Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het die Gen I produk en die groot wiel wat in die rondte draai het twee gleuwe wat die doppe vang. Ek vind dat hy te vinnig werk al stel mens hom op sy stadigste spoed. Is daar 'n manier om my Gen I se twee gleuf wiel te vervang met 'n een gleuf wiel? Die ander oplossing is om miskien net die een gleuf vol Pratleys Putty te maak.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
JP is n man wat agter sy produk staan. Dit is my ondervinding regdeur die tydperk wat ek my Gen2 by hom gekoop het. Jy kan met vrymoedigheid met hom skakel en hy SAL jou probleem aanspreek.
Die spoed gaan verskil, het te doen met die sagter materiaal om die koeël ens. Jy sal moet baan toe gaan met jou chronograaf en kyk. Dis al hoe jy die verskil gaan kan bepaal.
Ek decap en anneal dan vorm. Ander kan dit dalk anders doen!
blaser wrote:so wat jy daar se s&O het daar weer die dam onder die eend se gat uit geruk
Ek vra baie mooi dat ons nie hierdie draad in 'n S&O " bashing" draad moet verander nie. J.P. lewer 'n uitstekende produk teen 'n baie goeie prys wat 100% regverdigbaar is vir die materiaal en komponente wat hy gebruik.
Ek praat uit ondervinding as ek sê dat dit nie maklik is om 'n nuwe produk aan 'n baie kritiese kopers mark bekend te stel nie.
J.P. ek salueer jou vir jou vindingrykheid en deursettingsvermoë.
Sterkte maat.
Gloeiman groete
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
ek stem saam baie goeie produk en j p n baie goeie ou wat trots is op sy produk
net jammer S &O het die man se mark in die begin bedonder om die goed teen meer as dubbel die prys te verkoop