koste van herlaai vs koop

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
dangerous dan

koste van herlaai vs koop

Post by dangerous dan »

hi almal

ek koop nog my rondtes by die winkel. ek betaal R225 vir 20 x 150gr 308win PMP rondtes teen R11.25/ rondte

wat is die gemiddelde prys van 'n rondte {150gr punt, doppie, slag doppie, kruit} as jy hom self bou?

na hoeveel rondtes break jy even met herlaai vs aanhou koop by die winkel? wat is die totale bedrag van break even as jy met 'n budget koop begin?

dit sal my 'n indikasie gee of dit nou al in die begin die moeite/ geld werd is om in herlaai speelgoed te bele en 'n indikasie van hoe baie ek moet gaan skiet om die bellegging te justify anders is dit goedkoper om net aanhou te koop by die shop as ek nie so baie skiet nie.

groete
dan
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: koste van herlaai vs koop

Post by Jagtersdok »

Dan

Om herlaai stel aan mekaar te slaan kos hele paar Rand. Die beste om te doen is om dadelik die beste produk te kan koop wat jy kan bekostig.

Wat maak herlaai beter?
Jy kan premium rondtes bou vir tussen R6 en R12, hang af watse komponente jy gebruik. Tog is die rondte wat jy bou veel beter as PMP 150gr soft bv. Daai rondte kan jy aan mekaar slaan vir onder R4.

Hoe lank vat dit voor dat jy gelyk breek, hang af hoeveel rondtes jy in jaar skiet. Ek het sommer vroeg evn gebreek.

Moenie na herlaai kyk as 'n mnaier om dit goedkoper te doen nie, dit is by voordeel. Die satisfaksie en selfvertroue in jou ammo, dis waaroor herlaai werklik gaan
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: koste van herlaai vs koop

Post by Beyers »

Herlaai vir goedkoper ammo is tyd mors
Herlaai vir akkurate ammo is die doel
jmb

Re: koste van herlaai vs koop

Post by jmb »

Die manne is heeltemal reg. Dit is makliker om goedkoper te herlaai as jy baie skiet soos bv. pistool ens. Vir gewere is dit nie so eenvoudig nie. Herlaai stel jou instaat om presies te kry wat jy soek. Die regte punt, teen die regte speod met die beste akkuraatheid vir jou spesifieke geweer. Iets wat gekoopte ammo nooit kan doen nie , want dit word vervaardig vir die gemiddelde geweer in daardie kaliber en nie vir joune nie.
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: koste van herlaai vs koop

Post by .220 Swift »

Die doel van herlaai is nie om geld te spaar nie.

Dis 'n stokperdjie - en soos ander stokperdjies - kan dit duur raak.

Maar as jy 'n fynproewer skut is en die beste uit jou kaliber wil haal, is herlaai die natuurlike volgende stap.

'n Herlaaier kom meer op die skietbaan as die gemiddelde skut, want daar is altyd 'n nuwe kombinasie wat getoets moet word.

En dit is die eindelike voordeel: 'n geoefende skut met vertroue in sy geweer spaar baie geld in die jagveld.

.220 Swift
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: koste van herlaai vs koop

Post by Pvdw »

dd 'n ander ding wat ek gevind het met herlaai is die kennis en begrip wat jy kry t.ov. jou geweer/handwapen se balistiese eienskappe. Skielik begin die ft/s, bc, psi en al daai goed meer en meer sin te maak. dit gee jou ook meer vertroue in jou ammo en jou wapen, soos die manne reeds ges? het. Dis meer as net geld spaar.

Net so vir die interesantheid. Ek gooi al my loodpunte self 9mm, 38S&W 30-30 en 303. As ek lus is vir speel laai ek so 20 X 303 rontes met 170gr loodpunte , 10gr S221 en pistool primers. Trompsnelheid is net oor die 1300 ft/s. My vrou skiet daai rontes uit sonder om 1 vir my te los ;D ;D >:( Sy skiet na 'n 10X10cm swaai plaat op 50m oop visier en tref hom sonder uitsondering, en dit teen 90c/skoot. Nou waar kan jy sulke lekker speelgoed koop in 'n winkel?

Peet
Last edited by Pvdw on Sun Feb 20, 2011 9:16 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: koste van herlaai vs koop

Post by spekieries »

Ek is van mening dat herlaai aanvanklik duurder is, maar hoe meer jy laai en hoe langer jy laai hoe goedkoper word dit totdat jy later gelyk gaan breek nadat komponente afbetaal is en nog later gaan jy begin " Score " op die spulletjie.

Herlaai is vir my baie terapeuties. Dit ontlaai stress want jy dink slegs aan wat jy doen. 'n Herlaaier kan egter verval in "Analyses paralalyizes" wat dan op sy beurt hoogs frustrerend kan wees.  

Ek stem ook saam dat 'n fynproewer kan gaan uitsoek wat se kos sy geweer wil eet.

Lekker laai
Groete
dangerous dan

Re: koste van herlaai vs koop

Post by dangerous dan »

dankie vir die info ouens. ek dink ek moet nog bietjie skiet en wysheid opdoen oor verskillende ammo en hul gebruike voordat ek begin herlaai. dis dan meer 'n wetenskap om die beste uit jou roer te kry as bllot net cheaper skiet
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: koste van herlaai vs koop

Post by Nico Harris »

nosler accubond- R9/koeel(.308 180gr)
primer              - R0.40
kruit                -R2.10
dop                -R0.70(WINCHESTER as dit 10 keer gelaai word)
Totaal=R12.20 vir  patrone wat sub moa in my geweer skiet!!
en as jy Claw gebruik dan kom dit af na R7.69( claw is R220/50 koeels)

groete

nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: koste van herlaai vs koop

Post by James Wilson »

ek het by n afgetrede wapensmit geleer laai. hy was van die opinie dat herlaai duurder is, omdat jy nou meer skiet om ladings en die soort goed te toets. laai jy nou meer omdat jy meer skiet? of skiet jy meer omdat jy herlaai?  waar dit baie baie goedkoper word is: as jy n bok doodskiet in stede daarvan om hom met n rak patroon net net verkeerd te skiet en dan is hy gekwes en jy moet betaal sonder dat jy n bok het. omdat jy herlaai skiet jy meer, omdat jy meer skiet ken jy jou geweer beter, omdat jy jou geweer beter ken gaan jy meer vertroue he, omdat jy meer vertroue het gaan jy beter jag, omdat jy beter jag gaan jy per jag groot geld spaar. omdat jy beter jag gaan jy meer jag. omdat jy meer gaan jag gaan dit meer kos. herlaai is duurder behalwe dit is goedkoper.    herlaai gaannie oor geld nie. dit is n leefwyse!!! :)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: koste van herlaai vs koop

Post by Stefan764 »

100 X 100% VIR WAT DIE MANNE HIERBO SE!

Gevaarlike Daan. Ek het 11 jaar trug my herlaaistel gekoop. Die blote feit destyds: Ek wou geld spaar met AMMO. En ek het. Nes Nico en Neels dit hiebo uiteensit. Die 7x64 het beperkte rak-ammunisie en die goete was maar duur. Ek het eers later agtergekom hoeveel meer akkuraat jy skiet as jy laai. TOE eers leer ek van ondentlike lading ontwikkeling en WOEPS WAPS, da gooi die Tikka onder 10mm groups op 100m! En die lekker ding is, as n man jou geweer se sweetspot/lading gekry het, DAN raak die skiet lekker goedkoop en jy kan baie meer oefen as met gekoopte Ammo. Selfvertroue ontwikkel met die laaiproses, wat uitvloei

So ja, ek het ook agterstevoorom en met die verkeerde redes begin, maar het toe dam reggekom later aan. Wat ek wil se is, koop jou herlaaistel. Da is geen beter manier as om self jou hande vuil te kry en te leer nie. VEILIG en NOUKEURIG wees altyd.

En dan om te begin laai met die tipe kennis wat op hierdie Forum rondloop, maat, dis n voorreg!

Groetnis
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: koste van herlaai vs koop

Post by baboonstalker »

As ek lus is vir speel laai ek so 20 X 303 rontes met 170gr loodpunte , 10gr S221 en pistool primers. Trompsnelheid is net oor die 1300 ft/s.
Peet,
Ek hou van die idee en sal graag vir myself op die manier wil laai om my staan en skiet lekker goedkoop te kan oeffen. Jy kan dus met jou jaggeweer skiet teen .22 pryse en jou loop sal ook nie so pak vat nie.
Waar sal 'n mens begin om so 'n lading vir die 6mm uit te werk, en watter grein loodpunt sal goed werk? Dit lyk of RCBS 'n 95gr mould maak vir die 6mm. Gebruik jy gas checks op die 303, en sal dit nodig wees op die 6mm as jy so rondom die 1300fps bly?

(dink net hoe lekker gaan dit wees as jy subsonic bly en jy sit 'n KD op... ;D )
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: koste van herlaai vs koop

Post by Pvdw »

baboonstalker nou praat jy. Daai loodpunte is baie lekker speelgoed ;D ;D ;D Solank jy onder 1400ft/s bly is gaschecks nie nodig nie. Sommige manne s? selfs 1600 maar ek bly by 1400. Ek skiet meestal met S221 in die 303 en 30-30, dis vet pret.

Wees net versigtig om nie laer as 900ft/s te gaan nie. Die punt in sommige gewere wil dan nie uit die loop kom nie ??? ??? ???(dis wat ek gelees het)  1000-1100ft/s met knaldemper sal jy mee kan muisvo?ls in jou agterjaart skiet en die buurman sal dit nie eers weet nie 8) 8) 8)

Jy kan begin met 5-6 gr S221 en sommer 'n pistol primer. Ek het geeindig by 10gr S221 in die 303 en kry 1300 ft/s. 30-30 is 7.5 gr S221 en skiet ook so 1300.

Onthou net dis 'n plinker lading en akuraatheid kan "goed" wees tot op so 50-70m maar moet nie wonderwerke verwag op 100m nie, dis net vir speel en blikke skiet.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: koste van herlaai vs koop

Post by baboonstalker »

Dankie Peet, Ek wil net so tot op 50-70m kan staan en skiet. Ek kan mos met die windbuks en .22 ook oeffen, maar elke geweer is anders en as ek met my komp geweer kan oeffen sonder om 'n klomp geld weg te skiet en loop te brand sal dit eerste prys wees.
Watter toerusting het 'n mens nodig om jou eie koe?ls te begin maak?

Groete
Pieter
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: koste van herlaai vs koop

Post by Frederik »

Ek dink as jy begin laai vir groter kalibers vanaf 338 af dan spaar jy verskriklik ek kan nie patrone koop nie dit is te vrek duur vir my 375 H&H die eerste keer dat ek patrone gekoop het was laasjaar toe ek inderhaas Mosambiek toe was en nie tyd gehad het om te laai nie.

Ek het van dag een af herlaai vir my 375 en dit was in 1994. Ek kan dit nie oor my kop kry om R1000.00 vir 'n pakkie African elite te betaal nie. Vir dieselfde geld kan ek 100 ordentelike koeel punte koop hornady interlock en 50 Remington doppies en dalk primers ook.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Post Reply