Naand Manne,
Ek verkoop my Foxpro FX3. Hy is soos nuut. Het seker 7 keer met hom geroep. Prys R3500.00
Rede vir verkoop is omdat ek will upgradeer na die Fury.
Het enigiemand ondervinding met die Fury, of komentaar?
Groete
2de Handse Foxpro FX3 te koop. Soos Nuut
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: 2de Handse Foxpro FX3 te koop. Soos Nuut
Iceman
Kyk jou PM!
Ponkie
Kyk jou PM!
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: 2de Handse Foxpro FX3 te koop. Soos Nuut
PM gestuur
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: 2de Handse Foxpro FX3 te koop. Soos Nuut
Ysmaniceman1982 wrote:
.... Het enigiemand ondervinding met die Fury, of komentaar? ....
Ek weet nie van beter nie, gebruik myne nou al meer as 'n jaar sonder probleme.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: 2de Handse Foxpro FX3 te koop. Soos Nuut
Oom Leeu
Ek dink dis 'n goeie koop vir 'n man soos ek wat nou eers in die bedryf wil inkom! Ek het darem al so 5 jaar se ondervinding van dryf vir sakgeld en agterop sit en steel met my oge! Wil net seker maak ek ken Oom Jakkie voordat ek geld spandeer!
Groetnis
Ponkie
Ek dink dis 'n goeie koop vir 'n man soos ek wat nou eers in die bedryf wil inkom! Ek het darem al so 5 jaar se ondervinding van dryf vir sakgeld en agterop sit en steel met my oge! Wil net seker maak ek ken Oom Jakkie voordat ek geld spandeer!
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: 2de Handse Foxpro FX3 te koop. Soos Nuut
Ponkie, ek dink aan jy praat van Ysman se FX3 ?? ... Natuurlik, baie, baie jakkalse is al met 'n FX3 ingeroep en geskiet. Die FX3 is 'n baie goeie roeper, veral vir jong mannetjies met goeie geheuens soos jy. Ons ouer manne wat nie die klanke se nommers so lekker kan onthou nie en baie klanke op een roeper moet h? om die jakkalse te uitoorl?, moet maar eerder na iets soos die Fury kyk.Ponkie wrote: ... Ek dink dis 'n goeie koop vir 'n man soos ek wat nou eers in die bedryf wil inkom! ...
Die kommentaar in my vorige post was egter na aanleiding van Ysman se vraag oor die Fury (jy/julle kon my dalk verkeerd verstaan het) Ek het my Fury in Desember 2009 by Alan Truter in Uitenhage gekoop en kan met vrymoedigheid die roeper aanbeveel. My Fury word redelik gereeld gebruik en ek het so 90 jakkalse en na aan 15 rooikatte met hom ingeroep en geskiet. Soms het dit maar rof gegaan met die jagtery en moet ek s? dat die roeper en remote nogal 'n paar stampe en stote kan hanteer. Tafjak het egter op die selfde dag ook 'n Fury by Alan-hulle gekoop en sommer omtrent dadelik weer terug gestuur (weet nie lekker wat die rede daar was nie) Ek het ook 'n FX5 wat lekker werk, maar die Fury is net meer gebruiksvriendelik in my boek.
So, as ek s? dat die Fury vir my werk, beteken dit nie dat die FX3 of Spitfire of een van die ander make, nie goed is nie.
Elke diertjie sy plesiertjie.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
