Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MOAR
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Ek het lank uitgesien om hierdie teleskoop te toets, nadat ek die eerste een gesien het wat n MilRad kruishaar gehad het. Daar het onlangs n besending in gekom met die MOA kruishaar. Ek wil juis die MOA toets, omdat ek al my kompetisie en baan gewere nou toerus met MOA teleskope in die FFP (First Focal Plane) formaat.
Ek verkies MOA kruishare aangesien die Turret verstellings ook in MOA is, en dit dus baie maklik is om n vinnige aanpassing te maak op lang afstande as jou eerste skoot nie op teiken is nie. Die App wat ek gebruik gee ook vir my die elevasie en wind aan in MOA, en ek kan dus n baie vinnige afmik punt kry op my kruishaar wat vir my die presiese windskuif gee.
Ek verkies die FFP teleskope deesdae vir baanskiet nadat ek met my eerste Nightforce ATACR gesien het hoe effektief ek die wind en afstande afmik punte kan skat met die FFP wat se afmikpunte waar bly, ongeag die vergroting waarop die teleskoop gestel is. Die rede daarvoor is dat die kruishaar indelings groei en krimp saam met die verstelling van die vergroting, en jy op enige vergroting gebruik kan maak van die afmik strepies vir wind, en ook om gonge te skat, aangesien die afmikpunte altyd waar is, ongeg die vergtoting. Jy kan ook as daar baie Mirage is, afkom in jou vergroting en al jou mikpunte bly nogsteeds reg. Omdat die kruishaar ook dukker en dunner word soos jy aan die vergroting verstel, kan die kruishaar lyk of hy te duk raak op 25 x vergroting. Maar as jy in die veld of op n baan skiet, sien jy vinnig dat dit nie n probleem is nie.
VLT het vir my hierdie teleskoop geleen om deur sy passies te sit. VLT behoort nou aan African Hunting Supplies wat ook dan nou die nuwe invoerders van die Burris reeks teleskope is.
Eerste indrukke van die teleskoop is dat hy regtig baie goed gemaak is en beslis baie rigied en sterk is. Die 34mm buis lyk sommer na besigheid, en die turrets is groot en verstel baie positief, en is ook baie mooi gemerk. Op sy paralax verstelling aan die kant, het hy ook n ekstra verstelknop wat sy Illumination skakelaar is. Hy kan baie flou tot baie helder stel, met n af skakellaar tussen elke helderheid verstelling, wat baie oulik is en baie handig kan wees. As jy van n bepaalde helderheid hou, hoof jy nie die hele verstel knop weer terug te draal na af, jy klik hom net een klik vorentoe of agtertoe om hom af te skakel.
Ek het die Burris op my .260 Rem gemonteer met n stel Ken Farrell ringe wat ek by Geno gekry het vir n toets. (meer oor die ringe later). Ek was beindruk toe ek hom wou boresight en toe ek sien hy is reeds presies op teiken. My eerste skoot op 25m was reg onder die plakkertjie, soos ek hom wou he. (dit getuig ook hoe presies die Ken Farrel ringe oplein, asook die scope se interne opleining uit die fabriek uit. My tweede skoot was op 100m en ek was vebaas toe hy presies in die plakkertjie sit. Dit het nog nooit met my gebeur dat ek in slegs 2 skote presies reg was nie.
Ek het sommer dadelik 17 klicks opgestel en die 300m ghong aangevat. Daar het n geskatte 8mph wind vanaf 10uur gewaai (ek skat altyd die wind eerste, en meet hom dan nadat ek geskiet het om my eie skils te toets). Bullet Flight het gese hy gaan my 1.2 MOA afdruk la regs, en ek het op die kruishaar die nodige afmik strepie gesoek en op hom ge mik. Ek moes eers die handleiding bekyk, aangesien die MOA afmerk punte nie soos my ATACR sin gelyk het nie. Ek sien toe dat die "widage" merkies in 1/2 MOA indelings is, en dit het veroorsaak dat die kruishaar bietjie besiger gelyk het as my Nightforce sin. Toe ek dit eers uitwerk, was dit baie maklik om presiese afmikpunte te kry vir die wind. Die afmerkpunte bo en onder die kruishaar is in 1 MOA strepies afgemerk. Toe die skoot loop het die ghong gelui.
Ek het die turret verstel na 29 clicks, 1.7 MOA wind gegee en die 400m ghong laat sing. Opgewonde het ek die turret na 42 clicks gedraai, 2.2 MOA wind gegee en ook die 500m Ghong gelui. Volgende was die 575m ghong se beurt met 2.5 MOA wind, en toe die 625m gong teen die kranslys met 2.8 MOA wind. My tevredenheid was hoog toe ek die gonge in n ry kon raakskiet met my eerste skoot op elke afstand. Dit getuig van die teleskoop se verstel vermoee.
Om dit te bevestig het ek weer na zero teug verstel, en toe op 100m in die plakkertjie geskiet met my eerste skoot. Ek het die teleskoop 20 clicks regs, en toe 20 op, 40 links, en weer 20 af, en weer 20 regs verstel met n skoot op elke verstelling. Die laaste skoot was weer in die plakkertjie. Ek was 100% oortuig dat die teleskoop presies verstel soos hy moet. Ek was baie beindruk. Ek het ook gekyk hoeveel hy skuif met elke 4 clicks en gesien dat hy presies skuif soos ek vra. Ek was baie beindruk.
As dit by helderheid kom, was hy beslis nie in die klas van my Nightforce ATACR of my Zeiss Diavari's nie, maar nog heeltemal duidelik genoeg om my skote baie mooi te kon sien op 300m voordat die Mirage te erg geraak het. Toe die Mirage erg loop, kon ek met geen van my teleskope meer my skote sien op 300m nie. As ons in ag neem dat ek hom met die helderste teleskoop in die wereld vergelyk nl: die Zeiss Diavari Victory, en ook die nuwe ATACR wat nie veel agter hom is, dan is sy helderheid meer as voldoende. As ek net deur hom gekyk het, en nie deur die ander twee, sou hy vir my heeltemal duidelik genoeg gewees het. Maar daar is honderde ander teleskope wat ook maar swaar sou opweeg teen die bogenoemde twee.
Die kruishaar werk regtig baie lekker as jy so bietjie met hom gewerk het en hom gewoond geraak het. Sy kruisie in die middel "float" en is dus los van die res van die kruishar wat maak dat jy die kruishaar baie vinnig optel en alhoewel die kruishaar redelik besig is, pla dit dus nie. Die "holdover lines" is gemerk in 1 MOA afmerk lyntjies, en op die horisontale kruis op die kante het hy 1/4 MOA afmerkies wat jy kan gebruik vir afstand skat indelings wat baie lekker kan werk.
Kyk hier hoe hy lyk http://www.burrisoptics.com/reticles/scr-moa
Nadat ek n dag met die teleskoop gewerk het, dink ek dat dit n uiters lekker teleskoop is vir baanskiet, en veral Veldskiet, teen n redelik bekostigbare prys. Hulle verkoop tans so tussen R 21, 795 en R 22, 600.00. As jy kyk na soortgelyke teleskope wat jou dieselfde bied, met beter glas, is die prys ten minste dubbeld wat die Burris kos.
Die teleskoop kom ook met opwip lens klappe voor en agter en n sunshade wat voor op skroef.
Ek is so beindruk met hom gewees, dat ek beslis vir myself een gaan aanskaf. Ek wag net om te hoor of my volgende geweer lisensie goedgekeur is. (natuurlik nog n .22 250 met 1/9 twist loop - Howa) As dit te lank gaan neem, gaan ek in elk geval een koop en vervang hy een van my ander teleskope.
So lyk hy gemonteer met die Ken Farrel ringe.
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8207_zpstzlvvggw.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8215_zpsrrtuum2u.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8208_zps7cg28dop.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8216_zpsru42nkng.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8214_zpsn6xgaokt.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8217_zpsf0rszxvs.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8220_zpsmxkwxqlu.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8214_zps02hcwzp3.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8221_zpspaj3ujj3.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8222_zpstf9zxzup.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8219_zpsfwenyip4.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8218_zpsxl67iawy.jpg

Last edited by Piet Breedt on Mon Nov 23, 2015 8:03 pm, edited 1 time in total.
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Baie dankie vir die terug voering oor die teleskoop. Ek voel nou meer positief oor my keuse wat ek gemaak het. Kan jy asb dalk meer inligting oor die ringe en "bubble level" se pryse ens gee?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Baie dankie vir die terugvoering oom Piet, waardeer al die moeite.
Die scope lyk sommer goeie kwaliteit ook, anders as die prentjies op die internet wat altyd so "fake" lyk.
Groete
Johan
Die scope lyk sommer goeie kwaliteit ook, anders as die prentjies op die internet wat altyd so "fake" lyk.
Groete
Johan
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Johan, as jy die scope optel, weet jy sommer hy meen besigheid. Dit is n solid scopeKalahari wrote:Baie dankie vir die terugvoering oom Piet, waardeer al die moeite.
Die scope lyk sommer goeie kwaliteit ook, anders as die prentjies op die internet wat altyd so "fake" lyk.
Groete
Johan
Twinhunter, kyk op n ander draad se ek meer oor die Ken Farrel ringe. Die bubble level koop jy by S & O se luggeweer afdeling as hulle voorraad het. Hulle wag al lank vir die volgende besending. Hulle kos onder R 300.00
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Baie dankie Oom Piet.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Kon oom dalk die zero stop ook toets?
- Safari Outdoor
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Jul 14, 2014 10:19 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Een van die dae R19999 by Safari Outdoor
SAFARI OUTDOOR
Stellenbosch - Pretoria - Rivonia - Boksburg - Wes Rand (Cradlestone)

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Dankie oom Piet vir die toets. Wat maak die kruishaar op 25 vergroting verder as 500m. Is hy te dik of was hy reg?
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Hy het baie mooi gewerk op al die afstande.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Johan, ek het vergeet om te noem van die zero stop. Dit is die maklikste zero stop wat ek nog mee gewerk het. Op die kant van die turret het hy 2 cap skroefies wat jy effens los maak, dan druk n spring onder die turret cap, die cap boontoe op. Dan maak jy weer die skroefies vas. Nou zero jy die teleskoop en as hy presies ge zero is, maak jy weer die 2 skroefies los. lyn die zero "0" op en druk die turret cap tot heel onder en maak die skroefies vas. Dit neem sekondes om dit te doen.
Dit is regtig so maklik soos wat dit kan kom. Baie indrukwekkend.

- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1702
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Ek het jare lank met Burris scopes geskiet, oor die laaste jaar hul almal vervang, nie omdat dit nodig was nie, maar net omdat my alie gejeuk het vir swaros... Ek sal altyd n burris voorstaander wees, goeie waarde vir geld, net soos daai ford ranger in die agtergrond van die een foto... ;-)
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
-
6.5/284Norma
- Hero Member

- Posts: 1728
- Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Dankie Patel,
jy bevestig my eie gevoel oor die scope! Ek kyk na nog een vir my Creedmoor.
Groete.

I'd rather be hunting!
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Oom Piet hoe vergelyk hy met die Vortex pst reeks?
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Vossie, ek het nie n Vortex gehad op hul sy aan sy te vergelyk nie, maar met my ondervinding van die twee, sal ek op hiedie stadium definitief vir die Burris gaan as ek sien wat hy my alles bied. Dit gese, wil ek glad nie die PST afkraak nie, dit bly n baie lekker scope. As jy die Burris in jou hand hou sal jy sien wat ek bedoel met "solid"vossie1 wrote:Oom Piet hoe vergelyk hy met die Vortex pst reeks?
Ek wil n voorspelling maak en ek hoop regtig ek gaan vekeerd bewys word. Ek dink hierdie Burris gaan groot naam maak en sommer heelwat duurder word in die nabye toekoms.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Baie dankie oom Piet.
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Waar word hy gemaak?
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Piet , dankie vir baie intersante artikel , het so jaar gelede die tot 40x vergroting Burris XTR ll gekoop ongelooflike scope en basies alles wat jy gese het van die tot 25x vergroting geld ook vir die groter scope. Wat baie opvallend was van die spesifieke scope was sy helderheid in die nag en dit is waar hy tot sy reg gaan kom. Die Burris gee baie detail self sover as 300+ meter in die nag wat sy lense vir nagskiet in ander klas gaan sit. Sal graag wil hoor wat jou opinie oor die scope is vir nagskiete.
Groetnis
WALLIE
Groetnis
WALLIE
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1702
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
O ja, gaan kyk gerus op ebay vir daai bubble level, search onder anti cant bubble level. Ek het onlangs twee gekoop vir $9. Behoort binnekort by die poskantoor te wees.
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Ian, hy word in die Philippines gemaakSangoma (IAN) wrote:Waar word hy gemaak?
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Jis Wallie dis goed om te weet. Ek het hom glad nie in die nag getoets en is nogal verbaas dat jy se hy is goed in die nag. Gewoonlik is sulke groot vergroting teleskope nie so goed in die nag.
Maar daarby gese is my Zeiss Diavar Victory ook n groot vergroting 6 - 24 x 56, en hy is absoluut briljant in die nag.
Maar daarby gese is my Zeiss Diavar Victory ook n groot vergroting 6 - 24 x 56, en hy is absoluut briljant in die nag.
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Piet , ons het scope vergelyk met ander scopes tot 14x , 24x en 32x ongelukkig het ons nie nog n scope met n 40x vergroting waarmee ons die Burris kon vergelyk en op grond van vergelykings is die scope baie helder. Ek sou reken dat 14 tot 24 by sal die scope baie lekker skiet in die aand.
Groetnis
WALLIE
Groetnis
WALLIE
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8001
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Ek het vandag gou na die scope gaan kyk by S&O en sy beeld vergelyk met die Vortex PST.
Vir my het die beeld eenders gelyk. Dit is n groot scope! Die reticle was vir my nicer as die Vortex sin. Die zerostop was positief asook die clicks. n Lekker opsie is dat die illuminated reticle afsit tussen elke nommer so mems hoef nie elkekeer die knop heeltemal om te draai nie. Net so stel hy teen 25 MOA per revolusie wat sal sorg dat jy nie so baie omwentelinge hoef te maak vir die vêr skote nie.
Met al die opsies sal mens mooi moet vasstel wat jy in die scope soek voor jy koop.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Manne, foto's mag dalk 'n duisend woorde spreek, maar ek dink dit is nog 'n paar duisend kort.
Twinhunter het sy nuwe Burris onder my neus kom druk. As hy nie so groot was nie het ek hom getugtig oor sy oorlamsgeid
Jy doen nie sulke goed aan vriende nie.
Ek is sommer nou erg jaloers
Ek stem saam met Arnold. Hierdie tenk lyk en voel net net soos die ware Jacob nie, maar die glas en kruishaar is self stout.
Ek en Twinhunter wag nou saam vir ons lisensies en sal kom vertel wat hy maak op 1085 m.
Leupold MK 4 vs Burris XTR II.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Ja doen dit asb. Sal nogal graag wil hoor hoe die twee met mekaar vergelyk!!
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Burris XTR II 5 - 25 x 50 - 34mm Tube Illuminated FFP MO
Gawie my ou Buurman,Gawie(13mm) wrote:Manne, foto's mag dalk 'n duisend woorde spreek, maar ek dink dit is nog 'n paar duisend kort.
Twinhunter het sy nuwe Burris onder my neus kom druk. As hy nie so groot was nie het ek hom getugtig oor sy oorlamsgeid![]()
Jy doen nie sulke goed aan vriende nie.![]()
Ek is sommer nou erg jaloers![]()
Ek stem saam met Arnold. Hierdie tenk lyk en voel net net soos die ware Jacob nie, maar die glas en kruishaar is self stout.
Ek en Twinhunter wag nou saam vir ons lisensies en sal kom vertel wat hy maak op 1085 m.Leupold MK 4 vs Burris XTR II.
Dit was immers jou oorlamsgeid wat my voorgestel het aan die vêrskiet goeters!!

Ek was meer as tevrede met my jagskote op 200m en toe het jy my mos gaan wys hoe om verder te skiet.