Jakkalsroeper

Post Reply
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Jakkalsroeper

Post by 6.5/284Norma »

Hallo Manne,

watter is die aanbevole jakkalsroeper om te gebruik? Of werk cd's in 'n cdspeler goed genoeg?

Dankie
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 631
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by Jackalsniper »

Foxpro wild fire of nog n beter model foxpro. Ek gebruik n turbo dogg wat lekker werk maar sou graag eerder n beter model foxpro wil kry.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by NicoSmit »

Fox pro of Tewis roeper
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 631
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by Jackalsniper »

Ons het n tewis gehad maar net problee gegee. Dalk was dit net myne maar hy was "static" as mens hom dra het dit geklink hy vang ander seine op selfs as jy hom neergesit het. en die klank kwaliteit was vir my nie soos die foxpro nie. en jy sukkel as jy nie die regte mp3 player saam met hom gebruik nie. het hom van my selfoon af gebruik maar dit het net nie lekker gewerk nie. ons het meer sukses gehad vandat ons n foxpro gekry het, klank gewys en die foxbang funksie is baie handig, ons het al 2 jakkies en n rooikat op een staanplek reg na mekaar geskied gekry danksy foxbang. turbo dogg met mens maar net die hot button gebruik, dit werk vir my eintlik beter want dan kan ek besluit of hy ,oet speel na ek n skoot afgetrek het of nie. turbo doog praat bietjie harder veral as dit winderig is, hyt n beter screen en sy knoppies druk makliker. dis maar my 2 sent ....
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Jakkalsroeper

Post by 6.5/284Norma »

Baie dankie julle!
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Jakkalsroeper

Post by Pieter »

Kyk na 'n afstandbeheerde roeper wat klanke duidelik speel (klanke moet darm ook duidelik wees), FoxPro het 'n groot verskeidenheid, ek gebruik die scorpion wat 200 klanke kan laai. Kry die beste wat jou sak pas.

Groetnis
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by cassie_calvinia »

snaaks hoe smaak verskil.
daar weer niks wat my meer irriteer as foxbang nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by prohunt »

Ja-nee Cassie, daar stem ek saam met jou. Daai Foxbang wat op die onmoontlikste tyd aktiveer irriteer my ook grensloos. Myne is altyd af.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by cassie_calvinia »

Prohunt wrote:Ja-nee Cassie, daar stem ek saam met jou. Daai Foxbang wat op die onmoontlikste tyd aktiveer irriteer my ook grensloos. Myne is altyd af.
die ding is, situasie verskil altyd, altyd. nr1, kom die jakkalse saam saam tot skiet afstand? skiet een, staan ander een, of hol hy, as hy hol, jakroep.
nr2, kom hul saam is, maar die een hang so 300-400m terug, skiet een. grootste fout wat jy kan maak is jak roep, dan weet die ander een dit is nie sy maat, draai op en hol weg.
nr3, net een kom is. dan gaan jy maar net eers aan met jou hasie, of wat ook al die eerste een ingekom het.

my papiere is ingegee, hopelik sal permit volgende weer deur wees.
gaan jy aleen by carnavon jag?
HOU HOM DAAI DIKTE
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Jakkalsroeper

Post by 6.5/284Norma »

Dankie manne,

het die Foxpro Wildfire 2 gekry, sal binnekoert toets.

Johan
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 631
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by Jackalsniper »

Bly jyt n roeper gekry.
Ja moet net byse my remote is baie maklik bereikbaar as ek sien foxbang gaan pla druk ek net vinnig mute. Ek het nie n jakkals roep op foxbang nie,maar n distress wat baie saggies gestel is. ek verander hom ook gereeld dat dit ni dieselfde patroon raak nie. daai distress is mos op P1 gesave en dit het my gat al n hele paar keer gered van jakkalse wat my ruik en wegraak en skielik weer oog wys na hy di distress hoor. skies ek hijack seker nou...
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by prohunt »

Hi Cassie,

Ek praat met jou oor foon dat ons nie die arme man se draad "hijack" nie.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by cassie_calvinia »

Prohunt wrote:Hi Cassie,

Ek praat met jou oor foon dat ons nie die arme man se draad "hijack" nie.
regso. asjy my nie kry nie, pm maar, die vox foon is treurig
HOU HOM DAAI DIKTE
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Jakkalsroeper

Post by 6.5/284Norma »

Julle kan maar hijack - ek kan net leer by julle...
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Jakkalsroeper

Post by 6.5/284Norma »

Hallo Manne,

die Foxpro Wildfire 2 het toe by my aangekom van die Skietwinkel af, klaar gelaai met Suid Afikaanse klanke.

Nou: Watter klanke speel ek waneer om daai jakkalse in te roep?
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by cassie_calvinia »

6.5/284Norma wrote:Hallo Manne,

die Foxpro Wildfire 2 het toe by my aangekom van die Skietwinkel af, klaar gelaai met Suid Afikaanse klanke.

Nou: Watter klanke speel ek waneer om daai jakkalse in te roep?
ongelukkig nou nie so maklik nie...
jag eers saam met iemand anders, gaan op kursusse.
gaan lees ook tafjak se tips op die forum deur.
bestel jaracal se e-book, en dvd's.
tensy jy baie mense wil hartseer maak, en baie geld en skade berokken.
HOU HOM DAAI DIKTE
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Jakkalsroeper

Post by 6.5/284Norma »

cassie_calvinia wrote:

Dankie, ek sal so maak!
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jakkalsroeper

Post by cassie_calvinia »

Vir nuwe manne wat jakkalse wil beginne jag wat sal julle se moet hul eerste doen,koop en bywoon?Watse volg orde en tydperk ensv?
In my opinie sal ek voorstel hy maak so in die volgorde:
1.Kry iemand wat n goeie naam in die bedryf het en gaan saam hom uit,minimum 10 volle jag aande.
2.Terwyl jy met stap een doenig is probeer tenminste een of twee inleidende kursusse bywoon.Leer so veel moontlik van jakkals en kat gedrag en lewens siklus.
3.Sorg dat jy n geweer het wat goeie spoed maak (3500fps+) en kry ook n goeie nag jag scope.n Knaeldemper help almal se ore.
4.Koop n ordentlike skiet stoel.
5.Sorg dat jou "jag bakkie" nie gaan blink of uitstaan in die aande nie.
6.Koop twee jag ligte.Die een vir die geweer/skietstoel moet n dimmer he,die ander n handheld soek lig sonder dimmer.
7.Koop n goeie optel flits om dooie jakklse te loop soek.
8.Gaan oefen met jou stoel,bedags op verskillende afstande net om gemaklik te raak met die opset.
9.As al die boonste aspekte in plek is en jy het genoeg tyd saam n bestaande jagter deurgebring het en jy voel jy verstaan hoekom hy doen wat hy doen op verskillende tye van die jaar kan jy nou vir jou self n roeper gaan koop.
10.Koop CD's en laai klanke op.Luister na die klanke by jou huis en maak seker jy weet watter is watter.
11.Bou n roeper pen om die roeper van die grond af te lig.
12.Vra jou jakkalse jagter pel om die eerste paar aande saam jou op jou jag bakkie deur te bring.Op die manier sal hy kan help,as als op jou skouers nou val is die menslik en maklik om duur foute te maak.
13.Hou aan kursusse bywoon,mens leer elke keer iets nuut.
14.Geniet die roep en skiet.
15.Geen drank moet voor of tydens die roep en skiet sessie benut word nie
HOU HOM DAAI DIKTE
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Jakkalsroeper

Post by 6.5/284Norma »

cassie_calvinia wrote:Vir nuwe manne wat jakkalse wil beginne jag wat sal julle se moet hul eerste doen,koop en bywoon?Watse volg orde en tydperk ensv?
In my opinie sal ek voorstel hy maak so in die volgorde:
1.Kry iemand wat n goeie naam in die bedryf het en gaan saam hom uit,minimum 10 volle jag aande.
2.Terwyl jy met stap een doenig is probeer tenminste een of twee inleidende kursusse bywoon.Leer so veel moontlik van jakkals en kat gedrag en lewens siklus.
3.Sorg dat jy n geweer het wat goeie spoed maak (3500fps+) en kry ook n goeie nag jag scope.n Knaeldemper help almal se ore.
4.Koop n ordentlike skiet stoel.
5.Sorg dat jou "jag bakkie" nie gaan blink of uitstaan in die aande nie.
6.Koop twee jag ligte.Die een vir die geweer/skietstoel moet n dimmer he,die ander n handheld soek lig sonder dimmer.
7.Koop n goeie optel flits om dooie jakklse te loop soek.
8.Gaan oefen met jou stoel,bedags op verskillende afstande net om gemaklik te raak met die opset.
9.As al die boonste aspekte in plek is en jy het genoeg tyd saam n bestaande jagter deurgebring het en jy voel jy verstaan hoekom hy doen wat hy doen op verskillende tye van die jaar kan jy nou vir jou self n roeper gaan koop.
10.Koop CD's en laai klanke op.Luister na die klanke by jou huis en maak seker jy weet watter is watter.
11.Bou n roeper pen om die roeper van die grond af te lig.
12.Vra jou jakkalse jagter pel om die eerste paar aande saam jou op jou jag bakkie deur te bring.Op die manier sal hy kan help,as als op jou skouers nou val is die menslik en maklik om duur foute te maak.
13.Hou aan kursusse bywoon,mens leer elke keer iets nuut.
14.Geniet die roep en skiet.
15.Geen drank moet voor of tydens die roep en skiet sessie benut word nie
Baie dankie, ek sal die stappe volg...
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Post Reply