Wildman Ghongskietkompetisie

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Wildman Ghongskietkompetisie

Post by PWV »

Saterdag, 14 November 2015, het die Durbanville Skietklub die jaarlikse Wildman Ghongskiet-kompetisie aangebied. Vier bane met vyf ghongs elk is opgestel waar skuts uit verskillende posisies vyf skote binne twee minute moes skiet. Die posisies was : 1. uit-die-vuis, 2. sit-oor-'n-mikstok, 3. staan-oor-'n-skietstok en 4. sit-by-'n-tafel-oor-'n-"X-bag". Ghong-grootte het gewissel van 150 mm tot 200 mm.
Uit die aard van die afgstande, was nr. 4 die moeilikste. Toe ek die oggend by die baan opdaag, was daar ‘n “rangefinder”, netjies op ‘n driepoot, by nr. 4 opgestel. Baie het daar deur die apparaat kom loer en daar was ‘n dame wat die voordele van hierdie optiese intrument besing het. Uiters insiggewend, sou ek reken, as hierdie afstande nou vinnig gememmoriseer kan word. Die naaste 276 en die verste 406 meter en dan nog die tussenin-drie ook.
Maar, O wee, dit is waar die ”paw-paw die fan gestrike” het. Ek sal maar eerder nie die “rangefinder” se naam noem nie. Die verste ghong was toe eintlik 490 meter en die tussenin-klomp ook nie heeltemal wat die apparaat gesê het toe die knoppie gedruk is nie. Nodeloos om te sê, hier het my en baie ander ouens, se wiele toe afgeval.
Hier is die top tien uit die 76 mans en dames wat meegeding het – naam en getal ghongs uit 20.

1. N Laubscher 19
2. JC Van Niekerk 18
3. JP De Smidt 18
4. W Els 17
5. JE Livingstone Louw 16
6. F Danzfuss 16
7. Pillip Olivier 16
8. MJ Harmse 15
9. Thomas Theron 15
10. Corné vd Vyver 15

Thomas Theron is een van ons moderatore en ons hoor ook baie van Corné vd Vyfer en Nico Laubscher hier op die forum. Die Ou Ballie se broek het, nadat hy verlede naweek sy bors uitgestoot het, afgeval.
Ns. Waar skuts dieselfde telling gehad het, is ‘n uittelsisteem gebruik om die posisie te bepaal.

Baie dankie aan Wildman, wat talle pryse voorsien het en belowe het om volgende jaar weer so te maak.
Last edited by PWV on Mon Nov 16, 2015 12:38 pm, edited 1 time in total.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Wildman Ghongskietkompetisie

Post by henning »

Pieter, wil jy nie asseblief hier op die forum vir die Kaapse manne se onthalwe vir ons laat weet wanneer n kompetisie gaan plaasvind. Ek hoor altyd te laat van die kompetisies.
Te danke aan Gawie kon ek die Riebeeck skiet bywoon.

Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wildman Ghongskietkompetisie

Post by PWV »

henning wrote:Pieter, wil jy nie asseblief hier op die forum vir die Kaapse manne se onthalwe vir ons laat weet wanneer n kompetisie gaan plaasvind. Ek hoor altyd te laat van die kompetisies.
Te danke aan Gawie kon ek die Riebeeck skiet bywoon.

Groete
henning
Sal dit onthou, Henning.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wildman Ghongskietkompetisie

Post by PWV »

Henning
Hier is Kaapjag se kalender.
Let op, die volgende groot skiet is volgende Saterdag (28 Nov.) by Atlantis.
http://www.kaapjag.co.za/calendar.aspx

Groetnis
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Wildman Ghongskietkompetisie

Post by JohanvB »

Nou Oom Pieter vertel nou meer van die Rangefinder...maak ens..
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Wildman Ghongskietkompetisie

Post by joe rocket »

Dit is seker n Bushnell?
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: Wildman Ghongskietkompetisie

Post by hennief »

Geluk Nico en die ander manne wat so goed gevaar het.
300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Wildman Ghongskietkompetisie

Post by Williel »

Ai, sommige afstandmeters is net so goed soos om te skat en my onnie het altyd gese n skat is net n goeie ding as jy haar in die nag kry. ++>:
Groete, Willie
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Wildman Ghongskietkompetisie

Post by henning »

PWV wrote:Henning
Hier is Kaapjag se kalender.
Let op, die volgende groot skiet is volgende Saterdag (28 Nov.) by Atlantis.
http://www.kaapjag.co.za/calendar.aspx

Groetnis
Baie dankie, maar nou is ek dom.
Wat behels n senter slag kompetisie?

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wildman Ghongskietkompetisie

Post by PWV »

henning wrote:
PWV wrote:Henning
Hier is Kaapjag se kalender.
Let op, die volgende groot skiet is volgende Saterdag (28 Nov.) by Atlantis.
http://www.kaapjag.co.za/calendar.aspx


Groetnis
Baie dankie, maar nou is ek dom.
Wat behels n senter slag kompetisie?

Groete
Henning
Henning
PM my jou e-pos adres dan stuur ek vir jou inligting.
Groetnis
PWV.
Post Reply