Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Stefan764 »

Middag maats

Ek is besig met die nuwe Hornady GMX punte. Wil graag die 139gn in my 7x64 gebruik op medium grootte wild, soos Rooibokke Blesbokke en as hy goed perform dalk ook Springbokke.

Die Teoretiese toets gaan behels:

1) Groepering verkry met GMX
2) Penetrasie vermoe
3) Sterkte (durability) van die "petals"

Die punt is n mono-metaalpunt en is maar basies die BarnesX ontwerp. Nommer 1) sal op 100m getoets word en n groepering van minimum 15mm is vir my n vereiste (net omdat ek dit al met die Interbond reggekry het). Die volgende 2 punte sal met NAT telefoonboeke getoets word (skiet julle manne asb met afstande, of moet ek ook op 100m toets??). Penetrasie is nie so belangrik nie, aangesien n 139gn volgens my verseker die ding op Rooibokke en blesbokke sal doen. Die een waain ek werklik belang stel om te toets is punt nommer 3), die durability toets. Ek gaan die durability toets doen teen die spoed wat ek mee gaan jag, hang nou maar net af van die afstand waarop ons besluit. Dalk maar n skoot op 25m en ook en op 100m??

Enige voorstelle en kritiek is meer as welkom asb manne!!

Die PRAKTIESE toets sal op Rooibokramme die naweek van 20 Maart gedoen word, maar dit is een vir n ander dag, nou eers die Teorie onder die knieg kry!

Ek en Ludwig beplan om die toets iewers volgende week te doen. Ons gaan ook n Barnes saam met nommer 3) toets om die werkverrigting (omklinking) te vergelyk en ook die sterkte van die petals wat omklink tussen die 2 te vergelyk. Ek glo die Barnes is n goeie "benchmark" om die GMX "newbie" teen op te weeg.

Groetnis
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
300Winmag

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by 300Winmag »

Jy gaan net baie boeke moet gebruik - ek het daai toets met 140gr Rhinos in my 6.5x55 op 25m probeer maar ek dink hulle trek nog steeds!  Dalk moet jy vir die sterkte toets 'n droe tydskrif of twee tussen in sit. Hulle behoort die briek bietjie aan te draai.
300Winmag

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by 300Winmag »

Wil julle nie sommer ook 'n interbond by sit om vir ons te wys wat die verskil in performance tussen
bonded en mono is nie?
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Stefan764 »

300Winmag wrote: Jy gaan net baie boeke moet gebruik - ek het daai toets met 140gr Rhinos in my 6.5x55 op 25m probeer maar ek dink hulle trek nog steeds!  Dalk moet jy vir die sterkte toets 'n droe tydskrif of twee tussen in sit. Hulle behoort die briek bietjie aan te draai.
Of dalk die droee boeke agter sit?? Danie se my n droee boek MOOR n punt. En ek wil juis nie "aspris" die petals afskiet nie. So dalk op so 50m??

300Winmag wrote: Wil julle nie sommer ook 'n interbond by sit om vir ons te wys wat die verskil in performance tussen
bonded en mono is nie?
Daais net so goeie plan. Ek het 139gn Intebonds, sal hom saamgooi
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
300Winmag

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by 300Winmag »

Stefan764 wrote: Of dalk die droee boeke agter sit?? Danie se my n droee boek MOOR n punt. En ek wil juis nie "aspris" die petals afskiet nie. So dalk op so 50m??
Dis reg - hulle moor 'n punt - dis hoekom ek s? net 'n tydskrif of 2 (een as bladbeen en een vir 'n rib  ;D ) - nie 'n hele foon boek nie. Jy skiet punte tot hulle krummels is droee foon boeke. En die 50m is dalk goeie idee.
Gerard

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Gerard »

Baie moeite om toetse te doen en dan geen resultaat te kry wat latter teen ander resultate vergelyk kan word nie, is nodeloos.

Papier gee nie 'n bruikbare vergelyking van hoe 'n koeel sal reageer in wild nie. Water doen dit wel.  Vandag se wetpack toets is ook nie vergelykbaar met more se wetpack toets nie want die samestelling van die wetpacks sal verskil. 

Water gee 'n baie goeie aanduiding van wat sal gebeur.  Ons kan sien wat die koeel doen en hoe diep dit penetreer.  As ons vandag 'n koeel in water toets op die plaas in Carnarvon, en oor 'n week op 'n skietbaan in Texas, het ons vergelykbare resultate.

Ons weet immers dat 'n koeel met 'n loodkern nie moet disintegreer nie en hoe beter die retensie van 'n loodkern is, hoe dieper sal dit waarskynlik penetreer.  Ons weet dat 'n mono moet omklink teen 'n lae impak snelheid maar nie moet verkrummel teen ho? spoed nie.  Water sal dit vir ons vertel.  Gebruik plastieksakke vol water wat agtermekaar opgestel word en sodoende die koeel sal vang en die penetrasiediepte aangee. 

Ek gebruik 5 liter oliekanne vol water en kan tot op 300m toetse doen wat van dag tot dag, week tot week en jaar na jaar vergelykbare statistiek opbou.  Voorbereiding verg net 'n tuinslang en houers.

Dit hang egter af daarvan of mens mooi prentjies wil maak en of mens bruikbare syfers wil bekom en betroubare vergelykings wil maak.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Jagtersdok »

Gerhard

Ek dink jys heeltemal reg met die water toets.

Hoeveel 5liter kanne of plastiek sakke sal jy voorstel sit mens agter mekaar?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Gerard

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Gerard »

Ek vang 'n 225gr mono uit 'n 338 Win Mag (2950vps) op 100m met 7 kanne wat in hulle breedte opgestel is.  Ek stel 10 op.  Op 300m loop die 225 deur 13 kanne, so ek stel 15 op.  'n 40gr 224 teen 4500vps vat drie kanne op 100m, dus stel ek 5 op.  'n Olikannetjie is 150mm breed.  Die lekkerte van oilikanne is dat mens hulle kan merk met 'n velt pen.  1V aan die voorkant en A agter.  2V voor en A agter en so aan.  Die gat in die kannetjie se wand wys of die koeel reguit loop of tuimel.  Dit wys waar die vlerke afkom want die gaatjies is duidelik.  Mens leer baie meer as uit 'n morsige "wondkanaal" in Beeld en Sunday Times. 
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Stefan764 »

Dankie oom Gerard vir die tips. Water sal dit dan wees! Nou net blerrie oliekanne in die hande kry....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Gerard

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Gerard »

Die meeste dienstasies, wat nie hulle olie uit drome tap nie, sal dit met graagte vir jou gee. Klein motor werkswinkels en enjinherstellers en so aan. Daar is vreeslik baie om te kry as mens net vra.  Bied aan om dit gratis weg te ry vir hulle. :-)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Arnold »

Of kry 'n ou Ford om mee te ry, jy sal gou 'n paar blikkies bymekaar h?  ;D
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Witpietskiet »

Arnold wrote: Of kry 'n ou Ford om mee te ry, jy sal gou 'n paar blikkies bymekaar h?  ;D

Arnold, skerp man skerp.... :laugh:

(moet nie vergeet van die Land Rover's nie)
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
grumpy

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by grumpy »

Eerste kar in die scrapyard was n CHEV, hy het die FORD in gesleep!!!  :D :D :D :D :D :D :D :D
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Louis102 »

grumpy wrote: Eerste kar in die scrapyard was n CHEV, hy het die FORD in gesleep!!!  :D :D :D :D :D :D :D :D
Dit was seker 'n Model T ???
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Arnold »

Ek spot maar ek ry self 'n ford. Daar is darem nie olie kolle in my garage nie  :D
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by BLOK »

Hulle se mos die manne wat Ford & Landrover ry het nie n GPS nodig nie, hulle vat sommer hulle olielek huistoe.

Stefan.

Ek hou nogal van die toets wat jy nou aanpak het al self daaraan gedink, en sien uit na jou resultate.

Gerhard

En daar leer ek ook iets nuuts vandag. daai water kanne is n blink plan en as jy mooi korrel kan jy hom meer as een keer gebruik. Dankie vir daai raad.

Net gou weer terug by Ford hoekom is sy badge ovaal?
Van al die bonnet toeslaan het hy al begin platdruk.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Stefan764 »

Manne

Die toets is aan. Vrydag middag 3pm op Irene skietbaan.

BarnesX  140gn  vs HornadyGMX 139gn

Toetsmedium: Nat Telefoonboeke met droee tydskrifte agteraan op koeels te vang.

Mikpunt: Om die GMX se sterkte (veral van die petals) met n betroubare en jarelange staatmaker in die koeelbedryf, die Barnes te vergelyk.

Rede: Indien die GMX presteer itv die sterkte kan hy aanbeveel word as n plaasvervanger vir die Barnes teen 60% van die prys.


Enige manne opi Forum wat n draai wil kom maak en kom blad skud en sommer ook jou inset lewer is welkom om so te maak. Daar sal n "verversinkie" of 2 wees na die toets  ;)

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
300Winmag

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by 300Winmag »

Ons wag in spanning ....!
300Winmag

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by 300Winmag »

... ek s? "Ons wag in spanning"!  ;D
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Stefan764 »

More more manne, manninne, menere en andere!!

Hou vas, hou vas, ek laai gou die fotos van my selfoon af...

Hornady-groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Stefan764 »

Stefan764 wrote:
BarnesX  140gn  vs HornadyGMX 139gn

Toetsmedium: Nat Telefoonboeke met droee tydskrifte agteraan op koeels te vang.

Mikpunt: Om die GMX se sterkte (veral van die petals) met n betroubare en jarelange staatmaker in die koeelbedryf, die Barnes te vergelyk.

Rede: Indien die GMX presteer itv die sterkte kan hy aanbeveel word as n plaasvervanger vir die Barnes teen 60% van die prys.
Net gou een regtellingkie ouens. Ek kon nerens laasweek 140gn BarnesXe kry vir die comparison toets nie. Jammer daaroor, maar ons het toe die GMX teen sy neef, die Interbond gemeet wat homself ook al deur die jare op honderde en honderde jagtogte bewys het.

Hier volg die resultate:
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Stefan764 »

Die eerste skoot op 25m het ons hele telefnoonboek medium bykans moertoe geskiet en daar is toe besluit om die toets op 100m te doen.

Op 100m was die vlogende resultaat verkry:

139gn Hornady GMX
.284 kaliber (7x64)
Spoed: 3060ft/sek
Toetsmedium: 6x NAT telefoonboeke en +- 10x van Ludwig se vrou se Cosmo/TUIN boeke wat droog aan die agterkant van die telefoonboeke vasgebind was.

Hierdie is die herwinde koeel.
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... n764/1.jpg[/img]

Die koeel het 98,8% van sy gewig behou. Moet byvoeg dat dit merkwaardig is teen daai vreeslike spoed en dat die koeel deur sowat 5 droee tydskrifte ook is...
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... n764/3.jpg[/img]

Skaal-foto op n Leupold teleskoop proppie
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... n764/2.jpg[/img]

Die neef van hom, genaamd die Interbond wat ook n uitstekende jagkoeel is word toe in dieselfde medium ingeskiet teen dieselfde spoed oor dieselle afstand

139gn Hornady Interbond
.284 kaliber (7x64)
Spoed: 3056ft/sek
Toetsmedium: 6x NAT telefoonboeke en +- 10x droee tydskrifte

Die herwinde Interbond koeel saam met die bogenoemde GMX
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... n764/5.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... 764/61.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... n764/6.jpg[/img]

Die Interbond het 81,6% van sy gewig behou
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... n764/4.jpg[/img]

Bevindinge:

Alhoewel ons nie die Barnes kon skiet soos beplan nie, het ons meer as genoeg rede om die GMX as n uitstekende premium jagkoeel aan te beveel. Dit na aanleiding van ons teoretiese toets op die skietbaan. Nat telefoonboeke is weliswaar nie die perfekte medium om te vergelyk met n bok nie, maar ek voel dit het tog n goeie aanduiding gegee. Ook die feit dat ons n bekende en gevestigde koeel in die SA jag-mark met die nuwe GMX onder dieselfde toestande kon vergelyk het gehelp.

Die praktiese toets volg dan nou hierop en sal die naweek van die 18-21e Maart saam met Freek Senekal op hulle plaas op Rooibokke/Blesbokke gedoen word.

Ludwig dankie vir jou insette Vrydag mater, dit was n baie lekker toes gewees! Net my vrou wonder nog bietjie hoekom ek eers na 8pm by die huis gekom het aangesien dit immers al deesdae 6h30pm te donker raak om te skiet.... hehehe

Groete
Stef
Last edited by Stefan764 on Mon Mar 07, 2011 10:06 am, edited 1 time in total.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
300Winmag

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by 300Winmag »

Die lyk goed - Sal maar 'n pakkie moet koop en iets gaan skiet!! 8)

Baie dankie - ek weet al die geskiet is baie moeite!!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by BLOK »

Stefan

Ek hou van wat ek sien, lyk werklikwaar of die koele baie goed is en veral as mens prys vat teenoor die barnes, julle het nie dalk die penetrasie diepte ook gemeet om te vergelyk nie.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets - Teoretiese Jaracal Forum Toets

Post by Stefan764 »

BLOK

As ek moet skat het die GMX koeel 300m deur die nat boeke en so 50mm deur die droee boeke aan die agterkant gepenetreer. Die interbond het nie deur die droee boeke gekom nie, teen die eerste een vasgesteek.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply