Ontbeende ribbokboud

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Ontbeende ribbokboud

Post by Eugene »

Manne, ek het 'n ontbeende ribbok boudjie wat ek Sondag wil gaarmaak vir familie. Het enige van julle enige resepte of idees? Ek maak gewoonlik springbok boud met 'n bottel griekse slaaisous gaar, maar wil graag iets nuuts probeer.

Ek luister graag!
Aim small, miss small
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Ontbeende ribbokboud

Post by Sarel »

Hiedie klink na 'n lekker resep en is maklik........


150-200g spek

250 ml witwyn asyn
5 ml gemaalde koriander
30 ml soya of Worcester sous
10 ml bruin sugar
80 ml olyf olie
2,5 ml gemaalde neutmuskaat (nutmeg)
5 ml mostert
125 ml blatjang
1 pakkie gedroogde appelkose



Stop die boud lekker op met die spek. Meng die res van die bestandele by mekaar.
Sit die vleis in 'n gepaste skottel en gooi die marinade mengsel bo oor.
Nou laat jy die perd so in die yskas rus vir 12 ure terwyl jy hom so elke dan en wan 'n draaitjie gee.
Verhit jou oond tot 180ºC . Droog die vleis en plaas dit in jou gunstelling oonbak.
Gou weer die marinade oor en voeg 'n ekstra 500 ml vloeistof by.
Bak vir een uur met die deksel op en dan bring jy die temperatuur af na 160ºC.
Bak vir 'n verdere 2 tot 3 ure sonder die deksel terwyl jy so be aangevoel elke nou en dan die boud marineer met die sous. Verwyder die boud en laat hom (of haar) rus in die lou oond tot jy hom gaan sny.
Jy kan nou die sous lekker verdik met 'n gelyke hoeveelheid botter en koekmeel
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Ontbeende ribbokboud

Post by Boesman10 »

Sit hom nou al in die marinade. Hoe langer hoe beter.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
PietBe
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Tue Apr 22, 2014 6:14 am

Re: Ontbeende ribbokboud

Post by PietBe »

Pleks van in die oond is dit net so lekker om boud oop te vlek en te braai op die vuur. Oond droog dit soms effens te veel uit as jy hom te lank daar hou.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Ontbeende ribbokboud

Post by FHM »

Die klink ook nie na baie PT nie ;)

Quote:
Hierdie week se resep is vir ‘n ontbeende ribbokboud gevul met kapertjiesaad, ansjovis en knoffel.

Bestanddele
1 x ontbeende ribbokboud
1 x bottel ingelegde ansjovis
halwe botteltjie kapertjiesaad
3 huisies knoffel
1 x eetlepel tiemie
1 x eetlepel pietersielie
2 suurlemoene
1 glas rooiwyn
olyfolie
sout en peper na smaak

Stamp al die bestanddele vanaf die ansjovis tot by die pietersielie tot ‘n pasta sonder die vloeistowwe in n stamper fyn. Gooi dan ‘ n bietjie olyfolie oor. Smeer die helfte van die pasta eweredig aan die binnekant van die ontbeende boud en bind die boud toe met n dun tou.

Maak n pot warm op die stoof met n bietjie olie en braai die boud tot dit buite bruin is. Verminder die hitte na ‘n derde toe en plaas n deksel op die pot.

Gooi die wyn en die sap van die twee suurlemoene by die oorblywende pasta en meng goed. Verf elke 15 minute van die mengsel oor die vleis en draai gereeld om totdat alles opgebruik is. Dit behoort ‘n uur en n half na twee uur te neem vir die vleis om gaar te word. Sny die boud dan in dun skywe en laat in die sous om op te dien.
Stop-quote:

Erkenning: Potshot.co.za
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Ontbeende ribbokboud

Post by Jean Marais »

Eugene, ek't jou 'n epossie gestuur.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply