IS DIT NORMAAL?
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
IS DIT NORMAAL?
Gedurende 2008 het ek verskeie gevalle gekry waar in die maag van 'n Rooijakkals dele van klein Rooikatte is en so ook dele van Swartpootkatte.
Sal dit die rede wees vir die vinnige afname in Rooikat getalle geskiet in verhouding met Rooijakkalse.
Op hierdie staduim is Rooikatte geskiet sekerlik minder as 10% van ongediertes wat geskiet word.
Ek boer in die Groot Karoo
MEERKAT

-
Ambessa
Re: IS DIT NORMAAL?
Hallo Meerkat
Goeie waarneming. Wat se die ander ouens? Iewers moet ons die soort inliging aanteken en verder kan opvolg.

Dirk
Re: IS DIT NORMAAL?
Ek is nou nie slim nie (moes 4 van Hein se kursusse doen voor ek kon verstaan) maar ons moet onthou sodra 'n mannetjie en wyfie kat suksesvol gepaar het verlaat hulle mekaar. Dan maak die wyfie die kleintjies alleen groot. So sy moet een of ander tyd gaan water drink of jag en dan is daardie kleintjies maklike prooi vir 'n jak wat rondloop.
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: IS DIT NORMAAL?
Meerkat
Dirk is reg met die storie oor die rooikat ma en kleintjies. Jong ek glo dis 'n geval van dat die jakkalsgetalle net van nature altyd ho?r as rooikatte s'n in enige gebied is en dan moet jy onthou dat die jakkies baie v?rder en vinniger inkom as die katte. Ek het gewoonlik 'n ander roepstrategie as ek spesifiek agter 'n kat aan is en dit verskil bietjie van jakkie roepstrategie.
Rooikatgetalle is na aanleiding van die boere in die Suid Vrystaat, kwaai aan die toeneem. Ek ondervind ook 'n toename aan rooikatte in my jaggebied.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
Ambessa
Re: IS DIT NORMAAL?
Hallo Meerkat/Caller en ander op die katte
Baie ouens beweer dat getalle van rjakkalse en rkatte toeneem. So ook dat hulle toenemend in gebiede/op plase gesien word waar hulle nog nie voorheen (in onlangse menseheugnis) gesien is nie. Wys net hoe ons gter geraak het met wetenskaplike inligting oor die twee diersoorte. Navorsing moet vinnig gedoen word.

jakkie 735
Re: IS DIT NORMAAL?
Meerkat,
My pa boer van 1956 in die omgewing van Grunau in die suide van Namibi? en het groot geword met rooijakkalse en het nie rooikatte geken nie. In 1996 het ons hier en daar 'n rooikatspore begin optel en op lyf gekry en geskiet. In 2003 het dit so draties toegeneem dat ons 32 rooikatte gevang het in hokke en geskiet het. In die tye wat die rooikatte so baie was het jy so te s? nie van jakkalse geweet nie. Wat baie interessant van 'n rooikat is: is as jy hom in 'n hok vang kan die hok maar op dieselfde plek bly staan jy vang 'n ander rooikat ook daar. Waar jy gereeld rooikat spore kry kan jy maar jou hokke stel en jy sal suksesvol wees. Op die stadium is die jakkalse weer volop en rooikatte redelik stil.
Hoop julle vind dit interessant. Sal graag van ander ook wil hoor.
Groete
Jakkie 735

Hallo Jakkie 735 en Meerkat
Baie rapporteer dat hulle eers onlangs die eerste keer 'n rkat of rjakkals gesien het; dat hulle mekaar se getalle bietjie in toom hou (doodmaak en vreet); ens. Die vraag is hoekom getalle van een spesie weer so skerp afgeneem het?

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: IS DIT NORMAAL?
Manne
Wil graag met julle hierdie stukkie deel. Ongeveer twee maande gelede was ek een aand op soek na 'n jakkals teef. Haar nes was in 'n granietkoppie en ek het reeds die pa en ongeveer drie kleintjies van kant gehad. Speel toe die "Klein Jakkals Distress"-klank met die hoop om die jakkals-ma in te lok. Tot my verbasing kom 'n wyfie rooikat toe met oortuiging in. Dit was haar laaste inkom! My vraag is of sy geweet het dis 'n geleentheid om jakkals / vyand uit te roei of was dit net toeval?
Ek glo beide rooikat en jakkals vreet mekkar se kleintjies en sodra die een se getal afneem, floreer die ander. Ek het ook een jaar 'n ontploffing in rooikatgetalle op my plaas beleef - en daardie jaar het ons beswaarlik 'n jakkals van kant gemaak. So Jakkie 735 se storie klink vir my reg - die witkwas rooijakkals wie se stert in 'n blik wit verf gedoop was - daai is egter 'n ander storie!

Groete
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: IS DIT NORMAAL?
Louis 102
Ek stem met jou saam, sodra die een, se maar jakkals se getalle afneem, raak die rooikatte meer. Ek dink ook rooikatte is moeiliker om te bekamp omdat hulle nie deur jakkalsproef gekeer word nie, maar kom en gaan soos hulle wil.
Het hokke wat by my al jare op dieselfde plek staan en vang jaar na jaar rooikatte daar. As jy sukses in n hok het los dit maar net daar, jy sal weer gelukkig wees.
Groertnis
Francois

Hallo Francois
Laat meer deurkom oor jou ervaring met rkatte. Wanneer (tyd van die jaar) is jou sukses met die hok die beste (al staan dit jaar na jaar op dieselfde plek)? Wat is die geslagte? Ouderdomme?
Hoor graag meer.
Ambessa
Laat meer deurkom oor jou ervaring met rkatte. Wanneer (tyd van die jaar) is jou sukses met die hok die beste (al staan dit jaar na jaar op dieselfde plek)? Wat is die geslagte? Ouderdomme?
Hoor graag meer.
Ambessa
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: IS DIT NORMAAL?
Am
Ek is nie permanent op my plaas nie, my pa is maar my voorman, hy laat weet maar net as daar weer n slag n geluk was met n KAT INNI HOK, maar wat ek wel kan getuig van is:
1. Dit sal vir maande aaneen stil wees en dan vang jy binne 2 weke 5-6 katte
2. Gewoonlik is dit dan n hele familie, pa-ma en 3-4 jonges. Het nog nooit na die geslate v/d jonges opgelet nie. Gewoonlik in die tyd wat jy van hoor jy ook by die bure hulle gewaar ook r/kat aktiewiteite. My laaste string was Nov 2008.
Ek moet ook byvoeg dat die roofdier getalle nie naastenby die afmetings al aangeneem het by ons as in sekere dele in die RSA nie. As n man n r/kat doodmaak is dit kontrei nuus vir n week. Ek grens amper aan Namaland, dit is n groot hoeveelheid plase wat in die sestiger jare uitgekoop was deur die regering, en aan die Namas gegee is om op te boer. Hierdie is ook maar soos julle reservate, die teelaarde van Jakkals en Kat. Ek gaan egter van tyd tot tyd daar in, naby aan die grens ment ons plaas en roer dan maar die jakkalse daar, alles natuurlik op my onkostes. Ek het egter opgemerk dat vandat ek daar skiet die gevalle van Jakkalse wat na ons deurkom al minder en minder word.
Mooi loop
Francois.

Dankie.
Wanneer julle die groepe rkatte vang, is dit nadat hulle vee gevang het of is dit bloot dat hulle in die hok beland het?
Ambessa
Dankie.
Wanneer julle die groepe rkatte vang, is dit nadat hulle vee gevang het of is dit bloot dat hulle in die hok beland het?
Ambessa
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: IS DIT NORMAAL?
Am
Omdat ek so min roofdier probleme het is my aandag nie by my skaap soos dit moet wees nie, en is dit gewoonlik eers as ons katte beginne vang dat ek na die skaap oplet. Hulle vang wel skaap, maar het ons ook Steenbokkies en Springbok lammers gekry wat gevang word.
Skaap is oor n 3mnde tydperk gewoonlik so 5-6 en as daar lammers by die skaap is, sal dit gewoonlik n lam wees eerder as n ooi.

- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: IS DIT NORMAAL?
Ek weet nie so baie soos van die ander manne hier nie - ek leer ook nog maar, veral oor die katte, maar die stuk van Louis oor die kat wat ingekom het op die klein jakkals se "distress" laat my dink aan iets wat Taffie my geleer het - "Baklei soos kat en hond" is nie sommer 'n gesegte nie - daar's rede voor - hulle roer mekaar - en seker mekaar se kleintjies ook. Ek is die laaste tyd nou bietjie onaktief maar die laaste jakkals wat ek geskiet het het ek omtrent die "reverse" van Louis se kat gehad - die reun het ingekom tot teen die heining - op die stadium het ek so mengsel van jakkals baklei en 'n hasie opgehad. Maar hy stop teen die draad. Ek het 'n roep wat ek opgemeng het - klein jakkals distress, met so bietjie kat en kat-jakkals baklei tussen in. Aan die begin van die roep, as daai klientjie kerm, dan antwoord die reun van annerkant die draad af - staan en skrou dat sy lippe skoon tuit trek - maar hy roer nie - tot die eerste kat tussen-in die kleintjie se geskrou "miaauu" - toe steek hy stokstyf vas en toe daai kat die tweede keer van hom laat hoor toes daai jakkals in 'n oogwink onder die draad deur en kom hy in met sy turbo's wat fluit - moes twee keer Waaah Waah skreeu voor hy vasgesteek het.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...