jou twyfel is oor jou lading of spoed of hoe jou geweer gaan vaar onder sekere kondisies, gaan jy brul! Ek weet ek het.....
Aim small, miss small
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Reggie Gerber »

Eugene my punt is dat omdat dit n kompetisie is word jy gedwing om die skote te vat ongeag die kondisie van die dag. Om daarna die stelling te maak dat die doel was om te bewys hoe moeilik dit is om langafstand te skiet is bietjie "unfair"

iemand wat n lang afstand skoot gaan vat op n dier gaan seker maak dat die kondisies gunstig is daarvoor.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Eugene »

Reggie Gerber wrote:Eugene my punt is dat omdat dit n kompetisie is word jy gedwing om die skote te vat ongeag die kondisie van die dag. Om daarna die stelling te maak dat die doel was om te bewys hoe moeilik dit is om langafstand te skiet is bietjie "unfair"

iemand wat n lang afstand skoot gaan vat op n dier gaan seker maak dat die kondisies gunstig is daarvoor.
Dit is ongelukkig onmoontlik om in kompetisie formaat werklik LA jag te kan naboots. Ek het op al die bokke wat ek al verder as 400m geskiet het, minstens 30 min gevat voor ek geskiet het en dit sal chaos wees as jy 100 mense op 'n baan het en jy gee elkeen 30min per skoot....

Maar ek verstaan jou punt en stem 100% met jou saam.
Aim small, miss small
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Francoisv »

Eugene wrote:
Reggie Gerber wrote:
Dries Skiet wrote:Dit is juis die doel. Hierdie manne was almal gesoute skuts met top toerusting en het baie klei getrap. Was dit jag sou daar BAIE KWES bokke gewees het.
Klink lekker Dries maar ek voel die doel moet nie wees om mense te wys hoe goed of sleg hulle skiet nie want in daai kondisies so die manne dalk nie geskiet het nie.

Groete
Reggie
Ek dink ons kan ure daaroor redeneer.... Die punt is maar dat die uitslae duidelik wys dat jy nie sommer net lukraak op langer afstande kan begin jag, sonder die regte toerusting en kennis nie. En selfs as jy dit het, loop dinge steeds soms nie reg nie....

Lukas Fouche wat saam met my geskiet het, het die beste op die SWB geskiet en ek amper die swakste op die springbok. Ek dink 'n man wat sy geweer en lading baie goed ken, kan by hierdie tipe kompetisies goed vaar, omdat jy blind skiet en nie onmiddellik terugvoering het nie. Maar as daar by jou twyfel is oor jou lading of spoed of hoe jou geweer gaan vaar onder sekere kondisies, gaan jy brul! Ek weet ek het.....
Bly ek kon jull manne darem 'n slag in die oë kyk en blad skud Eugene. To terloops, wat se kaliber het Lukas mee geskiet?
Francois Vogel
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Eugene »

308! ;D ;D ;D
Aim small, miss small
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Hercules Louw »

Die kondisies die afgelope Saterdag was eintlik baie goed, baie beter as tydens die vorige 2 kompetisies en die resulate wys dit. Kyk na die groeperings wat van die manne geskiet het, bv 55mm op 700m! Kyk hier vir resultate ens. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=135&t=43678

Ons het so 9.30 die oggend op 700m begin skiet nadat daar eers op 300m ingestel was. Daar was bykans geen wind nie, so 1 tot 2mph van agter af. Mirage was matig, net genoeg om jou mooi die wind se beweging aan te dui. My rigting was perfek die hele kompetisie, maar daar het fout met die hoogtes gekom vanaf 600m en 700m, iets wat ook die geval met baie ander skuts was.

Die feit is - op hierdie langer afstande lei die geringste foutjie tot 'n kwes of misskoot, soos wat tydens die kompetisie met meer as 60% van die skote vanaf 600m en 700m die geval was.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Francoisv »

Ek persoonlik het redelik gebloei Saterdag. Wat my gevang het is elevasie. 700 en 600 was 100% in lyn met hart maar so 30cm hoog. Die temp en humiditeit het groot amok gemaak. Ek moet nog iStrelok ordentlik leer operate.
Francois Vogel
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1095
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by Dries Skiet »

Eugene wrote:
Dries Skiet wrote:Dit is juis die doel. Hierdie manne was almal gesoute skuts met top toerusting en het baie klei getrap. Was dit jag sou daar BAIE KWES bokke gewees het.
Dries, dis jammer ek het jou gemis Saterdag, sou graag wou bladskut!
Sou lekker gewees het. Volgende keer.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
MrFive
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Mar 27, 2014 12:54 pm

Re: 2015 SAJWV Sudami Langafstand skiet kompetisie

Post by MrFive »

I am also sorry I never knew other forum members were also taking part, otherwise I would have also tried to put faces to some names here on the forum.

We were also there and thoroughly enjoyed our day shooting at these extended ranges and we will also definitely be back for more next year.

I must say that it is difficult taking the 15 shots and only knowing after the final shot if what you were doing was working or not.
Post Reply